Translate

Monday 17 November 2014

Tong-ini-kies-tiptoe-bravery-en-self love . . .

'Bravery' kom in baie verskillende maniere, die brawe held kom ons sê sommer Wolraad Woltemade wie op sy perd gespring het, en mense uit die storm see gered het, en toe verdrink hy en sy arme perd,  Rageltjie de Beer wie haar boetie in die miershoop ingegrawe het en self verkluim het, maar dis nie braafheid waaroor ek wil praat nie.

Ek wil praat oor braaf wees op 'n heel ander manier. 

Dalk een van my ou onderwerpe, maar hier kom hy. 

Braaf is om daai 'fit in mask' af te haal en jou eie persoonlikheid en mens wees te laat skyn. Dit kan dalk 'n sommige mense se oë 'n dom besluit wees, mense mag nie daarvan hou nie, hulle mag agter jou rug praat, hulle mag selfs staar of jou die koue skouer gee, want jy pas dan nou nie so lekker in nie.

Te .... met inpas, dit sal jaloesie wees vir jou brawe 'move' om te wees wat jy is en hulle is te bang om so te wees, te bang vir verwerping, te bang om nie meer deel van die 'crowd' te wees nie . . .

Maak jou eie 'crowd', maak jou eie groep van vriende wie nie voorgee om 'in' te wees nie, stres loos, gelukkige mense. Dit skep die geleentheid om 'n dieper konneksie met jouself en ander te maak. Dit vat regte egte 'bravery' om nie 'cool' te brobeer wees nie. Maar natuurlik dink ek ek is 'cool' op my manier. So word jy dan 'n onsigbare magneet vwat ander die 'guts' gee om ook hulself in hul eie 'uncool' manier te wees. Dit is verseker 'n manier om dalk bietjie eensaamheid te bring maar 'n sekerder manier om opregte mense in jou nuwe kring in te bring. 

Ek voel dat as ek vir iemand 'n kompliment gee is dit regtig opreg bedoel, so as ek v jou sê jy lyk mooi vandag dan het jy my woord dat jy regtig vandag mooi lyk in my oë, en ek gee nie om wat ander mense sien nie. My sien is my realiteit. Dis vir my opreg, want dit kom reguit uit my hart uit. Dis die soort mense wie in my lewe is, en as dit nie so is nie, dit is wat my oë sien, so dis my realiteit. En dan daardie onbeskaamde woorde, as jy nie opreg is nie en jy bars my bubble is jy uit nie ek nie. 

Dan is daar daai een ander ding, jy lees dit baie, hoor dit baie maar die dag as dit insink, mater, dan weet jy dit. Net jammer dit vat gewoonlik jare om by te kom.

Hulle noem dit 'SELF LOVE'

Om lief te wees vir jouself, (iets wat ons ons kinders moet leer, van kleins af al) jou liggaan en wie jy is, is nie die verwaande eie ek wie se, uhm, nie stink nie, lol, nee ek praat van die aanvaarding van dis my lyf waarin my siel woon en dis die waarvoor ons moet lief wees, knoppe, walletjies, kolletjies en als. Ons is nooit tevrede met ons voorkoms nie, want jy loop en vergelyk jouself mos heeldag met ander en veral daai perfekte lyfies van die winkel poppe en dan praat ek nie eens van die ge-photoshop-te modelle in ons tydskrifte nie. 

Vandag moet ek bieg, dit het my 47 jaar gevat om wakker te raak. Ek kyk vir myself en ek dink, ek is mooi, ek is so spesiaal. Ek is nie dieselfde as enige iemand anders nie. En ek besef ek wil nie wees nie. Ek is geseënd om iemand te hê wie lief is vir my net soos ek is. Dankie daarvoor. En ek is lief vir myself.
Dis moeilik om dit in woorde om te sit, ons dink altyd ons maats sal gaan soek vir 'n beter jonger model wie minder 'bakwerk' (soos in panelbeating) nodig sal hê, maar as jy jou liggaam dra met trots en met selfversekering en tevredenheid sal jy net so mooi vir die ander in jou lewe wees. 

Kyk vandag met ander oë na jouself in die spieël, en ek sê nie gaan staan en herhaal 20 keer, ek is mooi nie, kyk net mooi, jy sal deur die self afbrekende kretiek kan sien. Jy is pragtig my maat, want as ek is, is jy ook, en as jy besonders geseënd is met uitsonderlike gelaats trekke en kurwes, good for you, werk aan jou persoonlikheid.

Oeps, en ek gaan nie daai laaste opmerking delete nie want ek praat vandag met die van ons wie soos ek is. 

So my liewe vriende, as jy deur jou tekortkominge ( in jou oë) kan sien en leer om lief te wees vir wat jy het, het jy als. 

En ek wuif julle koebaai vir nou.

Die mooiste groete van die ander kant af.

Mwah

Iretha

PS

Kom ons wees soos die mense van Rosetta, ons werk deur die dag, siesta as ons kan, en na werk spandeer ons tyd saam met ons beste vriende, drink 'n glasie, eet lekker kos en kry genoeg rus deur die nag, dis medesyne vir die liggaam en siel, en 'n gesonde siel huisves 'n gesonde liggaam.