Translate

Sunday 4 August 2013

My briefie van my man af . . .

Ek kry gister hierdie "comment' op my blog . . . nodeloos om te sê ek het weer die waterwerke oopgedraai nie, en julle sal my nie glo nie op daai tydstip toe die comment deurkom op my mail was ek besig om my suster te vertel hoekom ek so lief is vir hom, julle kan haar maar gaan vra . . .

Ek sê vir haar, jy weet, ek kan hom enige iets wat in my kop aangaan vertel, die glo in reinkarnasie, my gedagtes oor baie vreemde dinge waaroor ander stilbly, en hy luister en hy oordeel nie. Hy is nie jaloers nie, hy gun my om te lewe, hy laat my wees wie ek is, probeer my nie verander nie, aanvaar my soos ek is en gee my genoeg vryheid sodat ek kan kom en gaan soos ek wil, hy vertrou my en gum my my vriende, wie ook syne is.
Hy ondersteun my in my skryf en hy verstaan.
Ja, soms haak ons ook, maar ons kan daaroor praat, soms laat hy my wen in 'n argument, ek weet, en soms hou hy kop by stuk. Maar die ondersteuning sonder oordeel, die lewe deel, die moeilike tye wat ons saamstaan, die baie gesels as ons nie bymekaar is nie en sy neverending liefde wat hy elke dag wys al is hy soms stom van sy eie dinge soos werk en bekommernisse, of dalk net moerig, wys hy my oor en oor elke dag, dat hy lief is vir my.

En dan kry ek dit . . . hoe kan ek nie daai liefde beantwoord nie?

Mag ons nog baie jare daai 2 rye spore saam trap, deur dik en dun, altyd hand aan hand want ek weet nie of ek dit alleen sal kan doen nie . . .




Danie Botha19 hours ago - Shared publicly
Dis nou baie lank dat ek elke dag die blog lees. laat nie altyd weet ek het gelees nie. Lank gelede het die blogger geskryf van twee rye spore en dit het my laat dink.
Laat ek julle die storie vertel soos ek dit het.
Die ding van twee rye spore loop, loop mos nou saam met die sêding van daai lekker voggies " te veel daarvan en jy loop twee rye spore". Dit is seker waar en in my geval ook maar as gevolg van heel ander rede. dit begin toevllig ook in die kroeg daar waar daai voggies vekoop en gedrink word.
Die storie is soos volg.
Lank gelede sit ek mos toe op my ou gewone plekie in die kroeg lekker Saterdag middag en wag vir die rugby op Mnet.
So gesit en stap daar toe mos die wese die trappe op. Man so gesig het ek nog nooit gesien nie en verloor onmiddelik my kop raak oombklik lighoofdig (Die van die voggies nie) nee van die mooiste mens op dees aarde wat die trappe bestyg. wens ek kon die prentjie in my kop vir julle skilder maar dink met my skilder vernuf sal Picasso se kuns maar afgewater lyk. Nietemin ek is soos ek se deur die wind geklap skoon van my trollies af en net daar sê ek vir die vrou agter die kroeg. "Sien jy die mens, dit is my vrou ek gaan met haar trou" onmiddelik word ek amper van my stoeltjie afgeklap met die woorde " dit is my suster daai en sy is getroud" mens dit was soos yswater oor my hele wese. maar eks mos nie bang nie en dink by myself watch die space hier kom groot dinge.

Nouja om lang storie kort te maak.
Die dag loop ek toe ook uit die kroeg uit twee rye spore, met groot verskil.
Die tweede ry spore was van die mooiste mens op die aarde aan my sy. Ons loop vandag nog twee rye spore langs mekaar amper 21 jaar later.
Ons is nou die jaar Sepgtember 19 jaar gelukkig getroud (Ps. sy was toe nooit getroud die dag toe ek haar ontmoet het nie, maar dis ander storie).

Ek wil dankie se vir die blogger dat sy al die jare saam met my loop langs my nooit voor of agter nie maar langsmekaar hand aan hand.

En al verdoof een van ons se spore in jare om te kom weet ek die ander sal nog steeds so effen na die kant to stap in die paadjie sodat die ander een ook kan inpas lang mekaar.

Soms is ons nie saam in een dorp of land nie maar ons loop nogsteeds langmekaar 2 rye spore.

Liefling baie dankie var die jare verby al die ondersteuning, liefde, geduld, en bowenal die vriendskap.
Jy is my Maatjie, my Vrou, My Lover, my Steunpilaar, my ALLES.
Ek is oneindig lief vir jou. Ek mis jou.

Jip die wese is Iretha Botha ons geliefde Blogger.

Twee rye spore nou maak dit sin!!.
NS.
Hoe gelukkig kan man nou wees.
Ek kry toe mos so saam met haar die pragtigste dogter ook.
Sy was key in die hele affere. Maar sal dit vir die blogger los om te vertel soos net sy kan
 
Love u back foreverandeverandever!!!

No comments:

Post a Comment