Translate

Tuesday 30 July 2013

Is dit een van die redes hoekom ek skryf? JIP!

Dis net so gepas, ek dink nie baie oor redes nie, maar as ek soms doen doen ek dit in overdrive. . .
So :

Nr.1 - rede is - terapie
Nr. 2 - verlange
Nr.3 - ek deel graag
Nr. 4 - ek moet my liggie laat skyn
Nr. 5 - omdat ek ook so in my boek met mense praat wie nie terug praat nie maar julle doen soms
Nr.6 - my buurvrou my geleer het van blog (dankie buurvrou) sy skryf ook haar eie blog - posotive and proud of it - uit Nigeria uit. 
Nr.7 - verwys na die prentjie 
Nr. 8 - dalk om net bloot insanity af te weer
Nr.9 - en ek hou aan omdat ek so baie goeie terugvoer kry oor my gorrels . . .

Dankie vir my gereelde lesers, julle is wonderlike mense. My swaer vra my nou die dag hoe ek dit handle, want en is voortdurend besig op my foon en maak notas, soms dink mense ek chat dan sit ek eintlik en notas maak v die boek, en my antwoord was, dit hou my aan die gang. Dit maak die klippe in die pad kleiner en die vorentoe makliker. My kop stop nooit nie. Ek het nie 'n empty box waar ek kan gaan sit en niks nie . . . want ek's net ek. 

Love yu all! 

Lekker daggie. 

Monday 29 July 2013

Drome, koue en leemtes . . . koue leemtes en salfies . . .

Dis koud vandag, my binneste willie saamwerk nie, en ek loop lang paaie in my kop, ek weet ek is soos in permanent op vakansie maar dit kan ook voel dat ek 'n wegbreek nodig het en ek weet my man het daai wegbreek meer nodig as ek en ek dagdroom . . . 

Ek dagdroom oor strande en die bos, Paternoster, die Karoo en die Bosveld en Namibia, Swakopmund en Tsumeb waas my mense is . . .  en ek droom die koue weg, want dis somer in my kop, iemand moet net die yskas toemaak.

Ek onthou laas winter toe Klein Mienke so lank in NICU was, dit was nie lekker nie, en nou hierdie winter die leemte van ouma se Lulubaba wie ons moes sien weggaan voor sy by ons was . .  en ek vra dat volgende winter asseblief beter moet wees, pyn en koue loop nie mooi saam nie, dis uiters kak! 

More kom klein Lika, my suster Marie se kleinkind, en ek is so bly, ek kannie wag om haar te ontmoet nie en ek probeer die lewe vier, ja dit gaan seker rofies wat probeer vorm, weer afruk maar ons moet aan ons moet vorentoe, maskara en eyeliner hou nou nie eintlik lank op die gesig nie maar ons sal weer regkom. Ons moet net. Ons het so gedroom om saam ouma van nuwe ou dogtertjies te wees en nou is daar net enetjie. . . Die bly saam met julle is lekker lig op die swaar knop in ons binnestes. 

Droom . . . Ja ons kan droom maar soms werk dit net nie so uit nie . . . 

Nou droom ek van ver plekke, dis nie omdat ek wil weghol nie, dis omdat ek salfies soek, salfies om hierdie seer bietjie te streel. Paternoster waar ek nog nooit was nie maar die plek het iets wat ek net op prentjies kan lees, daai sout see en strand, visserskuitjies en die song Skipskop kom in my kop op en ek onthou ek het hom al soveel keer vir myself gesing, veral toe ons na die anderkant toe gegaan het, en dit was goed, dit is goed daar, die vrede en liefde van Afrika. 

Die bosveld bos, Mabalingwe le om die draai en ek voel al daai bos en die diere en die soort van vryheid om te ry en net by 'n watergat te sit en jou gedagtes te laat gaan, ek en die liefde van my lewe, ons deel hierdie dinge asof ons een mens is, dit maak ons sterk en trek ons vas teenmekaar.

Namibia, Suidwes my land, daar waar die mooi myle en myle strek, van grasvelde tot woestyn en die see, die mooi die skoon van 'n Hoer Hand, daai salfies doen weer iets anders wat jy nerens anders kry nie. Die bakkie se wiele op die teer wat verruil word vir sout pad en later duinesand, die seewind wat trane droogwaai en stywe strepe oor die wange los, iets wat die sout van trane met die soet van die lewe kan vervang . . .

So kan ek aangaan van die een gunsteling na die ander, elkeen doen iets anders vir die siel, die leemte loop saam en kan nie so volgemaak word nie maar die salfies sal weer die ou bekertjie volmaak. 

Dan iewers in die agterkop is daar 'n gedagte van nuwe lewe wat ek nog nie met julle kan deel nie, eendag sal ek wel, nie lank van nou af nie . . . Hou maar dop!

As ek julle verveel met my gevoelens, dink net daaraan, dis net myne, ek weet nie hoe ander mense dit verwerk nie maar ek doen dit al jare lank deur te skryf, en dit werk vir my, dankie vir die wit van die papier en die ink in my pen, deesdae is dit die keyboard en die skerm maar dit werk nogsteeds. 

Daar was mense wie ek so probeer wegskryf het uit my gedagtes maar die moere kom roer nog soms hier in my kop en ek dink, julle sou in die verlede kon bly as julle nie nogsteeds die vir wie ek die liefste is kom omkrap het nie, so bly maar daar in julle eie ou bubbletjies en moet asseblief nie daar uitklom nie, hulle kon tot hier sonder julle klaarkom, so bly weg al is dit die wegbly en stilbly wat die roering veroorsaak, julle kopuitsteek sal dit net weer erger maak . . . almal sal nie die stukkie verstaan nie . . . Dalk skryf ek tog eendag nog 'n laaste stukkie hieroor, maar vir nou is dit nie my begeerte nie. 

Vir nou konsentreer ek op die toekoms en ek weet dit sal beter gaan en ek fokus op dit.

Hou julleself warm vandag, en die wie aan die bokant van die ewenaar is waar dit lekker somer is, dink aan my koue voete en gaan staan bietjie in die son en stuur daai lekker warmte die kant toe . . . 

P koue groete van die kant af, en droom maar dit word soms waar . . . 

Mwah 

Saturday 27 July 2013

Dis terapie nie werk nie . . .

Vanmore word ek wakker en die bed is so lekker ek wil sommer daar bly, maar ek kry my 'mind over the matress' en ek staan op. Maak oop vir die brakkies om te piepie en ek sit die ketel aan.

So met my eerste koffie inni hand bekyk ek die plek om my en ek besluit, nee hier moet ek bietjie regskuif en lewe gee. My omgewing lyk dan nou vandag so vaal soos my binneste. 

Ek kook 2 eiers en ek gaan klim onder die water in, begin eers by myself, skrop en was al die vaal gevoelens af, trek die pienkste top aan wat ek het en knoop 'n serpie om my hare, gesiggie word ingekleur en so bietjie kleur aan die lippe rond die prentjie mooi af. Ek spuit van daai duur parfume aan my polse.

Ek maak nog koffie en dop die eiers af. Nou gaan julle wonder, wanneer gaan sy by die lewe gee uitkom? Maar ek kom daarby uit, nie sonder om eers te wonder of ek voor of agter moet begin nie. 

Ek gryp die half dooie ruiker en ruik hom uitmekaar uit, met nog genoeg loof en blomme maak ek 2 nuwe ruikers, een vir die sitkamer en een vir die eetkamer, die sonnetjie skyn so helder by die komhuisvenster in dat dit skoon voel of hy net vir my skyn. 

Ek gooi vars lappies oor die tafeltjies, knoop 'n serp om die kleipot en pak al die rondle goed weg. 

Ons bly in die granny flat langs ons huis, die huis verhuur ons uit, ons is mos nie baie aan die kant van die ewenaar nie. Die woonstel is voldoende. Badkamer, slaapkamer, kombuis, eetkamer en sitkamer. Groot genoeg vir ons 2, soms druk die min spasie my net bietjie vas maar dan leer jy om te minimize, ek probeer lig woon, so min moontlik goed, maar vir my wie so lief is vir mooigoed is dit maar moeilik. 

Nou na die vloere met lekker sandle wood water gewas is en my lappies en blommetjies vrolik pryk het die sonnetjie geskuif en skyn nou dankbaar oor my bene waar ek hier sit en skryf, die skryf kom maklik vandag want ek vertel julle van my lekker terapie oggend, als is skoon, als het 'n bereplekkie gekry en ek dink by myself more kan ek bietjie die kaste begin oorpak, dis altyd 'n skattejag, ek vergeet gereeld wat ek als het, so dalk klim daar more weer 'n paar mooigoed uit die kaste uit en kom maak my bestaan mooier hier in ons duskant plekkie. As ek weggooi kry iemand altyd iets oud of nuut want weggooi is nie maklik nie, ek gee liewer weg. Gee is mos lekker. 

Nou gaan ek daai hoop ou Tuis en Tuin tydskrifte deurblaai en dalk beland hulle ook op die weggee hoopie. Ek lees mos nou aan lyn, dis nie dieselfde nie maar makliker en ligter. 

So as jy nou 'n wille woeste dorps dag gehad het, wens ek jou 'n huis Sondag toe, ek shop maar in die week, dis soveel rustiger. Want ek kan ;-) 

Heelmaak terapie die rondskuif en mooimaak om my, my ou bekertjie is afgestof, pieringkie blinkgevryf, gereed om weer uit gedrink te word. 

Rustige naweek my mensies, dankie vir julle lees en ondersteuning. 

Love you lotz


Thursday 25 July 2013

Vandag praat ek in prentjies . . .











Oe ehe

Wie van julle het weird bure? 

Ons het sulkes hier aan die Suide kant van die ewenaar . . .

Hulle glo ons bly in Seberia, hiehiehie, die tannie is ouerig en ek is eintlik lief vir ou mense maar sy is nie oud genoeg nie, ek steek eers my kop by die deur uit om te loer voor ek uitgaan. Sy skree sommer daar van anderkant af as sy my sien even as ek op die foon praat, dan slaat my hare sommer in 'n kroes uit van pure irritasie. Nou ek like ook nie irretasies nie, maar daai enetjie dryf my teen die mure uit, sy loop altyd met so 'n blou voel op haar skouer. Dis nou die voel wie my kat kastag jare terug wou vang. Dan bel sy my en teem in my oor, "Iretha, jou kat wil my voel vang" en dan vra ek "is die kat nou daar?" Dan se sy ja sy weet dis my kat want hy het 'n klokkie om sy nek. Dan se ek "tannie, my kat le hier in die sonstreep en dra nie 'n klokkie nie". Dis jou eie kat want die is die enigste ene met 'n klokkie om die nek in die straat! Dan gaan sy aan . . . As jou kat my voel vang is daar groot moeilikheid, o my genade. 

Vandag, jare later, en ons het nie meer katte nie, die is lankal dood van ouderdom, loop hulle in die straat en roep hulle kat, nogsteeds met die klokkie en al, met 'n soort van fluit soos mens honde roep, en maak, 'miauuuuwwww' sodat die nou moet huistoe kom. En dan kom staan hulle voor ons hek en miaaauuwwww asof die kat nou gaan oorleef met my 2 jack russels in die erf. Oe ehe. 

Die Seberia ding kom van toe ons besig was om ons granny flat reg te kry, en die bouery nog aan die gang was. Ons was by die oorkantste bure wie ook getrek het, en sy hoor ek vertel vir die oorkantste buurvrou dat ons in Nigeria gaan woon, en sy staan so en luister na ons gesprek, en sy draai om na die oom en sy se vir hom, " het jy gehoor hulle gaan Seberia toe?" Ons was dik van die lag en ek het haar reggehelp maar dit het nie gehelp nie, sy hou voet by stuk ons woon in Seberia, so nou woon ons maar in Seberia . . . 

En as sy jou vastrek buite, of in 'n winkel, eish, dan wil sy weet, het jy van die een gehoor, dit en dat het mos met hulle gebeur . . . En sy vra baie persoonlike vrae en oormore hoor jy jou eie storie met 'n stertjie weer by iemand anders wie hulle ook ken. 

Nou los ek dit maar so, ons bly nog lekker in Seberia en nee dis nie koud daar nie, dis altyd somer ;-)
Ja, ons het daar by 'n kerk aangesluit . . . nee dis nie ver nie, net 6 ure se vlieg . . . 
Ek weet nou nie of ek lelik is nie maar ek giggel elke keer lekker in my mou . . . ja, ons het 'n lekker huis daar . . . nee tannie ons gaan nie daar aftree nie . . . nee dis nie gevaarlik nie . . . ja ons het 'n kar daar . . . ons weet nog nie wanneer ons gaan terug kom nie . . . 

Ek willie hoor van ander mense se dinge nie, want ek weet dis dalk nie die regte weergawe nie, antwoord maar net die vrae, dis al en dan, jammer ek het kos op die stoof, of daar lui my foon, praat weer later en ek verkas.

More is dit weer dieselfde Seberia vrae . . . ne ehe . . . 

Sondae speel hulle orrel en vandaar die naam onder almal, die Adams Family. 

Nou oor die slag as jy wel 'n geselsie aanknoop en wat ever jy kwyt geraak het, se waarhede naarhede word en so verdraaid weer by jou uitkom, duck en dive ek maar die Adams Family, ek wil tog nie he die verdraaide stories moet erger word nie. En ek sal haar ook nie konfronteer nie, dalk onthou sy nie, of dalk help sy my reg met die fynere dertail. 

Ek het nog so iemand geken, nie die skerpste podloot in die pakkie nie, maar ouens, detail van sappige stories vergeet hulle nie! Jy kan jare later vir hulle vra, onthou jy toe dit en dat gebeur het en jy sal als wat jyself al vergeet het in detail terug kry. 

Hoe anders hanteer jy so iets? Of is ek die uitsondering? Dalk is ek baie lelik om eers te loer voor ek my kop by die deur uitsteek. 

My huurders se elke keer as sy hulle sien se sy "hallo Iretha"  en hulle ignoreer dit want hulle is mossie ek nie . . . so soms is dit nie eens ek wie nie hoor as sy praat nie, dalk kan ek se, jammer dis nie ek nie, lol. Jy kry dit mos in 'Seberia', as jy iemand bel en se jy wil met bv. Piet praat, dan se hy 'no this is not Piet, I donno Piet,  en dan vra jy 'n local om te bel en dan is dit ewe skielik Piet. So ek sal maar ek wees as ek dink dis gepas. 

En dan steek die stoute ekke haar kop uit en ek giggel by myself en ek dink, dalk moet ek gaan oplees oor Seberia, sodat ek beter kan gesels oor my huidige tuiste ;-) 

Dalk dink julle wie hier lees, hierdie ewenaar heksie het haar kop nou heel verloor, ewenaar heksie is 'n ander dag se storie, hiehiehie . . . 

En die prentjie van 'n hoed en 'n besem en 'n houtlepel kom hier voor my geestesoog op en dit ieeeeeeee in my ore . . . 

En ek tel die ou kommetjie op en ek loer in, smaak my daars 'n ou lekseltjie daar onner in. 

Al vat dit besems en orrels en blou voels en katte en ou tannies, en verlang verlang verlang ek sal weer daar kom. 

Ewenaar oor en weer groete. 

(En ek lees oor wat ek hier geskryf het en dit lyk my dan nou ek is die weird buurvrou . . . ) 





Wednesday 24 July 2013

My 'status' verander . . .

Status is verander na 'grasweduwee'  . . . 

Dit was 'n op en af ry dag, en die slegste was die lughawe trippie, Danie is weer weg na die noorde kant van die dwars streep toe, en ek bly bietjie agter v kuier en handjie bysit. Dis nie lekker nie, dis nou die koebaai se gedeelte, maar ek tel altyd die naweke, net 5, dan is my anderhelfte weer aan dieselle kant as ek. Dan gaan ons lekker bos toe, jayyyy, kannie wag nie.

En in 'n omesientjie swaai daai ou verhaal om soos 'n pendulum, tiktok eendag verlang ek suid en tiktok die ander dag verlang ek noord . . . en ek wil hier wees en ek wil daar wees en die kloon gedagte kom weer op ini kop . . . en daai teleporting masjien wat iemand nog moet bou . . . en moet tog nie vergeet van die rewind knoppie nie, ek sal sooooo graag daai rewind knoppie wou uittoets, en ek dink, se nou dit werk nie, sal ek weer kan rewind? En dan dink ek weer . . . daar is net een pad, en dis reality, so nou is dit maar weer vorentoe, krom rug teen die storm winde beur ons vorentoe, hande en kniee nerfaf gesukkel om regop te bly . . . 

So om my eie hartjie te troos gaan soek ek toe daai Magnolia boom wat iewers vir my wag, ek weet net nie waar hy wegkruip nie. Ek loop mooies raak, maar nie ligpienk nie, ek wil 'n ligpienke he en ek sal nie settle vir tweedebeste nie, so more soek ek voort. 

In my agterkop, my lief se beeld, ek mis jou klaar, ek loop in my gedagtes met jou en gesels, jy's op die vliegtuig en treetjie vir treetjie vlieg jy verder weg . . .  En ek se vir jou: My man, moenie bekommerd wees oor my nie, ek sal dit maak, jy's die ene wie se bekommernisse ek wil wegvee, ek is so lief vir jou, ek se dankie vir die vele kere wat jy my dra, nou moet ons teen mekaar aan leun en deurdruk al is ons duisende kilometers ver van mekaar af ons doen dit nogsteeds saam saam soos altyd van tevore. 

In my gedagtes vat ek jou hand . . . 




Tuesday 23 July 2013

Magnolias

Ons ry vandag rond en langs die pad sien ek 'n magnolia boom wat, en ek gaan die woord gebruik, moertoe gesnoei is, maar dis winter en daai ou droe takke is oortrek van die blomme! 

Nou as daai boom so 'n woeste gesnoei deur 'n onervare ou met 'n wille snoeisker kan oorleef en so mooi kan blom na die tyd, dan kan ons dit seker ook doen! 

Hierdie magnolia gaan staan en tensy 'n aap met 'n byl my bykom en my uit die grond uit kap sal ek nie opgee nie . . . 

So bietjie reen in die somer sal ons maak blom in die winter en ek het baie reen in die somer gehad, ek het gebrag hoe vol my ou bekertjie is en ek sal sommer een van daai blomme in hom staanmaak en hom soos 'n blompot laat lyk! 

Vatso jinx

Ek gaan more 'n magnolia boom koop en vir ons Lulubaba plant, en elke jaar as hy so mooi blom sal ek weet, dis ons oorlewing en haar plekkie ini Hemel wat so mooi is. 

Kom ons plant magnolia bome vir ons oop sere en rowe, elke keer as daai pienk blomme vol sit sal ons weet, blom gaan ons blom come hell or high water! 

Mooi daggie vir almal. 

Ekke 


Monday 22 July 2013

Emosies

Dit moet beter word nie erger nie . . . .

Ek, wie vir almal vertel van die pad vorentoe en die lig wat weer sal skyn . . . ek's gejinx!!!!!
Dit word donkerder, die lig willie skyn nie die beker willie vol nie hy bly stowwerig droog, die piering is leeg, ek is 'n gemors. 

Ja ons almal probeer dinge hanteer op ons manier, ons MOET nou saamstaan maar onse maniere van die dinge wat met ons gebeur te verwerk is verskillend, ons is almal verskillend. Ek sien nie kans vir nog nie die Hemel hoor my STOP!

Iemand het eendag gese die ma is die spil van die wiel waarom als draai, (as jy nou 'n wawiel sal voorstel) outjies my gries is op, hierdie ding willie mooi draai nie. Ek dra die gewig en ek probeer als mooi glad laat loop maar as julle soos donkies allekante toe trek loop hierdie wawiel skeef en droog, die rim gaan afklim en dan is ek ook in my peetjie. 

Wanneer ek nou weer eendag ge-unjinx gaan wees weet ek nie en ek het 'n gevoel dit gaan nie gou wees nie . . . ek dink dis hoe die duiwel operate, as hy agter kom hiers 'n happy siel kom donner hy 'n spanner in die worx en ek's lus en teken hier 'n "rooi ini gesig oppi tanne kners" smiley wat eintlik nie 'n smiley face is nie. 

Nou se ek vir jinx, jinx, los my nou uit, ek is op, hoeveel steke wil jy nog steek? Dink jy daars nog plek v gate in my hart?
Moet jy nou nog kom staan en sukkel met die mense om my ook? 

En ek vra vir die Hemelse Vader, jaag vir jinx weg, neem U weer oor, U weet hoe op ek is, U weet hoeveel die ou hartjie nog kan vat, U weet dis nie baie nie. 

En so treetjie vir treetjie deur die duwweltjies hink ons aan . . . 

Friday 19 July 2013

Vandag sal nie weer kom nie . . .

Onthou jy sal nooit weer vandag oor he nie. Miskien weer 'n soortgelyke dag, maar nooit weer dieselfde dag nie, dank die Vader daarvoor. 
Ons het nie 'n lekker dag gehad nie, een van daai wat jou altyd sal bybly sal laat dink en sal blymaak oor die stelling bo.
As so 'n dag op jou pad kom, weet, jy is nie die eerste of die eingste wie ooit daardeur gegaan het nie. Ek luister na soortgelyke stories, dis so normaal dat mense wie dieselfde tragedies as jy oorgekom het altyd vir jou kom vertel van hulle seer en ervarings en dis so menslik. Jy dink dan, as hulle kan, kan ek ook. Dan luister ek so aandagtig en ek vra ingedagte, en toe hoe voel dit jare na die tyd en hulle se, dit word beter en begin jou vertel van hulle seeninge na daardie verskriklike tyd in hulle lewens, en jy sal net die seeninge optel in hulle stories as jy reg luister. . . 
Ek hoor dit raak want ek wil baie graag daai goeie gedeeltes ook hoor, ek konsentreer op die groter prentjie. Dis so maklik om dit te se, vir my om dit nou te sien, want ek wil. As die donkerte om jou toesak konsentreer op die lig . . . 

So staan ek met my amper lee bekertjie en kyk hoe die son opkom en ek weet, al was dit donker sal die lig weer oor ons skyn . . .  

Iretha


Thursday 18 July 2013

Die Roudiens dag . . .

My maters vandag het ek al my ou kraggies nodig. Dis ons Leandritjie se roudiens, ouma se Lulubaba wie by Jesus is en nie by ons nie, ons moet groet sonder dat ons haar geken het, sondar dat ons haar kon troetel. Teen die bors kon vasdruk en soen. Kon net liefhe, dis al. 
Ons kan vandag na haar gaan kyk, die kinders wil he ons moet, dis blykbaar goed vir die rou proses, ouma krimp ineen net aan die blote gedagte. Of ek dit gaan maak en die moed gaan he om daar in te stap weet ek nog nie. Sal sien as ek voor daai deur te lande kom. . . 
Hoe beskryf ek vir julle die seer die teleurstelling en die gewonder oor wat alles weet ek nie. 
Jy kry jou tye, die knop stoot hier op van die maag af keel toe en dis die hart wat seer is. Die ogies gooi water sonder waarskuwing . . . maar deur die ding sal ons beur . . . vorentoe al is dit opdraende en die pad lank en swaar, Jesus sal nie net neem nie, hy sal sorg ook. 
Dis nou menslik om op hier die stadium te begin afdraaipaadjies soek . . . ons is net nietige sondige wesens wie ons bes probeer . . . 
Die week was op en af, die kant toe daai kant toe en elke keer het ons daar by die kinders opgeeindig. Stap maar in, help met klein Mienke, bad haar, troetel haar, speel en lag so deur die trane en die seer vir al haar woordjies en komiese goedjies wat sy doen, want sy verstaan nie die hartseer grootmense nie, ons kan nie in hopies gaan sit en haar afskeep nie, ons klein Mienke wie ook 'n wonderwerkie op haar eie is wie ons almal bymekaar en aan die gang hou, is nou ons afleiding, die een wie almal regop hou, sy is ook van Jesus af, Hy het haar vir ons gegee en Hy het met haar operasies ons gebede verhoor, hoe kan ons nou kopverloor oor die ding met haar sussie wie net 13 maande later deur Jesus teruggevat is? 
So probeer ek die dinge verstaan en uitredineer . . . sonder kwaad word en die hoekoms my versmoor.

Dink vandag aan die hartseer maters, maar tel eers die seeninge . . . die seeninge is meer as die bitter . . . ons vra vir bietjie soet om die bitter pil te kan sluk, of dit gaan kom weet ek nie, die berg moet ons vandag oor . . . ons ken nie die pad nie maar moet vorentoe. 

Daai ou bekertjie sal weer oorloop, die pieringtjie sal weer vol lekker wees in plaas van trane. . .

Dankie vir julle gebede en boodskappe van bemoediging, julle dra ons.

Tot volgende keer, van die onderkant van die ewenaar af . . .

Liefde 

Iretha

My wereldjie is inmekaar

Ek het hierdie stukkie op die lughawe in Lagos gesit en skryf, tot nou toe het ek geen internet konneksie gehad nie, en ek het nou al gewonder of ek dit moet plaas of nie maar toe maar vir dit besluit. Lees maar, maar ek verseker julle die gevoelens verander kort kort, van extreme tot rustig tot moedeloos en hulpeloos en weetie wat nog nie. 

Ons is stukkend, gisteraand kry ons laat 'n bbm van my kind af dat haar water gebreek het en hulle was binne 20 min by die hospitaal en Andre kommunikeer op w-app, hulle doen gou toetse en toe sy is in die teater en ek se ons bid dat als goed gaan, sy is 34 weke swanger. En hy se ja bid asb en hierdie ouma toe al lankal aant bewe en bid.
Ons het kuier mense gehad en ek gaan kamer toe en ek bid nog. En so wag ons, ek tel die minute af. Presies 45 minute later, ping die foon, nou le ons al in die bed en wag vir 'n ou fototjie van baba Leandri, en ek kyk en Andre se: "Leandri is nou net gebore maar het dit nie gemaak nie"
Ek vlieg regop, my lyf en my kop willie werk nie, ek begin ruk, droogoog gee ek die foon vir Danie, oupa begin snik en ek sit net so vooroor gebuk, kry nie 'n traan of geluid uit nie. My kop en lyf is 2. 
So sit ek ek draai nie eens na oupa toe nie, ek kan nie, ek is verstar. 
Ons staan so saam op en trek maar weer aan, dis nou al na een uur en na 2 uur aan die ander kant.
Ons loop kombuis toe en maak tee, ons drink die tee. Die vrae kom nog nie, dis net asof jy die rewind knoppie soek om dinge te fix. 
Ons praat met Andre se pa op die foon, Danie nie ek nie, ek kan nie praat nie. Ek kan nie als onthou nie, Andre het gevra, weet ma van iemand by Avbob wie ons kan bel om haar te kom haal, ek se ja, ek stuur v hom nommers, die alles so meganies, rukkende hande, binneste en kop wat stilstaan.
Ons gaan weer bed toe, ek le daar en daai 7 by 7 voet bed ruk saam met my. En die eerste ding wat my kop dink is ek gaan dood as ek nie huil nie, mens moet mos huil. En ek vat weer die foon en ek vra of ek kan bel na die anderkant, hy se ja bel maar, want ek moet met my kind praat, ek weet dit. 
Ek bel en my kind antwoord en ek staar nogsteeds soos 'n standbeeld voor my uit, en sy se, ma moet huil, ek se ek kan nie, en sy se sy is ok en sy klink kalm. Sy se sussietjie is so mooi, en ek se maar ons het gevra vir 'n volmakkte gesonde baba en sy se maar sy is volmaak mamma, sy lewe net nie sy is by Jesus en toe kom die trane, en ek kan huil en ek groet en ek pie behoorlik, ek stuur vir oupa Japie 'n sms en ek probeer slaap, wanneer die slaap gekom het weet ek nie, maar dit was nie veel nie. 
Oggend was toe alreeds oggend en toe ons opstaan was al die boodskappe op die fone en almal dra ons seer en deel ons pyn en ouma huil verder. 
Maar mens moet aangaan en ons staan op en gaan sit buite met koffie, God het vir ons nog 'n lieflike dag geskenk, net so mooi soos gister maar met meer seer in die binneste as lank gelede. 
Hy het vir ons daai vreugde van die verwagting van nog 'n kleindogter gegee, Hy het dit geneem!!!!
Reelings begin en ons bel en reel en kry kaartjies en ek soek my paspoort (die was in vir hernuwing van die doane stamp), almal maar almal help en is wonderlik, mense uit Canada reel vir iemand op die lughawe om te help, ons kom toe reg, genadiglik, so na 'n baie baie lang dag, 3 ure se ry tot in Lagos en ure se stoei om als uitgesort te kry met my paspoort wat ons hier in Lagos kom optel het sit ek nou in die lounge en skryf. 
Ja ons is oppad na ons kinders toe, wat more gaan bring weet ons nie, hoekom al die goed gebeur mag ons nie vra nie, Jesus het vir Leandri geroep en haar vir hom geneem. Sy is gelukkig by hom dit weet ek maar hoe maak ek my kinders se pyn ligter? Ek kan die pyn en hartseer dra, ek dink, maar ek voel dis die laaste mense wie dit verdien het. 

Mag ons almal berusting van U hand wie geneem het ook ontvang.

Dalk een dag as ons almal weer bymekaar is sal ons dit verstaan. 

Vannaand kyk ek nie vir voute nie, ek tik so deur die trane, so verskoon maar die ouma se vingers wat so sukkel om te sien, dis nou maar hoe dit is. 

My mensies bid maar vir ons vir die pyn in ons binnestes, ons het dit nodig.

Ek het dit kort gemaak vir die tydjie wat ek nou het voor ons aan boord gaan. Ek weet nie wanneer ek weer gaan kans kry om te blog nie, maar dit sal van julle kant van die ewenaar af kom. 

My ou pieringkie is maar legerig vannaand maar ek sluk met 'n dik keel aan daai bietjie wat in hom is.

Hy sal weer volloop, on Here is magtig. 

Dankie vir almal se hulp en ondersteuning en wat nog gaan kom. Julle is almal baie diep in ons harte in dankbaarheid toegedraai. 

Iretha 


Friday 12 July 2013

Bee in my bonnet

Vamore word ek wakker en ek staan op en maak koffie en ek dink by myself, self, jy is mos stupid om so vroeg op te staan, Danie is nie hier nie en jy kan maklik tot 8 uur slaap, en ek klim terug in die bed met my koffie en al.

En daar begin die kop toe werk . . .

Ek sien dis 'n week voor ons moet rys en ek dink, o my aarde, ek wil nog dit en ek wil nog dat en ek vlieg uit die vere, koffie ini hand en ek gryp my boekie en ek maak lysies.

En ek klim in die bad en die kop loop en ek maak nog 'n lysie sommer so op my foon, in die bad ja, want ek kan ;-) die lysie se naam is 'SA lys' dis nou goed wat ek wil saambring as ek weer terug kom.

Ek bad klaar en blaas die haartjies en ek hol kombuis toe want nous ek honger, en ek eet van gisteraand se steak, en ek maak nog koffie, en ek onthou dis Vrydag, ek post altyd 'n Vrydag dingetjie en ek kom sit hier en ek wonder nou wat nou, en ek begin tik, en as ek hier klaar is gaan ek gou in die straat af om nog lap te koop en vir Lizzy van gister se koekies te vat.

Terwyl ek hier sit dog ek, hoekom maak jy nie jou boek een met kortverhale nie, dit gaan gouer gaan en ek wonder daaroor.

Nou vra ek julle, wat jaag die vrou so vandag?

Het die lekker huistoe gaan my getref of wat?

Lekker volspoed daggie vir julle en dink aan my wie als wil doen maar net 2 hande en een kop het ;-)

Mwah

Iretha



Thursday 11 July 2013

Diens is nog diens . . .

Diens aan diekant van die ewenaar.

Ek koop Maandag 2 paar skoene hier onder in die straat en Dinsdag trek ek die een paar aan en daar breek die een toe. 

My steward vat hulle toe na die skoenmaker toe en oppad wys hy die vrou by wie ek dit gekoop het dat dit gebreek het.

Toe kom hier nou iemand aan met 'n briefie. 

Dit lees: (ek skryf dit soos dit is)

Dear Ma'am
Sinccerely I felt bad seeing the slippers. I don't believe it could be like that.
It must have been a foctory problem.
Please don't doubt my goods and don't be dissapointed.
Enclosed herewith is a token of N500. 
PLEASE
Love from Lizzy

Nou vra ek jou, waar kry jy dit nog? 

Ek is beindruk en gaan beslis weer by haar koop.

Dis die klein dingetjies wat die plek so spesial maak, ek lief dit nogsteeds. 

Volgende keer as ek swak diens kry sal ek weer aan die briefie dink . . .



Ewenaar groete.

Iretha

The Wizard of Oz was 'n slim outjie . . .


Hand vol pille . . .

Eendag lank lank gelede was daar twee tannies, hulle het in 'n vreemde stad vêr van hier gewoon.

Die tannies was nuut in die omgewing en het gehoor as jy die taxi (bussie) voor die hotel vat dan gaan hy outomaties na die winkel snentrum toe. So die bussie ry elke 20 min 'n trippie in die rondte, mall toe en hotel toe. Hoe wonderlik! So jy kan lekker shop en later net weer inklim en terug ry.

So op 'n lekker dag besluit die tannies dis nou sulke tyd en klim in die bussie voor die hotel, daar is 'n ry van mense en almal wil in en almal kom in, en die bussie is vol mense, en daar gaat hulle. Die een tannie kom agter hulle ry in die verkeerde rigting. . .

Nou is hulle in en hulle sit styf en die bussie ry . . .

Na 'n ruk kom hulle by iets wat soos 'n hospitaal lyk aan . . .

Baie verbaas en verward kom die tannies agter hulle het in die ambulans bussie geklim en nie die hotel bussie nie. Die kliniek is langs die hotel en die bussie het nie sy gewone stopplek gekry nie toe stop hy voor die hotel en omdat daar maar altyd mense is wie van die kliniek na die hospitaal gestuur word was daar 'n tou mense en almal het blindelings gedruk en geskuur om in te kom op die trippie hospitaal toe.

Tannies, al geselsende, het nie eens gekyk hoe die bussie van buite lyk nie en net geklim!

Genadiglik het die hospitaal bussie ook gereeld sy rondtes gemaak, maar voor die tannies terug was by die hotel moes hulle by die hospitaal uitklim en is in die ry gedwing om saam met die siekes te gaan sit sodat hulle ondersoek kan word, niemand wou glo hulle het perongeluk ingeklim nie, veral as jy in 'n vreemde plek met vreemde taal is en niemand mekaar so lekker verstaan nie, en as die kliniek jou stuur is daar iets verkeerd met jou en MOET die dokter jou sien. Jy ry nie sommer verniet in die ambulans rond nie, jy moet behandeling ontvang en die wie nie ernstig is nie word in die namiddag weer teruggeneem na die kliniek toe om die behandling daar te rapporteer.

So stry en baklei kon jou in die 'Psychiatric' afdeling laat beland . . . die het hulle darm gou besef toe die nurse mekaar begin konsulteer en die een woord bekend geklink het, en elkeen het toe maar 'n siekte geveins. Hulle is toe ondersoek en genadiglik nie siek genoeg gevind om opgeneem te word nie.

Laat die middag is die twee tannies weer voor die hotel afgelaai, elkeen met 'n hand vol pille, dood van die honger en dors, daar was niks wat hulle êrens te ete of te drinke kon kry wat veilig gelyk het nie, en moes maar onder die bome saam met die ander wag om weer opgelaai te word. Om van shopping en lekker lunch by die mall, nie eens te praat nie.

Die storie is eers baie later oorvertel want dit was ietwat 'n verleentheid . . .

Die een tannie vertel dat die siekte wat sy geveins het, tref haar toe so 'n week later, maar gelukkig het sy toe pille gehad ;-)

Murphy, dis wat ek sê, en kyk waarin jy klim as jy klim, hiehiehie, dit geld sommer vir baie dinge in die lewe ook! Blindelings die stroom volg kan 'psychiatric'e gevolge hê!!

Jy gaan nie altyd later 'n hand vol verniet pille hê om als beter te maak nie . . .

Nou of dit 'n ware verhaal is en of dit gorrel is moet julle maar self besluit, ek sien net die les raak.

Lekker pillelose daggie vir almal.

Mwah

Iretha






Wednesday 10 July 2013

Bestemming

Bestemming is nou die plek wat ek gister gesê het aan die einde van die opdraande pad lê . . .

Toe sit ek nou en dink oor daai bestemming, dis mos nou 'n hele ander storie vir elke mens want ons is mos nie dieselle nie.

Daai bestemming kan nou wees, 'n rigting wat jy in studeer, die plek in jou lewe waarvoor jy werk, vir baie sal dit die groot bestemming van almal wees, die Hemel en ewige lewe, vir ander op ander stadiums van hulle lewens sal dit iets anders beteken. Of dalk eendag jou aftree huisie, of dalk die gesondword vir baie siek mense.

Dalkies is die kinders jou oor en is daai dag wat die laaste klaar geleer het en sy eie pot krap vir jou die naaste bestemming. . . kan jy nou glo dat 'n enkele woord soveel verskillende betekenisse vir verskillende mense kan hê.

Wat is jou bestemming, kyk jy na die grooter prentjie of is die een wat nou voor jou is die eerste wat bereik moet word voordat jy kan aangaan na die finale bestemming.

Ek dink ons almal het daai finale bestemming min of meer as dieselle plek.

So maters, maak nie saak hoeveel bestemmings daar op jou pad is nie, loop hom mooi, wees bly as jy daar kom en gaan vol moed vorentoe na die volgende ene, en as dit nie die finale een is nie, dan chat ons more weer.

Ewenaar groete

Iretha

Tuesday 9 July 2013

Bietjie terugvoering

Ek sit vanmore hier met my 2de koppie koffie en ek gee eers terugvoering;

Mienke het 'coxsakie hand, mouth and foot disease', dit gaan goed met haar, mamma probeer om nie aan te steek nie en ouma bid dat dit nie erger sal word nie en mamma dit nie sal kry nie. Dokter sê dit sal niks aan sussie doen nie maar sal nie goed vir Minette wees om dit te kry nie. Dit steek eers aan as die blasies stukkend gaan, so die lê nog voor.

Nou mens sal nou nooit weet hoekom hierdie goed moet gebeur nie maar dis nou maar so, toe onthou ek die wat 'n ou Vietnamese man die ander aand op die TV in 'n fliek gesê het, dit gaan min of meer so:

Die lewe is soos 'n opdraande pad, as jy elke keer 'n afdraai kies omdat jy moeg geklim raak en ander weë volg wat vir jou makliker is, sal daar net nog 'n afdraai pad kom en nog een en so sal jy nooit by jou bestemming uitkom nie.

So nou kyk ons maar die dinge in die pad so vierkantig ini oë en ons hou aan klim vorentoe na ons bestemming toe.

Kom terug op die hoofpad, die reguit ene, die regte ene, nie so maklike ene nie, bytvas en klim hom saam so hand aan hand met jou Skepper en maak dit tot by jou bestemming.

Lekker dag vir julle almal, ek groet eers met my koue koffie ini hand.

Iretha

Monday 8 July 2013

Bid gou saam my vir my kinders asb


Hoe troos 'n ma oor 6000 km?

 

Dis 11:50 hier, en my kind sy by die dokter met Mienke, hulle verhoed sy het 'n hoogs aansteeklike mond en voet virus by die skool opgetel, die ander dogtertjie daar was die naweek in die hospitaal daarmee en bo op alles is dit gevaarlik vir my swanger kind! Die kleuterskool is besig om als te ontsmet soos ek hier skryf.

 

Ek ek weet daar is net een ding wat ek nou kan doen en dis bid!

 

Ek bid:

 

Ons Hemelse Vader, gee ons asb daai krag en daai mosterdsaadjie geloof sodat ons in U helende Krag kan glo.

 

Gee asb daat Mienke se uitslag 'n ander rede het, nie gevaarlik of aansteeklik of nadelig vir my kind nie.

 

Dankie vir al U genade en seënige.

 

Amen

 

Bid saam met my vandag asseblief. Ek hou julle op hoogte.

 

Dankie vir julle lees en ondersteuning.

 

Iretha

Sunday 7 July 2013

Weegskaal oor die ewenaar . . .


Dis 'n gevoel van verdeelthied, dis vandag se gevoel . . . 

Hierdie huis, SA huis
My man vir wie ek baie lief is 
en die famiie en kinders en vriende in SA
My kleinkinders my kinders
Verlange na daar
Verlange na hier
My goedjies hier, my goedjies daar
Verantwoordelikhede hier
Verantwoordelikhede daar
Die hondjies 
Die gemak en geriewe daar en die hier. . .

En dis nie net SA nie, daar is nog 'n Suidwes huis ook, daar is my Pa en my broer . . . Hulle word ouer en ek mis en verlang in alle rigtings . . . 
Hoe kom ek orals? Hoe doen ek als? 
Tyd, ek het elke dag hope tyd, ek het een van die voorregte wie baie na smag maar dit sluit nie die tyd in en die voorreg om te kom en te gaan soos ek wil nie.

Als voel soos in 'n weegskaal, die middel staan op die ewenaar, as jy aan die een kant is voel die anderkant swaarder en as jy aan die anderkant is voel die ander weer swaarder . . . Maak dit sin? 

Dan herinner ek my self weer aan die rede hoekom ons in hierdie weegskaal is. En als maak weer sin. 

En ek maak vir myself 'n bucket list . . . 

Ek wil my man sien relax, visstok ini hand of iets, geen stress nie, vergeet bietjie van die werk, sy werk is sy passie maar ek dink hy moet bietjie rus inkry.
Ek wil bietjie huistoe, Suidwes huis toe, ek moet, Danie se ons kan November of Januarie.

. . . .  en nou is dit dan nou al waaraan ek kan dink . . . ?

Ek kla nie, ek het meer as wat ek nodig het, ek deel die gevoel met julle, dis tog waaroor die "blad" gaan, deel sodat julle saam die anderkant die ewenaar gevoel kan kry ;-) 

Die naweek het iemand hier gese, ek weet nie of ek ooit in SA wil woon nie, ek wil net daar shopping doen! Ek was verbaas maar het toe verstaan waar dit vandaan kom, hy is nou 'n Afrika kind en sal in Afrika bly, Zambia, Kenya, Namibia, gelukkig is hy nog jonk en kan dit doen, maar as ons jong kinders so begin dink moet jy weet, waar daar 'n rokie trek moet daar 'n vuurtjie wees. Dis nie so bad aan die noorde kant nie, Afrika ontwikkel met 'n hewige spoed en omstandighede verander ten goede. 

Dis net die onbekende wat soms soos blindheid voel maar as jy eers daardie lyn oorgesteek het is die onbekende 'n ding wat jou roep en jou leefstyl word. 

Moenie bang wees vir die onbedkende nie, moenie bang wees vir verandering nie, soms is dit net wat jy nodig het al veroorsaak dit 'n weegskaal effek. 

Lekker dag maters, een van die dae skryf ek van jullef kant af.

Pieringkie ini hand groet ek tot volgende keer.

Iretha 





Friday 5 July 2013

Vrydag bonus

Dink nou vinnig,

Waar sal jy nou dadelik wou gaan vakansie hou as geld en tyd nie 'n probleem sou wees nie?

My antwoord was Paternoster!



Moenie my vra hoekom nie, daai plek is amper vir my soos om wydsbeen oor die ewenaar te kan staan, lol!

Ons het nou die ander aand om die vuur gesit en toe kom die vraag op en die antwoorde was amazing! Paternoster, Kaapstad, Egipte, Griekeland en Antartika!!

Wys net dat ons almal ons eie drome droom en 'fantasies' het. Ons is almal verskillend, ons dink en droom verkillend.

Kyk ek sal darm lekker daar by die Weskus kan gaan rondloop, kreef en bokkoms eet . . .

 
 

Gaan doen bietjie hierdie naweek iets anders as gewoolik. Maak hom 'n klein vakansietjie, ek kan nerens gaan nie so ek gaan maar wonder waar julle rondloop.

Lekker naweek maters en moet nooit ophou droom nie, drome is die begin van alle suksesse.

Brand daai kersie, skink daai wyntjie, 'n soetetjie sou lekker gewerk het, en maak sommer 'n vuurtjie ook, en as jy nog koud kry dans daai lyfies warm!

Anderkant die ewenaar groete . . .





Rol maar daai klip vir 'n ander uit die pad uit, al chip jy 'n nael ;-)

Vriendskap:
 
Wat verstaan jy onder die term?  

Jy kan dit nie opswot nie, dit kom van binne af, van menswees af. 

Almal wie jy ontmoet word nie jou boesem vriende nie, sommige is kennisse ander kollegas, soms het julle niks in gemeen nie, maar dan kry jy die wie so diep in jou hart inkruip dat jy jou laaste rolo vir hulle sal gee.

As jy 'rolo' vriende het;  

  • wees onvoorwaardelik vriende
  • staan op vir mekaar
  • moenie jou vriende bevraagteken nie
  • sien die mooi in hulle raak nie die swak punte nie
  • moenie onderlinge motiewe koester nie
  • moet ook nie motiewe by hulle soek nie
  • wees eerlik
  • ondersteun mekaar
  • staan saam
  • moenie hulle met ander bespreek nie
  • glo in hulle
  • vertrou op hulle
  • moenie 'n meulsteen vir hulle wees nie
  • moenie hulle drumpels deur trap nie
  • respekteer hulle
  • respekteer hulle privaatheid
  • respekteer hulle sienswyse, dit hoef nie dieselfde as joune te wees nie
  • moenie verwagtige skep nie
  • moenie iets in ruil vir jou vriendskap verwag nie
  • waardeer hulle
  • lig hulle op as hulle af is
  • wees die oor wat nie oorvertel nie
  • wees die skouer as hulle een nodig het
  • deel hulle vreugdes
  • gun hulle 'n plekkie in die son
  • moenie veroordeel nie 

Hierdie is 'n paar simpel goedjies wat die wêreld se verskil kan maak, as jy nie dit kan doen nie, moenie jouself 'n vriend of vriendin noem nie.  

En ek het baie pelle, sommige is nader as die ander, van hulle is al daar van kinds dag af, ander is nou die dag s'n, soms praat ons nie eens elke dag nie maar ons weet ons is daar vir mekaar, amper soos 'n onsigbare band.  

Jy kan 'n ver pad saam met sulke mense stap. 

En as jy sit waar ons sit, so ver van jou mense af, so aan die anderkant van die ewenaar, wardeer die wat jy wel het, staan by hulle, ondersteun hulle en moenie kortsigtig of veneinig wees nie, en dan alleenlik dan gaan jy dieselfde van hulle af terug ontvang.  

Van ons nasie is daar min hier . . .  

Ek trap nie op jou tone nie, ek verduidelik net waar ek vandaan kom, ek ken nie die details van jou lewe nie, ook  nie jou motiewe nie, ek glo daaraan om eenvoudig en straight forward te wees, as ek 'n kant gekies het staan ek by hom, ek botter nie die broodjie aan alby kante nie, dis nie nodig nie. 

Ek is ook soms hartseer en lê wakker in die nag, ek verlang ook soms, meer as net soms, ek word ook kwaad, ek kan ook onredelik wees, ek het baie swak punte, ek is mens.  

Die lewe wat ek tot hier geloop het was maar klipperig, en van daai klippe rol nog daagliks voor my in, maar met God en ons vriende kom ons daardeur.  

Soms lyk dit of ek met my gai in die botter geval het, my maat, ek botter homself . . . en ek sê dankie, dankie vir my Danie en my kinders en my vriende en die lesse wat ek so padlangs leer en geleer het, ek sê elke dag dankie Here daarvoor.  

Dis hoekom my bekertjie so oorloop, hy is vol dankbaarheid en vriendskap. (Unjinx)
 

 

Iretha

Wednesday 3 July 2013

Menings . . .


Ek bekyk nou al lankal die Madiba storie so van die kant van die ewenaar af, ek volg dit op twitter en ek sien dit op die kassie.

Op twitter het iemand nou die dag gesê "Madiba se voorbeeld wat hy uitgedra het, dat almal as een nasie saam in vrede kan leef," heers voor die hospitaal en ini strate. Dit was vir my mooi.

Nou lees ek weer die Ooste en die Weste is bekommerd oor die wit Afrikaner se toekoms ini land.

As die freaking media net dink dat wat hulle verkondig is soms slapende honde wakker maak of saadjies saai wat nie gesaai moes gewees het nie, soos byvoorbeeld vrees en paniek of selfs geweld! Dan sal ek verkies om die trend wat op twitter was te volg, maar die wêreld het nie 'n keuse oor wat in hulle keelgate afgedwing word nie!

Nou wys dit my weer, voer mense liefde en vrede en hulle deel liefde en vrede uit, voer hulle shit en shit sal uitgedeel word.

Dis eintlik al wat ek wil sê, die res kan jy vir jouself uitdink.

Vandag kan almal besluit ons wil liefde en vrede uitdeel en daar sal vrede wees . . .

Dit hang van elke individu af.

Kom ons gee ons sawwe kant vir ons medemens.

Stop die pyp daarmee en rook hom bietjie . . .

Dis net my mening . . .

Iretha

Met liefde net vir julle . . .

 
 
Jirri ini Jimmel . . .
 
U is onse Ridder en onse Saligmaker . . .
 
U gjee voor ons eens gegest hit lat ons iets nodig hit . . .
 
So ik vra vindag, al weet U alkla wat ik gan vra . . .
 
maak vidag my mensies se harte wa wyd oop . . .
 
bo deur en onner deur . . .
 
hou hille inni holte van altwee Use hanne . . .
 
so naaaby Use hart . . .
 
veilig en salig, bewaar hille, hou hille gesond . . .
 
en dies wie nie gesond issi, maak hille beter . . .
 
gee vi dies wie honger is 'n stikkie brood . . .
 
in dies wie dors is te drinke . . .
 
want Jirre, ik vra diese dinge omlat ek so lief is vir hille . . .
 
dankie lat ek mag vra, al weet U diese dinge . . .
 
dankie lat U na myse mensies omsien . . .
 
dankie lat U vi my ook lief is . . .
 
gee genare aan dies ini wêreld solat hulle ook Use loute teen hulle kan voel . . .
 
Jirre dies van hille wat bekommerd is, wys hille U is die touleier . . .
 
dis net ik hier Jirre, en ik vra nie veeli, net Use genare en Use liefde . . .
 
Amin
 
My gebedjie vir julle vandag, self geskryf :-)
 
 
Mooi daggie
 
 
Iretha
 

Lunar effect . . .

 

Dis nou die uitwerking wat die maan op die geteie van die see het, hoogwater en laagwater. Die maan is naastenby 384403 km van die aarde af.

 


Nou sommige mense glo dat die maan 'n uitwerking op hulle het en daar word beweer dat, omdat die mens se liggaam uit 'n groot persentasie water bestaan, dieslefde met hulle gebeur.

 



Dis waar die woord lunatic vandaan kom. Uit Latyn vertaal van die woord luna wat maan beteken. 

Wetenskaplikes beweer dat dit net 'n miete is want hulle kon dit nog nooit bewys dat mense deur die maan gepla kan wees nie. Daar word ook verwys na die Transylvanian hypothesis of die Transylvanian effect. 

Daar is 'religions' wat op die natuur, onder ander die son en die maan gebasseer is. Hierdie mense glo in 'n 'divinity' en maak nie saak wie hulle persoonlike "God" is nie hulle aanbid hom/haar en leef en leer uit die natuur uit. Hulle sê respekteer ander se keuses. 

Nou dis net stukkies wat ek raakgelees het toe ek nou bietjie gaan uitvind het wat agter die term 'met die maan gepla' skuil. 

Daar word ook gesê dat misdaad styg in die tydperk wanneer dit volmaan is so ook gesinsgeweld, drank en dwelm misbruik ens. Daar word selfs beweer dat sou 'n verkiesings tydperk oor 'n vol maan val dit die verkeerde uitwerking op die mense kan hê om die regte stemme uit te bring, whaau interrissant!  

Is jy met die maan gepla?

 


Ek slaap sleg oor die volmaan, maar ek dink dis omdat dit nie so donker soos gewoonlik is nie. My man en my swaer skimp menigte male dat ek en my suster met die maan gepla is. Dit gebeur dat ons soms met die volmaan (heel toevallig) bymekaar kuier en dan reken hulle ons is maller as gewoonlik, nou as ek nou soos op BBM hier 'n prentjie van 'n smiley met sulke groot ronde ogies kon sit sou ek. 

Die 22 Julie is die maan weer vol en ek gaan 'n punt maak om by haar te gaan kuier om te kyk of dit waar is . . . sal julle moet laat weet, lmga!  

Hoekom skryf ek vandag oor die maan? Geen mens sal weet nie, dalk die rede dat ek dink die ewenaar en die maan werk saam op my, meer ewenaar as maan, lol.  Magnetiese velde van die ewenaar en die lunar effek van die maan . . . klink na 'n scramble??!!  

As jy daai bekertjie roer, roer anti-kloksgewys . . . hiehiehie

 

Mwah

 

Iretha

Tuesday 2 July 2013

No need for the spotlight!

 
Hierdie is so mooi en waar, ek moes dit net hier met julle deel!!
 
Laat daai liggies helder skyn!
 
Maak jou merkie  .  .  .

Monday 1 July 2013

Leen bietjie 'n oor . . .


 
Soms is dit beter om net te luister as om kommentaar te lewer. 

Luister is 'n kuns sê hulle, om te luister en te hoor is 'n ander kuns. 

Hoeveel keer het ons nie al na iemand geluister en voor daai persoon klaar gepraat het ,sommer met 'n antwoord of 'n opmerking in sy/haar sop geval nie? Hoeveel van daai kere was ons antwoord/opmerking negatief en hoeveel keer ontmoedigend?
 
 

Ek het myself voorgeneem om voortaan meer te luister en minder kommentaar te lewer. Ek kan mos probeer om my antwoord in my kop te los. Partykeer sal iemand na jou toe kom en jou iets vertel net omdat deel deel is, of omdat dit goeie of slegte nuus is, en daai mens na die deel, ek wil nou wag tot die ander vra, wat dink jy?  

Dit gaan 'n uitdaging wees! 

Nou kyk stilbly kan soms ongeskik wees maar dis nie daai stilbly wat ek bedoel nie.  

Kom ons word stil, stil in 'n opbouende manier, dit gaan mos meer tyd gee om die regte antwoord te kry as ons klaar luister.

 


Kom ons luister die week, dalk luister ons net na die stemmetjie wat hier binne ons is of dalk leen ons die oor vir iemand wie dit regtig verdien . . .

Ek het 2 stemmetjies, die een is goed en sagmoedig en die ander bietjie teefagtig, seker die duiweltjie op my linker skouer, of die heksie nie so diep weggebêre nie, lol. Nou teefagtige stemmetjie jy is met verlof van nou af, ek wil luister en ek wil mooi en slim antwoorde gee. Sagmoedige stemmetjie jy is aan diens en ons gaan saam werk die week.  

En dan hoor ek hier in my binneste iets soos die pienk panther se temalied, tedim tedim, en die heksie stemmetjie vat haar besem en plak haar hoed op en kietsie kietsie vir haar kat, en sê vir my, jy kannie want jy like my te veel, eish!  

Nou lê ek soos ek lag, wonder of ek vir heksie of vir myself lag . . .  

Lekker malletjie nê?  

Ek met al my nuwe voornemens en dis nie eens nuwe jaar nie, wel probeer is 'n ander geweer, maar seker die beste ene.  

Lekker luister maters.

 
 
 
“When many voices are speaking at once, listen to the one most quiet and gentle. That’s the one worth listening to. ~ Miranda* ~”
Miranda Linda Weisz 

Gooi daai ekstra lekker in die piering . . . en deel dit met iemand wie dit regtig nodig het, moenie alleen drink nie.


Iretha

Nog 'n Kenya storie


 

 


Ek het mos nou al lankal die ding met die ewenaar, is daar 'n naam vir mense soos ek?

Ewenaar moet ek sien, dis nou seker nie 'n streep nie maar daar moet ek kom. En ons is in Kenya en ons bly in Molo, en ek kyk die kaart en ek sien, mmmmm hy's net 30km ver en in my kop maak ek planne.

Danie word vreeslik versigtig uitgevra oor die ewenaar en hoe ver en sulke goed, ek weet mos klaar maar ek laat hom dink hy leer my, vrouens is mos maar so slim ;-)

En ek wangle hom en hy stem in en reel 'n drywer en ons sit die Saterdag af of op ewenaar toe.

Maar soos die duiwel dit wil hê breek die kar, 5-km-van-die-dêm-ewenaar af!! En daar sit ons en hulle haal die wiel af en sien 'n bout is missing en hulle bel en ons wag. Ek gaan sit toe maar so op my boude in die gras lanfs die pad, ook maar bang vir die karre wat ons kan tref en ook dat die kar van die jack kan af val want ek sit mos nie stil nie.

Ons het 3 ure daar langs die pad gewag! Die kinderjies kom toe uit die bos uit om die wit vrou te bekyk. Hulle giggel en die dogtertjies wil aan my hare vat en almal skud my hand. Hulle was later 17 stuks. Die enetjie sit om en hardloop, 'maaamaaaa' skree hy en kom terug met sy ma en sussies en 'n donkie, die donkie word tot voor my gebring om ook die wit vrou te kyk. Ek dog toe dis nou my kans, en ek staan op, loop tot by so 'n oop stukkie grond en teken hop scotch met 'n stok in die grond en leer hulle hop scotch speel, die karre stop om te hoor of hulle kan help, onderandere 2 wit Kenyaanse boere.

Toe steek die weer op en dit begin reën en die donker bekruip ons. Ek stuur die kinders huistoe en die part arriveer en ons is weer op die pad! Verkeerde kant toe! Ek mis die ewenaar! Tel 5km van die spot af? Ek weet nie, maar ons was amper daar!

Die Finansiele Bestuurder nou agter die wiel besluit hy gaan ons na 'n hotel toe vat vir 'n drankie en 'n toilet break. Jayyyyy!! Hotel, whaau. Nou is die teleurstelling bietjie ligter. Kan nou doen met bietjie weelde.

Oe ehe, die hotel was lank lank gelede mooi en spoggerig!

Ons word soos konings verwelkom en in die 'lounge' ingely. Dis gedaan, als is gedaan! Meubels lyk soos ou staatsdiens stoele en die koffie tafeltjies is wankelrig. Moes swierig gewees het in die 50-60 jare. Die kaggel word aangesteek en ons gaan sit voor groot brandende stompe. Op 'n klein tafeltjie bler 'n piepklein televiesiestelletjie local musiek uit. Die mans word bedien met bier en ek vra maar vir 'n koeldrankie. Nou drink die mam nie, ja, ek doen, net nie bier nie. So ek word 'n keuse van verskillende brandy's geoffer en die een klink toe bekend, en ek kry 'n halfjack Richot Brandy! Ek sê, nee net een single asb, maar die mam verstaan nie mooi nie, dis hoe dit werk, wat jy nie klaarmaak nie, you walk with it. So brandewyntjie of 2 later bestel ons die bekende Molo Lamb vir aandete.


 

Die waiter kom aan met 'n skotteltjie met so 'n soggy sepie onder in en 'n beker met water. Ek dog by myself nou wat nou, die word hier teen my gedruk en ek kyk vir Danie en hy beduie ek moet my hande was. So ek probeer daai sepie optel maar dis te snotterig en die man gooi water oor my hande en ek was. Nou sit ek daar met nat hande en soos ek mos my kinder geleer het jy nie doen nie, vee ek my hande aan my broek af! NEE! Nou is ek blykbaar verkeerd en moet weer hande was. So gesê so gemaak, en word darm toe met 'n servet voorsien om my hande af te droog. Nou kom die kos en dis 2 skinkborde op mekaar omgekeer. Jy mag nie self die kos oopmaak nie word ek vertel en ons wag maar. Hulle bring 3 borde en ek word gevra of ek 'n mes en vurk wil hê. Ja asseblief. Die waiter maak die kos oop. O my land. Dis sulke stukkies vleisies en chips en spinasie. Danie en David skep vir hulle in en ek maak ook so. Ek is soos gewoonlik hond honger en steek daai tjoppie vas om hom te sny maar nee, nie die vurk of mes maak 'n duik nie. Ek kyk die ander en hulle sit ewe lekker en eet met die hande. Dis waaroor die gewassery gegaan het, ook maar stupid. Ek taccle daai kos met die and en ons eet al te lekker, enige kos is lekker as jy honger is behalwe in Nigeria.
 

Nou loop die Ricoh goed en die kos gaan af en dis tyd om te vertrek. Daai hotel van weleer voel nou al soos huis vir my. In my hand die orige 'you walk with it'! In die kar sit David die radio aan en ons ry hop hop koes koes deur die gate en die musiek is lekker local en ek is op 'n roll!

By die plant in Molo wil ek nie huistoe nie, ek is nou lus vir kuier maar Danie vat my om die lyf en ly my huistoe. Aaaawwww ek wil nog gekuier het, Kenya is lekker.

Nope, dis nou huistoe en bed toe met my. Ek het daai 2 weke in Kenya so verknog geraak aan die plek, ek is mos hoeka lief vir Afrika! Maar ek moet julle vertel, Oos en Wes Afrika verskil soos lig van donker!

Oor die paasnaweek was ons by 'n plekkie met die naam Kembu Campsite. Daar het ons in 'n 100 jaar oue handgemaakte karavaan gebly, Cobb's Cabin. Whaau dit was awsome! Ons het die wêreld plat gery en was by die krates en Lake Nakuru wild reservaat en ek sal weer teruggaan as ek kan.

 


Ons eie longdrop
 
Dalk skort daar iets of dalk is my kop net reg aangeskroef maar ek geniet die dinge van ons eie kontinent moerse! Dalk die uitwerking van die maan en die ewenaar, lol. Of dalk het ek ernstig 'n breek nodig van Wes Afrika af, wie sal weet?
 
 
 
Happy Monday.
 
 
Iretha