Translate

Wednesday 21 August 2013

Gluten o gluten jou aaklige ding!!

Wie is almal gluten intollerant soos ek? 

Dis 'n vet straf! Daars nie 'n kuur daarvoor nie, die kuur is - moenie dit inkry nie!

Nou moet ek als maar als lees voor ek dit in my mond druk, en soms se iets net starch, en dan is dit gluten en ek vind dit eers tussen 20 minute tot 'n paar uur later uit deur 'n neus wat begin soos sinus en 'n ontsettende megraine! En daai megraine hou vir 72 uur! 

Gluten is die stysel in barley, ray, outs, weat. As jy outs of een van die genoemde goed sou kook dan maak dit mos so 'n gladde blink sous, en dit is die gluten daai. Hulle gebruik dit in souse om dit te bind of in speserye om dit meer te maak of iets en selfs in vitamiene pille om die goed bymekaar te hou! 

Nou het ek sulke pille gekoop om beter te voel en nou wil ek vrek want dit se net starch nie, soos die botteltjie vir my vertel nie, en nou weet ek dis weat starch! Nou as ek sou beter voel van die pilletjies voel ek dit nie eens nie want ek vrek van megraine. 

As jy geneig is om gereeld so 'n helse kopseer soos ek te kry wat jou spiere in spasma laat gaan omdat jou liggaam nie beter weet hoe om dit te handle nie, sny maar jou gluten uit en siedaar, kopsere raak sommer weg. 

Wens ek kon 'n beroep op die wereld doen om meer sorgvuldig aan te teken wat in hulle produkte is. So 'n kopseer stop 'n mense se lewe in sy spore. En as daar wel gluten free op 'n verpakking staan maak hulle dit sommer dubbel die prys, en om die koring met mielies te vervang is eintlik goedkoper as anders om. 

Nou dis nie net die kop wat pla nie, die derms protesteer ook. Hulle stop ook in hulle spore of raak aan die weghol, myne stop gewoonlik. Dis waar die diagnose van my IBS vandaan kom! 

So hierdie is vandag my stukkie raad aan die van my lesers wie weet wat megraine is. Julle sal die pyn en frustrasie verstaan. 

Om te kook sonder gluten is maklik, jy maak maar jou eie sousies met jou mazina en gebruik baie versigtig speserye. Maar om uit te eet met gluten intollerance ontaard gewoonlik in 'n kopseer! 

Ek maak my eie resepte op met gluten free meeltjies en goedjies en so oorleef ek. Ons gesin het jare terug so begin kook en eet omdat ek en Minette dieselfde probleem het, ek is net baie meer sensitief daarvoor as sy. 

Ek het nou al sulke resepte boeke probeer maar dit is vreemde kos wat hulle maak en dis moeilik so ek doen dit maar op die boere manier. Ek kan tot melktert maak, koekies en al daai lekker dinge. 

So omdat ek nie baie mense ken wie gebuk gaan onder hierdie ding nie se ek maar sterkte vir myself en belowe myself ek gaan niks snaaks eet of drink vir die res van my tyd nie! Net straight forward souslose dinge. 

Die van julle wat als kan eet, se dankie. Die wie nie kan nie ek voel vir julle. Ek het altyd hierdie ding gehad oor mense wie nie als wil eet nie, gedink dis pure vol bollie wees, nou is ek so en dis 'n pyn ini nek! Sorry vir almal wie ek jare terug vertel het julle is vol stront en lekkerbekkig. Dis nou my beloning daarvoor ;-) 

Lekker dag v almal. 

Iretha 

Tuesday 20 August 2013

We are just walking each other home!

Nog prentjies vandag, soms praat hulle beter as ek. Iemand het eendag gese: We are just walking each other home! Wat 'n nice idee. Ek het sulke wonderlike mense wie saam met my stap! 






Sunday 18 August 2013

Maak 'n verskil . . .

As ons eendag nie meer op die aarde leef nie en ons sien mekaar weer, wil ek weer die besluit maak om aan jou sy te wees, ek wil weer deel wees van my vriende se lewens en ek wil weer ma wees v my kind. 

Ek wil weer doen wat ek bedoel is om te doen, ek wil mense se lewens verryk, ek wil vreugde en liefde uitdra en ek wil dalk leer om ander gesond te maak, geestelik en fisies. 

As ek weer aarde toe kom wil ek 'n groter ligkring uitstraal, ek wil verandering bring, vrede uitstraal, vrede op aarde, vrede in lewens bring. 

Maar omdat ek nog hier is gaan ek nie wag vir daai dag nie, ek wil dit mos nou al vir lank al doen, ek weet nie of ek al aan daai kreteria voldoen nie want ek is te veel vasgevang in my eie knope in die lewe. Dis moeilik om te skyn as daar nog 'n donkerte oor ons hang, 'n kombers van rou. Ons gaan almal dood en dis moeilik vir ons aardse wesens om dit te verwerk, veral as die vrae in die hart hang oor wat die rede kan wees vir 'n kind om dood te gaan nog voor sy gebore is. Die vrae oor hoe om die seer uit my kinders se harte uit te verlig. Die vrae oor hoe om dit te verwerk. Maar as ek een ding weet dan is dit dit: Ons sal weer eendag in vrede en liefde en sonder vrae in die hiernamaals die grootheid kan geniet en ons sal mekaar omhels en saam wees sonder seer en sonder vrae want dan sal ons die antwoorde ken.

Die Skepper van ons en van als, en as ek se als bedoel ek als veel groter en verder as wat ons koppe kan dink. Daar sal ons aankom en ons sal soveel grooter en sterker wees as nou, ons groei in hierdie lewe, ons groei deur swaarkry en ons groei deur te struggle. Als in hierdie lewe is gerig op siele groei. Niemand sal ons verkwalik as ons bietjie struggle nie, ons is mense op aarde. Ons moet gefokus wees op daai groei, ek weet nie die hoekoms en die waaroms nie. Weet net van eendag, en daai eendag is vir my die antwoord, ek wil nie te veel tob nie ek wil nie teruggehou word deur hierdie dinge nie, ek wil aangaan met my doel in hierdie lewe sodat ek dit kan doen met oorgawe en sukses. Ek kan mos met 'n klip in my bors smile, ek kan mos nogsteeds se, ek glo daar is goed in als, ek kan mos se ek is hier om te bemoedig en om my liggie oor jou voete te laat skyn. Al is dit nie so helder nie maar hy is daar. 

En al is daar vir ons geen grooter tragedie nie, sit ek soms en luister na ander en ek besef daar is mense met grooter swaarkry en ek wil vir die in so 'n donker put se, kyk op, al is die put hoe diep, kyk, daar bo sal die son 'n kolletjie maak, en dis waar heen ons kyk en beweeg, na die lig toe, die son kom elke dag op en dis 'n teken vir my, die skepping en ons gaan aan, ons haal asem ons het nog goed om voor dankbaar te wees. Daar is vreugde so onder ons neuse, daar is seeninge reg voor ons, ons moet net kyk en raaksien. 

Nou as daar iewers aan die anderkant van die ewenaar 'n ou blinde tate kan staan en van sonop tot son onder op sy 2 voete almal seen wie verby gaan, hy kan net hoor, hy kan nie sien vir wie hy bid nie, dan kan ons 'n les by hom leer. Ons gooi altyd 'n geldjie by die venster uit as ons daar verby gaan, 'n klonkie tel dit op en gee dit vir hom, oyinbo se hy dan, wit mens. En die tate gaan net aan, handjie ini lug. Sy blindheid stop hom nie om vir sy medemens die seen te vra nie, hy is nie verbitterd nie want dan sou hy nie daar gestaan het nie. Tate ek se vir jou, as ek net helfte van jou dankbaarheid gehad het ek klaar gewen. Ons ken nie jou verhaal nie, ons betuig net bietjie dank deur 'n paar note by die venster uit te gooi, die maak jou en jou mense se magies hopenlik vol sodat jy weer more oggend jou pos kan volstaan. 

Steek 'n hand uit, maak iemand se dag, ek se nie gee geld nie, ek se net 'n gebaar sal klaar die ding doen, nie om jouself te laat goed voel nie, om dit instinktief uit die diepte van jou hart te doen, net 'n gebaar, 'n glimlag of 'n drukkie of 'n hand op die skouer. Kweek die gewoonte aan, omgee kos niks nie. 

Ook vir ons natuur, buk af, tel daai lee koeldrankblik op, gaan gooi hom ini drom, bring jou kant en maak 'n verskil. 

Groete van duskant die ewenaar af. 

Iretha 

Om en om . . .

Sondag more, die wind waai met 'n missie, die son dans deur die vensters en ek kyk die besigheid so en klim sonder seremonie terug in die bed, Ipad oppie skoot. 

Koffie staan stomende op die bedkassie en ek is terug by my lysies. Dis 'n goeie teken.

Piet-my-vrou roep buite en ek skryf voeltjie saad op my een lysie, en vrugte. 

Ek kyk na die almenak en ek sien daars 12 dae oor. Ek tel elke dag, ek weet dis 12 maar ek tel weer. 

Die stadige tyd het eintlik gou verby gegaan, maar daar het so baie gebeur soveel emosies waarmee ons nog deel, en nou begin ek afrond, die om en om ding begin weer. Ek moet dit koop om saam te vat en wou nog dat doen en die sien en nou lyk dit my soos altyd gaan dit nie als gebeur nie. Ek wil huistoe maar ek wil ook hierdie wereld saam met my vat. Nie als nie net die paar ou dingetjies wat saak maak, mense dingetjies. . . 

Moet nou nie deurmekaar raak nie, dis 12 slapies dan kom my man, dan gaan ons bietjie vakansie ini bos hou. Afwen of opwen nes jy wil. Dan moet hy paar noodsaaklike dingetjies doen. Dan gaan ons terug na die anderkant van die streep toe. En dan is dit weer die om en om storie, dan verlang ek weer my mensies hier. Dis die alewige om en om. 

So daars 'n lysie vir saamvat en 'n lysie vir bostoe vat. Die voeltjie saad is vir die bostoe vat. Hulle se uitdruklik moenie die diere voer nie maar voels is mos voels dan nie? (Wens ek kan dit regkry om die kappies en kolletjies op die Ipad te gebruik, sorry) 

Oor 'n paar dae skryf ek vir julle uit die bos uit, onder 'n boom uit met my anderhelfte dig langs my. Dan kan my liggie weer vir ander begin skyn want ek weet as hy by my is sal die ou vlammetjie weer opvlam en volwaardig brand. 

So koffie ini een hand, lysies gesprei om my, groet ek julle vir nou. 

Geseende dag.

Iretha 




Ons liggies . . .


Wednesday 14 August 2013

As ek skaars is . . .

Ek wil net vir my gereelde liewe lesers se, dankie vir julle ondersteuning en lekker geselsies, soms word ek maar stil op die blog want soms is daar net tye dat ek stil is, tye wat ek niks wil se nie. Nie omdat ek niks het om te se nie maar omdat ek dit nie wil se nie, nie op die spesifieke oomblik nie. 

Julle weet baie van my lewe en ek glo julle verstaan.

En as ek soms bedruk voel en klink, wat heeltemal die teenstelling is van toe ek begin skryf het, verstaan maar asb. Ons sal weer lekker lag dae he, net nie vandag nie. 

Heelword vat tyd, net soveel tyd as wat ek nodig het, al voel mens soms of jy dit kan aanjaag. 

Dan word die woorde nie op nie net swaarmoedig, soms gebruik ek die skryf as terapie en soms gebruik ek swyg, stil tyd, alleen tyd. 

Dankie vir julle verstaan en ons in julle harte dra, dit beteken ongelooflik baie. 

Iretha 

Tuesday 13 August 2013

Sien jy nou!


Die vrou by die busstop

Eendag kom 'n man in die plek waar ons almal gaan na ons gesterf het en toe hy voor die wyses verskyn vra hulle hom uit oor sy lewe op aarde.

Hy vertel vir hulle hy het baie suksesvolle besighede gehad en hy het aan baie mense werk verskaf wie andersins baie swaar sou kry. Hy bieg ook dat hy soms baie ongeduldig en aggrisief voorgekom het. Hy het ook baie goed vir sy gesin gesorg en was 'n baie goeie pa en eggenoot. 

Die wyse man vra hom toe om vir hulle te vertel van die vrou by die busstop. 

Hy kon nie onthou nie, hulle gee hom tyd om te dink en toe hy onthou vertel hy die storie. Dit was van geen belang vir hom nie. Hy was een oggend haastig oppad kantoor toe en langs die pad het 'n vrou gesit en hy kon hoor dat sy saggies huil. Hy het sonder om te dink langs haar gaan sit, sy arm om haar skouers gesit en met haar gesels en haar moed ingepraat. Toe die bus kom het sy hom verseker sy voel beter en sal ok wees. Hy het opgestaan en aangegaan met sy lewe sonder om haar ooit weer te sien of om daaroor te dink of dit te onthou. 

Die man was verbaas dat so 'n gebaar nou juis die een is wie die wyse manne wou hoor en sy lewe aan meet. Hy het haar nie eens geld gegee nie, nie 'n werk geoffer nie en dadelik totaal van haar vergeet. 

Ons moet meer gaan sit en dink oor die waarde van ons lewens op aarde. Soms maar 'n handjie uitsteek, soms net 'n bietjie meegevoel toon. Ons hoef nie daaroor te loop en brag nie. Ons hoef nie ons besittings uit te deel nie, net 'n bietjie tyd, net 'n klein bietjie omgee, dis nie baie gevra nie. 

Doen net soms bietjie goed en beweeg aan. Dis wat ons groot mense maak, dis wat ons goeie mense maak. Dis wat ons laat groei in die geestes oog van ons Hoogste hand. 

Deel maar 'n drukkie, leen maar 'n oor uit. Vandag beteken dit nie veel nie maar eendag sal dit wel saak maak. 

Iretha

Monday 12 August 2013

As in die herd

Dae kom en dae gaan, die vuur bly brand laag, nie soos nat houd wat rook nie, net laag, die as is vaal en daar diep onder gloei 'n kooltjie flou.

Fyn houtjies sal die kenners se, en later dikker stukke en dan 'n lekker droe stomp om 'n goeie vuur te maak, dalk nog 'n fire lighter, maar dis nou as jy 'n regte vuur in 'n kaggel of 'n braai of sommer enige plek maak waar mens maar vuur maak, vuur maak is mos vir warm word of gaarmaak of watter rede ook al, soms sommer vir die ambiance . . . 

Dan kort ek hierdie vuur om te kom warm maak en om te kom lig maak in my lewe, maar daai vuur willie lekker brand nie . . .  

Ek soek en ek soek, wat kan ek gebruik om my vuurtjie se vlamme lekkend en vrolik te kry? Om die donkerte te verdryf en die koue uit te dryf om die lekker weer alledaags te maak en die bekertjie weer vol te kry? 

Blaasbalk wat die smede gebruik sal werk, blaas suurstof tussen die vlamme in, dalk kort ek suurstof, dalk moet ek daar by die gym inval en tussen die vreemdes gaan sweet . . . Kopskoonmaak, lyf en spiere met vinnige suurstofryke bloed spoel? Sal dit die vuur weer lewe gee? Kan seker maar net probeer. 

Hiers mos nie meer veilige plek om sommer net voet te slaan in 'n rigting in nie, daars nerens plek hier waar ek sommer net in die natuur kan gaan sit en staar nie, sonder om gesteur te word nie, nie eens in die agterplaas nie. Ook nie eens plek om te gaan sit en 'n vuurtjie te maak sonder dat die brandweer of  skorrie morries my sal pla nie, wat het van ons wereld geword? Die mens maak mooi en bou en berei uit, maar wat is beter as die ongerepte natuur? Waar is daar nog 'n plekkie waar jy net alleen kan rigting inslaan en alleen saam met die skepping wees nie? Om daai vuur suurstof te gee nie? Sonder om te voel daar is grense wat jou keer, sonder dat jy weet jy gaan teen 'n draad vasloop nie. Daar is oral grense en drade en sigbare en onsigbare lyne. Elke ou wil sy gedeelte afkamp en aan homself toe eien, en dan is daar daai donker figure wie jou teiken en pla net oor die duiwel alleen weet hoekom. 

Gauteng en sy oneindige blokkies erwe strepe paaie en sement miershope en spikkel stukkies onveilige bos tussenin, spikkels is plastieksakke en bottels en papiere van iemand se vergete inkopies of carry bag. Stukkies bierbottels en ou blikke gestrooi waar blomme en kleur moes wees. Strepe paaie wat se stop en ry, skapies, draai hier en nie daar nie, so vinnig of so stadig alles beheer deur 'n simpel reel en hand, daai hand spring sommer ini pad en beheer jou verder, nee, die lig is groen maar nou stop jy eers bietjie want ek se so. Kassie oppi rak in die huis se vir jou, nou kyk ons dit nou kyk ons dat want dis wat nou op is, met ander woorde tot jou gedagtegang word bepaal. . . 

Ek skryf met die kassie af, ek moet gaan vertroosting soek in my eie kop, op my eie manier op my eie blokkie erfie in 'n stukkie van die baksteen woning waar ek beperk is tot die klein spikkeltjie op die heelal waar ek saans my kop neerle, ek moet uit, ek moet wyer dink ek moet die klappe afhaal. Die vuur versmoor . . . Daars nie 'n trek nie, jy kannie 'n vlam in 'n toe blik maak brand nie. 

Ek kan amper soos die yuppies se, as jy verstaan druk jou hooter! 

Ek druk my neus in 'n boek en ontsnap so maar dan lui die foon of iemand klop aan die deur en eis hulle stukkie van die tyd, tyd wat so mildelik of so skaars kan wees, als beheer deur die geharwar van die beton woud en tegnologie. Gelukkig ontsnap ek soms deur die tegnologie, soos nou. 

Doen iets vandag net vir jouself net omdat jy soos 'n wafferse rebel jou stukkie tyd in die beton oerwoud vir jouself wil vat en moenie dat enige iets jou paar minute vir jouself steel nie, sit maar daai foon af, trek die deur toe of wat ook al, maar maak tyd vir jouself, of saam met jou mense, net vir rebellie se saak. 

Stuur 'n briesie oor daai as vuurtjie.

Iretha 




Sunday 11 August 2013

Briefie

My briefie aan jou vandag . . .

In 'n geseelde koevert sit ek vir jou
'n Stukkie van my hart 
Woorde van liefde
Verlange en drukkies
'n Sweempie van my parfuum
en woorde van deel

Ek skryf jou naam op
en waar jy bly
jou adres is my hart
my hart is by jou
my huis is waar jy is

Ek soen die seel op
ek vryf die brief oor my wang
en stuur hom vir jou
daar waar my hart is
daar waar my huis is
daar na waar jy is . . .

Maak hom versigtig oop
druk hom teen jou vas
daar waar my kop wil rus
op jou bors met jou 
in my neus
jou manwees
in my menswees . . .

Lees van my liefde vir jou
van my verlange na jou
van my hunker na saamwees
met jou manwees en menswees . . . 

Sit hom in jou bosak
Ek is naby jou hart
knus teen die plek waar 
ek kan self wees
vry wees
lief wees
mens wees . . .

Dra hom daar
tot ons weer bymekaar kan wees
ons saamwees
ons een wees
ons een mens kan wees . . . 

Tot ons harte weer saam klop
een ritme 
een liefde
ons liefde van klop klop
op die ritme van ons vreugde . . .



Woord vir woord uit my hart uit geskryf, net vir jou! 

Iretha



Thursday 8 August 2013

Nou wil ek gal braak!

Ek verneem van 'n vriendin dat sy en haar man gaan skei, en geskok vra ek nou hoe dan nou, ons het dan nou die dag nog so lekker troue gehou? 

Sy vertel my dat sy hom nou al 2 keer uitgevang het dat hy rondloop, en ek is geskok, wat gaan aan met die mense? 

Nou wil ek net vandag vir daai ouens wie so rondloop en verwag dat mamma maar by die huis moet sit en haar bek hou, se: dis bull shit! As jy dan nou nie meer so lief vir haar is nie, maak 'n skoon breek en dan gaan swaai jy maar daai listige goed van jou rond. Mense het gevoelens, en dan se sy nog sy sal altyd lief bly vir jou. Wens ek kan haar wys dat die son weer sal skyn. Haar dogters het jou pa genoem jou ass. Jy het nie net haar hart gebreek nie maar almal naby haar s'n ook. Nou moet daai dogters die lewe in, met jou as 'n vader figuur in hulle geestesoog. 

Wens dat miljoene rooi miere jou plek wat jou pla sal betrek en jou vingers in doringdraad ontaard! 

Nee kyk ek is nou sommer rooi warm van ergernis. 

Ja elke storie het 2 kante, dis sommer net listigheid en die duiwel het jou lekker in sy greep beet pappie en hy gaat jou lekker gebruik maar as jy tot jou sinne kom is daai harte wat jy so gebreek het verhard en gaan daar nie weer plek vir jou daar wees nie.

En die slegste van als is dat daai vrou en haar dogters nou moet aangaan met hulle lewens met lidtekens van verraad vir die res van hulle lewens. Hoe moet hulle weer vertrou? Dit vat jare om te heel. 

Girls wie met sulke getroude listige mans jol, jy weet wat jy doen! Of vertel hy jou 'n liegstorie wat jy maak om te glo net vir die oomblik? Want die lus loop mos dik. Wie se jy is die enigste een? 

Trou met daai man nadat sy vrou in 'n heks ontaard het om te baklei vir wat hare is, en sussa sit jy maar lekker terug en wag, jou beurt kom, hy gaan dit weer doen! En boeta wie se sy gaan dit nie weer doen nie? 

Nee, oe ehe, aan al daai mense wie in daai versoeking kom en die versoeking kies, dink net vir 5 min voor jy overspel pleeg, wil jy al die bollie he? Of dink jy jy is slim en gaan nie uitgevang word nie? Dink net aan daai ander persoon, as jy nie lief is vir haar of hom nie, breek eers en maak dan soos jy smaak want daai seer kom nou nou terug na jou toe. Maar op daai stadium word daar mos nie veel gedink nie of mag ek maar se met wat daar gedink word? 

Ek praat nie dubbelsinnig nie, as jy mooi lees sal jy sien wat ek bedoel. 

My hart gaan uit vir die wie regtig onskuldig is . . .  been there never got the T-shirt! 

Vir die onskuldiges, jy sal dubbel beloon word, met 'n lewe vol liefde, soms vat dit net tyd soms nie. 

Ek sit weer vandag en praat met die keyboard en skerm, dalk wil julle nie sulke goed lees nie maar dis die werklikheid en dit gebeur, ek het lank lank gelede 'n hele boek oor so 'n oneindige rondomtalie verhaal geskryf, my eie, en toe op 'n goeie more als delete want ek wou. Dit was uit en oor en ek het in 'n nuwe era in beweeg en het dit nie meer nodig gehad nie. Jare se skryf en jare se trane met een knoppie weggevee . . . van daardie dag af het ek nie weer teruggekyk nie, maar stories soos die maak my warm onder die kraag en dan tik ek soos Speedy Conzales sonder om eers te proeflees. 

As daai duiwel oor jou skouer kom loer, druk jou vinger in sy oog! 

Ek se maar net. 

Iretha 


Ek moenie oordeel nie . . .

Vanmore was ek nie veel lus vir rondloop nie maar besluit toe maar om 'n draai te ry want Rosie was die vloere al om my en ek voel bietjie ini pad toe gaan koop ek maar goedjies om ietsie mooi te maak want as my hande besig is is ek mos ek.

Ek staan toe nog so in die scrap booking winkel ( ek moet julle net by se, dis een van die oulikste plekkies waar ek in 'n lang tyd was, netjies, skoon en die verskeidenheid is amazing) en gesels met die dame daar en ek vertel haar van my blog, ek mag myself mos adverteer, toe daar 'n vrou by die veiligheids hek kom staan en vra vir sterk gom. 

Sy het 'n stuk valcro in haar hand en se sy wil haar kar se 'glove box' toeplak met die valcro, eerste fronsie kom sit tussen my oe, toe vertel sy hoe sy haar 'pay' in die kar gaan toesluit het en dit toe gesteel is en nou is die kompartement heel stukkend en hang oop en 'n nuwe ene kos R6000.00. 

Shame man, dink ek, maar sy gaan aan asof die deur nou oop is en die binneste moet leeg, sy vertel, nogsteeds buite die veiligheidshek, dat sy haar man in sy m..r in gestuur het want die beskuldig haar dat sy die medies gebruik het vir haar ma hulle en nou kan hy nie sy oe toets nie maar hy het in 2010 sy brille stukkend geval toe hy weer gesuip was en nou is dit haar skuld dat hy nie kan oe toets nie, en sy het 2 weke gelede 'n histerktomie gehad en nou is hulle medies uitgeput en 'n ruk voor dit moes hulle haar maagklep vervang en sy moes weer van voor af leer eet en nou na die histerktomie moet sy weer leer loop en sy het nou net van die mall af geloop (10km of so dink ek by myself) maar sy beduie haar kar staan daar anderkant, en ek wonder of sy nou gaan vra vir geld, maar sy doen nie, en ons kry nie veel gese nie, my kop hol rond, wat op aarde? 

En so praat sy voort en ek en die vrou agter die toonbank kyk mekaar, toe sy ewe om verskoning vra dat sy ons verveel het met haar lewe en toe verdwyn sy weer. Ek vra vir die vrou, ken jy haar, die se nee. Net so uit die veld geslaan soos ek. 

Is daar nou 'n rede hoekom sulke mense net so voor ons inval en als uit basuin of is daar nie, my enigste opmerking was . . . ek kan net vir sulke mense bid. Wat het geword van self respek? Ek sou nooit oorvertel van my gesuipte man nie ek sou my dood skaam, waar het dinge so verkeerd gegaan dat sy alle selfrespek verloor het? Dis weird en ek wonder nogsteeds daaroor . . . 

Ek ry toe na die volgende plek toe om kraletjies te koop en ek dink aan die voorval, ek is skoon deurmekaar van verwarring. En daar voor die winkel sentrum sien ek nog so iemand wie ek lank gelede geken het en ek parkeer en ek bly sit. En ek dink, ek kan nie nog binne 10 min so 'n voorval hanteer nie en ek sluit die bakkie aan en ek ry huistoe. Sonder kraletjies. 

Nou voel ek meer deurmekaar, ek weet dinge gebeur soms met 'n rede, mense word op jou pad geplaas met 'n rede en die enigste rede kan wees dat ek moet weet ten spyte van ons hartseer en verliese is daar mense met ander probleme, dalk erger as ons eie. 

Ek sit en kyk vir my bekertjie en pieringkie, die ou kersie se vlammetjie wapper heen en weer in die winter wind van die binneste en ek weet, ten spyte van verliese en verlange is daar liefde in my lewe. 

Dankie vir die liefde in my bekertjie . . . 

Iretha 

Wednesday 7 August 2013

Geure

Ek sit in my kombuisie by die antieke tafeltjie met die doilie oor, wat ek jare terug gehekel het, en my neus gevul met Maroccan spices en kaneel patats borrel op die stoof. Ek kook vandag vir die eerste keer in die nuwe klei tangine en ek wonder of dit nou reg ruik. Ek wou lankal een van daai snaakse potte he en loop toe wraggies een raak hier in die dorp vir 'n weggee prys en ek moes hom eers voorberei voor ek hom kon gebruik. Week in water vir 'n uur, droogmaak, olie smeer en bak vir 2 ure en weer was en vandag kon ek hom inlyf. Kleipot allie pad van Marocco af! Ek was nog nie daar nie, dalk eendag. Ek kook graag vreemde goed, Lebanees, Chinees, Indies en dan eet ons dit op die boere manier ;-) 

En ek onthou my ouma se kombuis en die Aga met die groot pot water op die een plaat, die lekker geure wat darm uit daai stoof uit gekom het, ouma het mos als so in die oond gemaak, tot sop. Die boerbeskuit wat ons so in ons blikbekertjies gedoop het . . . my ma se kombuis, die lekker wildsvleis en soet kossies by . . . die vet skaaprip op die vuur as pa saans braai en die roosterkoek met die vyekonfyt soos net ma dit kon kook . . . 

Geure is seker een van die goeters wat die maklikste in ons koppe vassteek, en dan as jy dit weer ruik dan kom die onthou so aangehardloop en los ons met nostalgiese ou herinneringe.

En ek wonder of my vreemde kos in die oond nou dalk iemand in die straat laat onthou . . . Dalk ruik dit vir iemand na huiskos. Vir my is dit nuwe reuke en ek maak nuwe herinneringe, net jammer hier is niemand wie saam kan ruik nie . . .

Ek lees die ander dag dat die dat ek soms my ma hier by my ruik, Moondrops, en daar is nie Moondrops naby my huis nie, soms daai ou pienk Pears spuitgoed, so erg dat die reuk om my bly hang, dat Danie dit ook ruik, is dit nou sy wie dan kom kuier het? Hulle se die mense wie aanbeweeg het kom soms om ons te troos of om net naby ons te wees, en ek glo dit, ek voel dit en soms sien ek hulle. Toemaar dis nie scary nie. En blykbaar is dit die maklikste vir hulle om deur bekende reuke ons te laat weet hulle is hier. Op die oomblik dink ek dat as ek eendag moet terugkom met 'n geur dit seker maar deurmekaar gaan ruik soos ek op die oomblik nuwe geure skep, lol. 

En so van reuke gepraat, nou verlang ek na die lekker ruik in my lief se menswees, my neus in sy nek, ek ek steel altyd sulke diep teue van sy manwees en naskeermiddel en ek weet ek wil dit altyd ruik!  En ek verlang so tussen die kook en skryf deur, wens hy kon kom aansit vannaand. 

Maar die ewenaar skei ons weer vir 'n rukkie en dan gaan ek weer saam na my anderkant huis toe. 

Weetie wat ek alles vandag probeer se nie, seker maar dat ek verlang, verlang alweer na goeters ver weg van my af, goeters en dinge wat weer baie travel gaan vat om te ruik en sommiges wat ek nie maklik weer sal ruik nie. 

En ek vat so 'n ou slukkie uit my armans pieringkie uit, ek mag nie kla nie, ek se maar net . . . 

Maak maar daai neusgate vol lekker ruik en soet herinneringe, die lewe is 'n warboel en hoe weet ons hoeveel kanse ons nog het? 

Hoop julle eet ook vannaand met al julle sintuie . . . 

Liefde 

Iretha 



Monday 5 August 2013

Wat verby is is verby

Soms is ons so vinnig om te se, maar wat van . . . Se nou maar ek het liewer dit of dat gedoen . . . Of liewer niks gese nie . . . 

Outjies as daai oomblik verby is is hy verby, ek soek mos gereeld daai rewind knoppie, hy bestaan nie!!!

Laasnag le ek wakker en ek oordink my dinge en my lewe en als wat die laaste tyd met ons gebeur het en ek besef, dis nou verby, daar is nie 'n rewind knoppie nie en daar kom so 'n vrede oor my want as ek nou my hand kon inslaan en dinge probeer verander het soos ek dit graag sou wou he het ek dalk baie ander dinge vreeslik opgevoeter en vererger, toe maak ek maar my ogies toe en ek se dankie dat ek nie in beheer is nie . . . 

So die slotsom is, al wat in ons hande is is die vermoe om besluite behoorlik te oorweeg, woorde te tel of ons die dinge waar ons nie in beheer is nie maar te aanvaar en aan te gaan na die beste wat ons kan. 




Lekker warm aandjie v julle! 

Sunday 4 August 2013

My briefie van my man af . . .

Ek kry gister hierdie "comment' op my blog . . . nodeloos om te sê ek het weer die waterwerke oopgedraai nie, en julle sal my nie glo nie op daai tydstip toe die comment deurkom op my mail was ek besig om my suster te vertel hoekom ek so lief is vir hom, julle kan haar maar gaan vra . . .

Ek sê vir haar, jy weet, ek kan hom enige iets wat in my kop aangaan vertel, die glo in reinkarnasie, my gedagtes oor baie vreemde dinge waaroor ander stilbly, en hy luister en hy oordeel nie. Hy is nie jaloers nie, hy gun my om te lewe, hy laat my wees wie ek is, probeer my nie verander nie, aanvaar my soos ek is en gee my genoeg vryheid sodat ek kan kom en gaan soos ek wil, hy vertrou my en gum my my vriende, wie ook syne is.
Hy ondersteun my in my skryf en hy verstaan.
Ja, soms haak ons ook, maar ons kan daaroor praat, soms laat hy my wen in 'n argument, ek weet, en soms hou hy kop by stuk. Maar die ondersteuning sonder oordeel, die lewe deel, die moeilike tye wat ons saamstaan, die baie gesels as ons nie bymekaar is nie en sy neverending liefde wat hy elke dag wys al is hy soms stom van sy eie dinge soos werk en bekommernisse, of dalk net moerig, wys hy my oor en oor elke dag, dat hy lief is vir my.

En dan kry ek dit . . . hoe kan ek nie daai liefde beantwoord nie?

Mag ons nog baie jare daai 2 rye spore saam trap, deur dik en dun, altyd hand aan hand want ek weet nie of ek dit alleen sal kan doen nie . . .




Danie Botha19 hours ago - Shared publicly
Dis nou baie lank dat ek elke dag die blog lees. laat nie altyd weet ek het gelees nie. Lank gelede het die blogger geskryf van twee rye spore en dit het my laat dink.
Laat ek julle die storie vertel soos ek dit het.
Die ding van twee rye spore loop, loop mos nou saam met die sêding van daai lekker voggies " te veel daarvan en jy loop twee rye spore". Dit is seker waar en in my geval ook maar as gevolg van heel ander rede. dit begin toevllig ook in die kroeg daar waar daai voggies vekoop en gedrink word.
Die storie is soos volg.
Lank gelede sit ek mos toe op my ou gewone plekie in die kroeg lekker Saterdag middag en wag vir die rugby op Mnet.
So gesit en stap daar toe mos die wese die trappe op. Man so gesig het ek nog nooit gesien nie en verloor onmiddelik my kop raak oombklik lighoofdig (Die van die voggies nie) nee van die mooiste mens op dees aarde wat die trappe bestyg. wens ek kon die prentjie in my kop vir julle skilder maar dink met my skilder vernuf sal Picasso se kuns maar afgewater lyk. Nietemin ek is soos ek se deur die wind geklap skoon van my trollies af en net daar sê ek vir die vrou agter die kroeg. "Sien jy die mens, dit is my vrou ek gaan met haar trou" onmiddelik word ek amper van my stoeltjie afgeklap met die woorde " dit is my suster daai en sy is getroud" mens dit was soos yswater oor my hele wese. maar eks mos nie bang nie en dink by myself watch die space hier kom groot dinge.

Nouja om lang storie kort te maak.
Die dag loop ek toe ook uit die kroeg uit twee rye spore, met groot verskil.
Die tweede ry spore was van die mooiste mens op die aarde aan my sy. Ons loop vandag nog twee rye spore langs mekaar amper 21 jaar later.
Ons is nou die jaar Sepgtember 19 jaar gelukkig getroud (Ps. sy was toe nooit getroud die dag toe ek haar ontmoet het nie, maar dis ander storie).

Ek wil dankie se vir die blogger dat sy al die jare saam met my loop langs my nooit voor of agter nie maar langsmekaar hand aan hand.

En al verdoof een van ons se spore in jare om te kom weet ek die ander sal nog steeds so effen na die kant to stap in die paadjie sodat die ander een ook kan inpas lang mekaar.

Soms is ons nie saam in een dorp of land nie maar ons loop nogsteeds langmekaar 2 rye spore.

Liefling baie dankie var die jare verby al die ondersteuning, liefde, geduld, en bowenal die vriendskap.
Jy is my Maatjie, my Vrou, My Lover, my Steunpilaar, my ALLES.
Ek is oneindig lief vir jou. Ek mis jou.

Jip die wese is Iretha Botha ons geliefde Blogger.

Twee rye spore nou maak dit sin!!.
NS.
Hoe gelukkig kan man nou wees.
Ek kry toe mos so saam met haar die pragtigste dogter ook.
Sy was key in die hele affere. Maar sal dit vir die blogger los om te vertel soos net sy kan
 
Love u back foreverandeverandever!!!

Thursday 1 August 2013

Drome

Teen hierdie tyd weet julle almal ek is weird, sommiges dink ek is stapel gek, dalk anders of dalk nie bang om te weet ek is bietjie weird nie, maak nou nie saak nie, so ek skryf omdat ek bietjie dilly is en ek droom soos normale mense en ek dink dit maak my ook bietjie normaal ;-). 

So laasnag droom en van 'n engel in rooi met wit vlerke wie by my was, kleinerige engeltjie, ek wou aan die engel vat maar het toe nie om die een of ander onsigbare reel. Daarna droom ek dat ons 'n rooi battery charger koop wat soos 'n dinamo werk met 'n slingertjie. Nou kyk, ek weet nie hoe ander mense droom nie maar dis weird even vir my. Ek droom baie dat ek vreelike slim goed ontwerp.

Toe ek opstaan besluit ek om die drome te gaan ontleed. En hier kom dit: 

Die kleur rooi beteken wealth en prosperity.

Die battery charger wie so mooi vol gecharge was dat ek die kabels in die mooiste neon kleure kon sien gloei, beteken leadership en dat my energie weer reg gechannel is. Die drade was van optic fibre. Die battery wat ons dink sou pap word en ons met die charger wou laai beteken dat ek dalk 'n minor illness kan opdoen in die volgende paar dae. My niere pyn bietjie en ek sal dit sommer vandag uitsort. 

Daar is 7 Archangles se hulle, en Sammael is assosiated met die kleur rooi en assosiate victory, stamina, courage, leadership en passion. 

Nou as ek nou self so terug lees dan smaak dit my dat my ou energietjies weer in lyn kom en ek weer begin mens word. Of dit nou reg of verkeerd is om drome te ontsyfer weet ek nou nie, en ek gee ook nie vreeslik om nie. Hulle doen dit al van baie jare gelede af en ek gaan nou weer daai boekie langs my bed neersit en as ek gedroom het dit daarin neerskryf. 

Kyk ek kan drome droom wat die fliek makers voor sal betaal! Daar is niks verkeerd met my verbeeldingryke onderbewussyn nie. 

Die uitleg van die drome van gisteraand het my nou in 'n effens beter mood en ek hoop dit gaan vandag sommer voor die wind. 

Gister het ek en Minette bietjie gaan rondloop in die antieke winkels en toe koop ek vir haar 'n locket om iets van Leandri in te sit en om haar nek te dra soos sy so graag wil. Net om iets van sussie by haar te kan hou. Sy is so opgewonde en se vir my, " ma die locket praat met my" en sy kan hom nie uitlos nie. Al is dit sulke klein dingetjies wat mens laat beter voel, soos lockets en drome dan maak ons daarvan gebruik. 

Outjies vat maar daai happy goedjies en hang hulle aan, dis tog immers wat jou laat beter voel wat saak maak, en as ander mense jou daaroor wil veroordeel, stuur hulle warm plek toe. Dis jou lewe, jou geluk en jou hartseer en jou manier van cope. Laat die wie oordeel hulle self eers gaan ondersoek voor hulle 'n klip naby hulle eie glashuisie in die lug op gooi. 

Lovies

Ekke