Translate

Wednesday 26 March 2014

Ewenaar emosies

Eloooooda,

Ja ek is baie stil, soms wonder ek myself . . .

Daar is nou weer 2 slapies oor voor ek weer oor die ewenaar gaan vlieg. Ek spandeer nou al die laaste paar dae in 'n hotelkamer in Lagos, sonder internet, net met my kindle en die TV. (Dankie vir die internet stokkie, Danie) Die TV bestaan uit 1 gewone movie kanaal, 1 African movie, 1 Nuus en Supersport kanaal.

Ek loop soms rond maar met die brandstof tekorte hier, is dit nou ook nie wys nie, die karre staan baie lang rye en wag ure vir bietjie brandstof.

Sondag was ons saam met van die expats hier na die beach house op 'n eiland. Dis so 'n halfuur se ry met 'n bootjie tot daar, pragtig, maar hel warm. Afrika hou aan om my asem weg te slaan!
Ons het afskeid geneem van 'n gesin wie aanbeweeg na die volgende Afrika staat toe, Uganda. Hulle is baie opgewonde maar in dieselfde sin ook sad om te gaan.

Dis die emosies van die lewe wat ons lewe as expats, wat dit vir die ander in ons 'home countries' so moeilik maak om te verstaan.

Dis die lekker, die frustrasies soms, dis die onophoudelike hitte, die klaarkom met wat jy hier het en kan kry, en die skatte wat ons hier raakloop. Die vriendskapsbande wat ons aanknoop en die stiltetyd wat so mildelik tot ons beskikking is. Dis die awe van 'wat de hel, hoe dink die mense' tot die aaaah dit maak sin.
Dis die mengelmoes van wees en is, dis spesiaal, om al die goed in 'n uur te kan ervaar, daar gaan nie 'n dag verby wat nie deur een of ander ding geraak word nie. Dis groei, dis avontuur, dis lewe. Dis herinneringe op hopies skraap . . .

Geen wonder van die expats sĂȘ hulle gaan nooit weer soos die ander in die 'home country' kan leef nie, eenmaal 'n expat, altyd ene.

So as julle wonder wat van my geword het . . . ek is besig om te lewe, besig om mens te wees, besig om te groei, besig met my boek wat net nooit wil klaarkom nie, dalk eendag . . .

Tot volgende keer

Iretha



Monday 3 March 2014

My Mantra

What if you are your thoughts?

What if your thoughts are who you are?

What if this is reality?

This is reality . . .

My personal mantra:

I want perfect health. I am in perfect health, I like being in perfect health, I enjoy feeling good, I am happy in my healthy body.

I set all negative past experiences free, I am free of all negativity.

I want to be successful on my path, I am going to be successful with my work.

I want to attract those who are in harmony with me, I am attracting those who are in harmony with me and have the same visions as me.

I set my inner child free to fill my being with joy, and laughter.

I am a happy joyous being.

I want prosperity in my life, prosperity are part of my life, I am prosperous.

I want to continuously grow in being what I want to be. I am growing continuously.

I am thinking only positive thoughts, I am a positive thinker.

I am a positive free happy healthy prosperous joyful being growing constantly . . . I am connected to my inner being.

Ek skryf vandag in Engels want die gedagtes kom in Engels . . . dit is regtig my persoonlike mantra en ek skaaf en skryf gereeld aan hom en ek herhaal dit gedurig aan myself met 'n lekker gevoel van opgewondenheid in my binneste.

Jay!!! Dis hoe ek voel, Jay, die lewe is 'n lied wat gesing moet word en ons kan maar net die beste daarvan maak. Volgende rondte is ons slimmer en beter toegerus . . .

Love ya all . . .

Iretha