Translate

Tuesday 30 September 2014

Lig daai spirit

Het jy al agtergekom hoe jy suur mense met jou stemtoon kan draai?

Ek bel vanmore 'n redelike trae ou met so-'n-trae-manier -van-praaaat, en ek sê vir hom, good morning, how are you this morning, met my beste opgewekste stemmetjie en hy trek weg en babbel vrolik voort.

Die ander dag praat ek met so 'n teemirige tannie wie vreeslik staaadig praat en toe ek weer bel sê ek vir haar, môre môre tannie, wat 'n lieflike dag! En wraggies, nog stadig maar met baie meer spoed kom die, Hi, Iretha, ja dit is nogal 'n lieflike dag. Whaau! 

So my vrolikheid is aansteeklik oor die foon, vandag moet ek dorp toe en gaan dit oral probeer! Ek gaan 'n paar mense op vrolik vandag. 

Kom ons almal doen dit en lig bietjie hierdie Dinsdag se spirit.

Ek moet sê dit lig nogal my bedrukte wag-nogsteeds-vir-my-paspoort spirit ook.

Mag julle almal 'n uitmuntende daggie hê!

Mwah

Iretha

Tuesday 23 September 2014

Skelm loertjie in my huisie hier in SA

More ewenaar vriende, duskant en anner kant, 

Ek sit 'ge-trap' hier in SA, agv my paspoort aansoek wat om die een of ander rede vreeslik lank vat, en elke dag as ek nou klaar gebel en gestress het daaroor, dan speel ek ini huis, die strate maak my op.

Ek en die elektriese boor en die hammer en skriewe en spykers is nou weer hernude kennisse.

Ek het besluit om ons ou plekkie hier 'n Bohemian look te gee en tot dusver speel ek net met die goedjies wat ek het, het nog minimaal gekoop, en die verf sessie stel ek nog uit . . . Dink dis te permanent om dit te waag voor ek 100% seker is. 

Hier is 'n paar fotos . . . 




'n Serpie en my favourite boeke op 'n hopie op die heater (om hom weg te steek) getooi met my krale en 'n kers . . . dit was die eerste stappie . . . 





Toe maak ek die spierwit oorgetrekte bed bietjie vrolik met nog lappe . . .




Oulike juwele kassie wat op my gespring het by Sotran Meubels . . .

Toe koop ek sommer 2!


Love hulle, want ek het mos baie goetertjies om daarin te pak . . .

Gister, hang ek toe die antieke handdoekrak wat in my pad staan teen die kaal muur langs Johnny, Johnny is die kameelperd wie ons van Okahandja af gevolg het, 1000 km ver het sy kop by die venster uit gesteek en vir baie vermaak gesorg.


Intussen speel ek verder, gaan vandag kleurville serpe soek om aan mekaar te stik vir die nuwe kombuis gordyne, die wat nou daar is is bietjie vaal van die skerp oggend son . . . 



Dis nou nie eintlik kombuis gordyne nie maar doen die ding en skep so 'n ouma gevoel, ek is mos 'n ouma. 

Dalk as ek weer die bevlieging kry sal ek die res met julle deel. 

Dis nou hoe ek ons klein 'granny flat' in ons eie huis se agterplaas toor om karakter in 'n klein plekkie te kry, en raai wat, my man is mal daaroor! 

Julle moet dit ervaar om te kan waardeer, die lekker gevoel het noggie naam nie, ek word soggens wakker en voel of ek deel van 'n uitstalling is, lmga.

Tot volgende keer.


Iretha 

Wednesday 10 September 2014

Na 20 jaar

Gister was ons 20 ste jaar van getroud wees.

Op daai Vrydag 20 jaar gelede het ek jou 2 maal getrou, eenkeer ini hof en een keer ini kerk voor God. Daar het ek met gesmeerde makeup ja gesê, (weer trou was nie op my agenda nie, nie na wat ek deur was nie, ek wou myself en my kind beskerm teen nog seer en teleurstelling, maar jy het aangehou en aangehou tot ek ingegee het) en toe sê ek 2 keer ja op een dag. Ja vir jou, ja vir botter en vir wors. 

Wors het gekom en botter het weer beter kom maak en so met botter en wors is ons nou al 20 jaar saam. En ek dink dis die dat ons nie verwagtinge vir die huwelik stel nie dat ons so ver gekom het. Ons verwag nie dat dinge moet wees nie, dit is net, ons verwag nie veel van mekaar nie, net liefde en vertroue. Ons stel nie vereistes nie, ons is net. Want ons is mos net ons, ons is mos net gelukkig, ons is mos net vir mekaar. Ons trek in dieselle rigting, sonder om te veel te dink. Ons vul mekaar aan en gee raad oor en weer sonder om af te breek, ons bou mekaar ons hande altyd inmekeer. 

Dis maklik saam met jou, al was die wors tye behoorlike wors tye. Die botter tye dan maar altyd weer beter en beter. 

Daar is seker 'n resep vir gelukkig wees maar as ek nou moet gaan sit en dink wat dit is gaan dit nou skoor soek wees, so tussen my en my annerhelfte doen ons maar net die ding. Maar ek moet vandag vir hom sê, as dit nie vir sy toewyding en liefde vir my was nie sou dit nie kon wees nie en anders om. 

Ek wil dankie sê, dankie vir my kans vir geluk en dankie vir jou. My hart is vol. Ek is gelukkig want ek wil wees, die reuk van die 20 rooi rose in die vaas in my neusgate! Jy is die beste. Jy is my beste mater my vertroueling. Jy hou nie boek van die kwaad nie en jy is liewer vir my floors as vir my goed. Ek is lief vir jou met nukke en al, sonder dit sou jy mos nie jy gewees het nie. 

Ek is trots op jou, jy maak my lewe vol.

Ek het vir jou daai kombi bus gekoop as simbool van ons travels saam, ons lewe saam, 'n regte hippie kombi bus, om jou aan my free spirit te herinner en te sê, ek loop saam met jou, ek rys saam met jou ek leef saam met jou, my hart klop vir jou. Want ek wil en ek sal.

Ek klink nog 'n glasie borrels op ons, in die lewe en in die wat nog kom.

Love you lotz my lief.

Ek