Translate

Wednesday 26 February 2014

Die bul by die horings pak . . .

Dit het gisteraand sommer so uit die bloute (of is dit uit die donkerte) begin reën. Ons het opgespring en die reën gaan staan en bewonder en gekyk of die nuwe varanda nie lek nie. Ons ou varanda is nou weg en het plek gemaak vir 'n nuwe fancy dak met deursigtige plate, die huis is sommer nou ligter binne.
Die donderweer was 'n salige geluid, 'n teken dat die stof nou afgewas is en die grassies sommer baie groener is vanmore. As kind het ek altyd aan die donderweer gedink as groot groot lakens wat uitgeskud word . . .
Ek het die carpenter hier gehad hy gaan vir ons lekker stoele maak soos daar by Tiger Reef in Swakopmund.
Die stukkies lapwerkies van ons wees en ons lekker goed onthou waarmee ons onself maar hier omring  om die vreemdgeit van die plek na lekker tye kan vernader. Dis nie eintlik meer vreemd nie, ek gaan nou al vir my derde jaar aan die anderkant. Dis mos nou huis hier en ons skep maar ons eie identiteit so met die mooi goetertjies wat ons versamel. Wat ons aandra en dan die odd goetjies van hier wat ons versamel om eendag saam te vat huistoe en weer die onthou van die jare aan die anderkant te kan onthou.
My werks kamer waar ek skryf en naalwerkies doen, verf die dae wat ek lus kry en baie van my oggende deurbring is vandag vir my deurmekaar, die groot mandjie vol wol staan in die hoek, ek het nog nie weer die wol lus gekry nie, die lap op die bed wat ek elkedag kyk, waarmee ek wil bont broeke maak vir die jaar se hummmm konsert. Raampies wat ek gegom het met yantras in vir my hoekie in die gang, ou tydskrifte op die tafel langs my rekenaar, naaldwerk masjiene hekelgaring en krale, en ek dink ek moet soos die reën maak en bietjie skoonmaak en wegpak en regpak, maar dit word ook 'n hele dag se werk.
Gister kom Danie by die huis vir middagete en hy sê hy is ook nou lus om op pensioen te wees en ek voel sleg omdat ek so lekker my eie tyd elke dag beplan. Ek is bietjie pap en af die laaste paar dae, die maag pla nog steeds van tyd tot tyd, nou al van Januarie maand af, en ek weet ek moet myself oplig en weer lewe toon, weer die ou self wees maar dis moeilik en ek weet ek kan, die antibiotika begin nou werk en ek maak myself soggens mooi, makeup en als. As ek goed lyk voel ek ook sommer beter. Maar die oorheersende gevoel van net gaan lê en slaap wil wil nog die oorhand kry.
So vandag is dit ek en die werks kamer . . . as ek so in die middel deur met 'n nuwe projek begin sal dit nou nie snaaks wees nie.
Ek het lekker skaap vleis uitgehaal en gaan 'n lekker stew maak met baie groente in vir middagete.
Maar eers gaan ek en Shiela bietjie tee drink op die stoep en soos ek nou na die hele affêre kyk gaan die werkskamer lê tot namiddag.
As jy jouself met my kan vereenselwig, dan verstaan ons mekaar . . .
Ons word ouer ons doen dinge anders en ons het so baie om te doen en wat ons wil doen en dan kom daar ander gedagtes op oor goed wat jy tussendeur ook wil doen en en en, en dan vannaand as die son sak, dan sê jy vir jouself, more is nog 'n dag . . .
So mens doen gewoonlik die lekker dinge eerste en tob oor die ander, nou vandag gaan ek die nie so lekker jobpie eerste doen en dan more die lekkerder enes . . . jip, dis die plan, dit maak beter sin.

Begin die dag deur eers die struikel blokke te tackle en dan die lekker dinge te doen. As daar 'n taak op jou lessenaar lê en wag waarvoor jy voel jy nie die krag het nie, staan op, gaan maak 'n koppie koffie, kom sit en gryp die bul by die horings. As daai file eers van jou tafel af is gaan die res van die dag soos 'n Vrydag middag voel.

Lekker werk my vrinne.

Ewenaargroete

Iretha

Tuesday 25 February 2014

Man maak 'n plan . . .

Met tye wanneer ons deur die dorp ry, hier deur die anderkantste huisie se dorp, dan bekyk ek mos nou maar die opset so deur die kar se toe venster, die bokkies die kinders die mense die huise en hoe hulle leef en woon, en dan is daar altyd die paar huise in 'n straat waar die helfte van die voorstoep opgebou is en met wit teëls uitgelê is. Sommige lyk soos 'n vlak bad, ander is opgebou soms tot so heup hoogte.

Die klein dwerg bokkies wat hulle as troeteldiere aanhou lê gewoonlik dan op die koel wit teëls maar nooit sien jy mense daar sit of staan nie.

Toe kry die nuuskierigheid die oorhand en ek vra die drywer wat dan nou die doel van die geteëlde gedeeltes is.

Hy kom toe met die verduideliking voorendag;

Ouers bou huise vir hulle kinders en nageslagte, daar woon almal dan saam en die ouers laat dan die huis in hulle boedels na aan hulle families. Gewoonlik mos nou 'n pa of oupa of wat ook al. Maar die kinders en vrouens wie agterbly nadat die eienaar van die huis sterf, soek gewoonlik net geld, en dan verkoop hulle die huise en stry oor die geld en spat uitmekaar om nooit weer bymekaar uit te kom nie.
Nou, daai ding op die stoep, is die huiseienaar se graf . . . dis al vir jare lank die gewoonte. Almal behalwe die eienaar van die familie huis word in die begrafplaas begrawe, maar die eienaar word daar op die voorstoep ingespit en mooi netjies ingemessel en geteël.
Wie sal nou 'n huis koop met 'n graf op die voorstoep reg by die voordeur? So op die manier verseker hulle dat die huis in die familie bly en dat almal 'n 'huis' het waar heen hulle kan gaan.

Nou as dit nou nie baie slim is nie weet ek nie so mooi nie. Briljant.

Ewenaar groete,

Iretha