Translate

Wednesday 26 March 2014

Ewenaar emosies

Eloooooda,

Ja ek is baie stil, soms wonder ek myself . . .

Daar is nou weer 2 slapies oor voor ek weer oor die ewenaar gaan vlieg. Ek spandeer nou al die laaste paar dae in 'n hotelkamer in Lagos, sonder internet, net met my kindle en die TV. (Dankie vir die internet stokkie, Danie) Die TV bestaan uit 1 gewone movie kanaal, 1 African movie, 1 Nuus en Supersport kanaal.

Ek loop soms rond maar met die brandstof tekorte hier, is dit nou ook nie wys nie, die karre staan baie lang rye en wag ure vir bietjie brandstof.

Sondag was ons saam met van die expats hier na die beach house op 'n eiland. Dis so 'n halfuur se ry met 'n bootjie tot daar, pragtig, maar hel warm. Afrika hou aan om my asem weg te slaan!
Ons het afskeid geneem van 'n gesin wie aanbeweeg na die volgende Afrika staat toe, Uganda. Hulle is baie opgewonde maar in dieselfde sin ook sad om te gaan.

Dis die emosies van die lewe wat ons lewe as expats, wat dit vir die ander in ons 'home countries' so moeilik maak om te verstaan.

Dis die lekker, die frustrasies soms, dis die onophoudelike hitte, die klaarkom met wat jy hier het en kan kry, en die skatte wat ons hier raakloop. Die vriendskapsbande wat ons aanknoop en die stiltetyd wat so mildelik tot ons beskikking is. Dis die awe van 'wat de hel, hoe dink die mense' tot die aaaah dit maak sin.
Dis die mengelmoes van wees en is, dis spesiaal, om al die goed in 'n uur te kan ervaar, daar gaan nie 'n dag verby wat nie deur een of ander ding geraak word nie. Dis groei, dis avontuur, dis lewe. Dis herinneringe op hopies skraap . . .

Geen wonder van die expats sê hulle gaan nooit weer soos die ander in die 'home country' kan leef nie, eenmaal 'n expat, altyd ene.

So as julle wonder wat van my geword het . . . ek is besig om te lewe, besig om mens te wees, besig om te groei, besig met my boek wat net nooit wil klaarkom nie, dalk eendag . . .

Tot volgende keer

Iretha



No comments:

Post a Comment