Translate

Wednesday 29 January 2014

I get lost inside my mind . . .




I get lost inside my mind . . . not really, lost is like, uhm, you don't know where you are or how to find your way back . . . or somthing that can not be found . . . true? 

"When I am lost inside my mind", I'm actually home.

Omdat julle lank nie van my gehoor het nie beteken nie ek was weg nie, net bietjie ver. Ons het lekker herinneringe gaan bou in Namibia, goeie tye saam met vriende en famielie deurgebring en daai oorweldigende gevoel van 'ons moet huistoe' gaan stil gemaak. Ons het selfs tyd gemaak om weer soos in die ou dae saam met ons ou vriende te gaan kamp, julle is almal dorings! 

Ek is verreik, ek is vol nuwe krag, tenspyte van die maagding wat my so leeggetap het van my fisieke energie. Die kop is skoon en ek kan weer lekker gorrel. 

Vanmore kry ek weer geleentheid om bietjie stil te wees en daar byt die skryf gogga my weer hier aan my hakskene, dis net een dingetjie soos 'n eenvoudige sinnetjie soos hier bo wat my sneller trek en daar loop die kop weer. En soos julle my ken, as ek dink dan gorrel my vingers op die keyboard . . . I'm not lost in my mind, I'm home, I'm me. 

More is dit terug na die anderkant toe, Vrydag, as dit die Skepper se wil is, sal ons weer by ons ver huisie wees, die ou bekende-vreemde wat huis geword het. Dan leef die liefdes in my lewe weer voort hier in my kop en binneste tot ek hulle weer teen my kan vasdruk. Darm het ons mekaar (dis nou ek en Danie) daar anderkant, en dit maak so baie saak. Wie weet wat more bring, die more wat ons so van selfsprekend aanvaar, het my al soveel keer kom verras met dinge wat ons nie graag oor praat nie en nie eens aan wil dink nie, daarom vat ek maar my geleenthede en my tyd soos dit kom en maak die beste van elke dag, soms le ek saans en wonder wat ek nou eintlik vandag bereik het en dan weet ek ek het elke dag die lewe ervaar, die lewe geleef, lief gehe, gegroei, gedeel en my stempeltjie afgedruk, maak nie saak hoe klein daai ou stempeltjie was nie, ek druk hom elke dag iewers af. 

Hierdie jaar gaan ek bietjie die self verryking ding doen en vir 'n kursus inskryf, kannie wag nie. 

Die van julle wie die kant van die ewenaar bly, moenie bang wees om jou ding te doen nie, en die van julle wie aan die anderkat bly, dis 'n opoffering maar nie 'n stryd nie, dis 'n keuse wat ons gemaak het, dis 'n ondervinding, leer daaruit en maak dit jou ervaring, min mense sien en beleef wat ons doen, ons het die geleentheid gekry met ander ogies na die lewe en die dinge van die lewe te kyk, moenie dit onmsit en verspeel nie.  Maak die beste daarvan. Staan jou maat by en ondersteun mekaar. Eendag as die expat lewe weer verruil word vir die normale in ons "home country" gaan ons weer moet aanpas en ek hoop dat die dingetjies wat ons nou so waardeer van die duskant nie weer as vanselfsprekend sal word nie.

Ek gorrel weer nadat ons oor die ewenaar gereis het. 

Mooi loop.

Iretha