Translate

Monday 23 June 2014

Huisplante . . .

Dis nou 'n geruime tyd dat ek niks hier geskryf het nie, elke keer as ek kom sit om te skryf dan stop my vingers op die key board. Nie omdat ek niks het om te sê nie maar omdat ek nie dit wat im my kop is wou neerpen nie.

Sien ek is op hierdie misie waar ek net positief en energiek probeer wees en dan kry ek hierdie oomblikke van - "WTF...... kan almal nie ophou en julle oë oopmaak nie?!" kan almal nie net ophou "K" en kerm nie? Klim van julle asses af en "be the difference you want"!!

Aaaag ek is mos maar siek en kan nie dit of dat doen nie! Jy sal siek wees solank as jy wil my tannie! Solank jy so dink en so voel, change your mind en lig daai boude!
Jy weet ons kry mos maar swaar, en kan nie A of B nie . . . jou kop sê vir jou om jouself te bejammer en dan sal dit so wees! Change your mind en lig jou boude!
Die lewe is so onregverdig . . . hy sal so bly as jy dit so geniet in jou smart my vriend!
 . . . . . en so kan ek heeldag sit en snert uitdink wat ek die laaste ruk gehoor het, ek wil skree -

Be the change, doen iets, en as jy te lui is, sit op jou gat en dink jouself weer positief! Jy lyk soos 'n verlepte huisplant wie nie die reëntjies en dou buite kan vang nie en die sonlig ontneem word en die wind nie die stof van jou blare af kan waai nie . . . en jou enigste genade is as die huisvrou jou bietjie lawe met water en jou afstof . . . of sy besluit jy is nie meer mooi genoeg nie, en jou in die asblik chuck!

Raai wat, jy is nie 'n huisplant nie, jy hang nie af van ander se genade nie, sit daar op jou boude en verbeel jou jy voel die lekker sonlig op jou gesig, die windjie in jou hare, die reëndruppeltjies op jou gesig . . . voel jou hartklop, jy lewe nou, vandag, hier.

Hou op om die lewe, en die mense, en die misdaad en wie ook al, te blameer vir jou situasie, jy is die meester van jou heil.

Vir my maats wie verstaan wat ek sê, deel dit met ander sodat ons meer huisplante buite in die natuur geplant kan kry ;-)

Sorry vir die raas maar nou is die ook uit my sisteem uit.

Ewenaar groete.