Translate

Monday 28 October 2013

Vrede

Ek wil julle vandag van my vrede vertel, ek was mos die naweek by die Soulspace Festival, en ek het nie 'n nuwe uitkyk op die lewe nie, dis net bevestig wie en wat ek is. Die dinge wat hier binne my aangaan is werklik, ek is nie weird nie, ek is ek, ek is spesiaal, soos elke ander God geskape mens. 
Almal van julle is spesiaal. Elkeen met sy eie geskenk, afdruk, gift, noem dit wat jy wil. 

JY IS SPESIAAL! 

JY IS UNIEK! 

JY MOET DIT MET DIE WERELD DEEL ANDERS DEEL DIE WERELD NIKS MET JOU NIE.

Maak jou oop vir die goedheid in jou, straal dit uit, deel dit uit.

Wees wie jy is, nie wat die samelewing jou dwing om te wees nie. 

Dis vrede ouens dis vrede. Dis heelwees, dis menswees. Dis liefde vir als en almal om jou. 

Dis die antwoord om geliefd te wees en om lief te he, onvoorwaardelik in jou hele bestaan. 

.

Love yourself, love others, maak jou liefde uitvloei na die universe en soos 'n ripple in die water sal daai energie en vibrasies terug kom na jou toe. 

Wees kalm, wees vol vrede, as jy nie kan aanvaar waar en wat jy nou is nie en nie gelukkig is nie, maak 'n plan. 

Vrede vir julle op hierdie lieflike dag. 

Iretha

Thursday 24 October 2013

Vakansie

Hoe se mens jy gaan op vakansie as jy in my skoene is? Die bitterbekke sal se, jy's altyd met vakansie - dis waar. So kom ons noem dit maar kuier by die huis.

Ek verlang my man maar ek maak maar die beste daarvan en dis hoe die eerste dag verloop het.

Ek het 8 uur opgestaan, koffie gemaak, en die box vrieskas se deksel het op my hand geval, ek huil toe sommer van die eina. Ek gaan nie verduidelik hoe dit en die koffie maak inmekaar pas nie, dis dom geit, lol.
Was gou my wasgoedjies, die masjien doen dit mos. Stort gou want my hand brand in die water, maak bed op en blaas my hare.
Haal die wasgoed uit en hang hulle op.
Ek en die honne sit toe af dorp se kant toe. Hulle gaan kuier by Bea en Jackie en ek en Rosie druk mekaar en sy sssssssss deur die tande toe sy my hand sien.
Happie Mall hier kom ek, ek rapporteer daar by die Wimpy vir my gunsteling ontbyt, hasbrown burger sonder die bun en cuppocino met room in 'n groot wit koppie. Heerlik!!! My vriendin Angie kom sit by my en ons klets land en sand. Angie is een van die waiters. So what? Sy is so sweet.
Toe storm en die winkels, Woolies, Truworths, Foschini, Milady's. En ek is gedaan maar het nog krag v Mr Price home. Sakke vol skoene en klere en mooigoed is die shop lus bevredig en ek kom huistoe. Dis aanpas tyd, kyk, ek verpes aanpaskamers! Maak nie saak hoe grand nie, die beligting suck en ek koop dan niks nie. So ek pas by die huis, lekker speel mix en match en dit vat toe ook sommer 'n hele uur die gepassery en als, maar als pas en ek voel baie goed, dis nie sommer elke dag dat ek so 'n dag het, ek smile van oor tot oor.
Toe is dit als weer in die sak prop om v Minette te gaan wys en die brakkies op te laai.
Ons drink tee, speel met Mienke en eet yogurt. Toe is ek en die honne oppad na my sus toe, ek moet gaan groet en gou als vir die naweek bespreek. Ons gaan lekker saam weg die naweek.
Dis nou waar die vakansie inkom. Al is dit net 'n naweek, ons doen dit gereeld. Soms gaan die manne saam soms nie.

Ons gaan na ons hummmmm konsert toe, lol. Kloofzight Soulplace Weekend! Kannie wag nie.

More middag vat ons die pad en kom Sondag terug, julle sal terugvoering kry.

So hou 'n vrou op vakansie, vakansie.

Dankie my lief vir die sponsor, love you lotz.

Groetnis van die onderkant af.

Iretha




Tuesday 22 October 2013

Nog 'n skaam onderwerp

Ouderdom jou blxm, net soos ek loop en brag ek het die hot flashes gewen dan kom slaat jy jou pote weer hier in my lewe in. Ek sit hier en die sweet maak paadjies oor my gesig, makeup maak wit strepies. Dis nou weer amper 'n week dat dit so aangaan, en niemand vertel ooit vir jou van die bollie nie. 
Ek vertel julle vandag van die aalkige ding wat hulle hot flashes noem, dis bad ek se jou bad. 
Ek het dit erg gehad, so paar maande terug en toe gaan ek maar vir die natuurlike dinge, en dit werk en ek kry nog natuurlike pille en dit werk en ek is weer mens en ek vergeet skoon van die nagte se wakker le en sweet en oop gooi en toemaak want nous ek koud en nat en dan net 20 min later is dit weer sulke tyd en so het dit gegaan vir maande tot ek mos die Google ding gedoen het en ek bly ini bos en daars nie dokters nie maar daars plante en toe vat ek dit en dit werk en ek is happy en brag ek is beter. So jinx ek myself toe, ek dink. 
Nou sit ek en skryf op die lughawe en ek dink ek lyk pretty verdag so natgesweet. 
Nou niemand vertel julle van die dinge nie, val seker ook onder skaam onderwerpe.
My suster wie verstaan waardeur ek gaan se vir my sy weet nou hoekom skei mense na 30 jaar, en ek verstaan die weird mense met 2 beddens in die kamer, dis die vrou wie sonder dat sy wil so verander dat sy haarself nie ken nie. Jy sweet en raak befoeterd en skel soos 'n matroos op als en oor als en die irritasie is 'n vretende ding aan jou menswees en jy wil nie so wees nie maar is. 
In die nag as jy so agter manlief se blad inkruip en daai hitte kom, dan rol jy weg en hy draai om en sit sy arm om jou en jy se, ek kry warm en rol nog verder weg, en 10 min later rol jy maar weer met jou nat lyf terug om sy hitte te soek wat jou nou net laat wegrol het en hy mind nie die nat lyf nie, vat maar weer jou arm en trek dit oor hom net sodat jy nadat jy nounet aan die slaap geraak het weer wakker kan word van die hitte en weer van voor af weg rol, so om rol en terug rol die hele dem nag en later bly jy maar daar waar jy le want jy weet hy moet werk in die oggend en slaap is min.
Dan kom jy op daai stadium dat jy, en dis waar ek laas was, le en huil in die nag, want jy wil nie so wees nie, en die hitte tap al jou kraggies uit en die min slaap maak jou dood moeg in die dag. 
Nou sit ek hier en my sus se nou die dag vir my, soms wonder sy wat is die ergste, om pille te drink en weer kanker te kry of om met die hot flashes saam te leef. Nee sy is nie gek nie, sy het dit al vir 7 jaar. Ek sal dit nie vir so lank kan handle nie, so ek gaan maar die week 'n afspraak by die dr maak en gaan, so wil ek nie leef nie. 
Ek werk nie eens nie, en dis te erg vir my, wat as ek moes opdres en nog werk toe ook, die sweet maak dat jy nie eens jou hare kan droog blaas nie, nie make up kan aankry nie want die smelt af. 
Aircon op 18 en fans help nie, dit kook van binne af. 
Ek se vir julle daar moet iets soos 'n skool wees waar mens kan leer van die dinge, en wat werk en wat nie. En die man kan laat verstaan, gelukkig is myne baie lief vir my met die hitte in my lyf en al, ek dink hy raak net so moedeloos soos ek. 
As jy vrou is en verstaan, dankie, as jy nog nie daar is nie, voorspoed. 
Ek het raad gehad maar nou is myne op, ek begin voor.
Karoo bossie tee, katjiedrieblaar en kankerbossie, werk nie meer nie, die reenwoud se boom werk nie meer nie, die pilletjies van Dischem werk nie meer nie, die soja werk nie meer nie, sal julle van nuwe raad laat weet as ek kry. 

Natgesweet van die anderkant van die ewenaar af, oppad na julle kant toe groet ek. Hoop die 6 ure vlug wat oor 2 ure begin is rustig en gemaklik.

Iretha 

Monday 21 October 2013

Ek travel bietjie

Ja dit het weer tyd geword om more daai vliegmasjien te klim.

Ek kan se ek gaan huistoe maar huis is nie 'n huis nie huis is 'n gevoel. In engels se hulle "home is not a house, it's a feeling.
My huis is waar my hart is en my hart is op 2 plekke, so ek gaan na die ander helfte aan die onderkant van die ewenaar. 
Ek vat 'n breek om te gaan deel in vreugdes en lekker kuiers, dan is dit weer 'n lang tyd voor ek weer so maak, eers in Januarie as dit die wil is. 

Na 'n paar goedjies in die tasse gegooi is vertrek ons 1 uur hier, Lagos toe en dan vlieg ek more aand. Dis 'n lang moordende vlug, maar wat kan ons doen? Tot iemand 'n beter vinniger manier van travel uitdink is dit hoe ons dit doen. 

Ek vlieg alleen, hopenlik kom Danie die 1 ste November af, gaan hom nou weer verlang. Dis mos die ou kringlopie wat julle al net so goed soos ek ken. Die hier die daar en die oor en weer verlang. Maar dis my keuse en ek is nog dol gelukkig hier. Net 3 weke. Dan ruil ons die gevoelens weer om . . . 

So as ek stil is, weet ek is nie werklik stil nie, net besig :-) 

Die naweek gaan ek en Marie bietjie hummmmm konsert toe, Soulspace naweek, kannie wag nie, ek is so opgewonde. Weet nie mooi wat om te verwag nie maar ons gaan dit geniet. Ek en my suster breek so nou en dan weg vir 'n naweek en dan is dit kuier, wyn drink en baie geselsies om in te haal. 

So tot julle weer van my hoor, mooi loop.

Van die anderkant tot die anderkant groete.

Iretha

Friday 18 October 2013

Ek se maar net . . .

Vandag dink ek weer te veel . . .

Ek dink aan al die mense wie werk en stres ervaar - ek wens julle vrede ini werkplek toe
Ek dink aan die mense wie tussen werke en veranderinge is - mag als reg uitwerk
Ek dink aan die wie moet verhuis na onbekende plekke - mag jou oppak mooi deure oopmaak
Ek dink aan die ou mense en wie hulle eie probleempies het - mag julle vrede he
Ek dink aan die gesonde mense wie nie die dankbaarheid betoon nie - mag jy gesond bly
Ek dink aan die siekes wie net wil gesond wees - ek wens jou genesing toe
Ek dink aan die armes wie net genoeg wil he - 'n dak oor jou kop en geldjie ini sak en kossies ini kas
Ek dink aan die mense wie hulle doel soek - vind, jou antwoord is naby jou
Ek dink aan die mense op hulle knie - jy sal kry wat jy nodig het
Ek dink aan die wie gefrustreed voel - antwoorde en lig en geduld vir jou
Ek dink aan die wie hartseer is - vertroosting vir julle
Ek dink aan die wie verneder voel - jy is meer werd as wat jy dink
Ek dink aan die wie genoeg het maar steeds soek - insig op jou soektog
Ek dink aan die wie bang is - beskerming vir julle
En ek dink ook aan die wie gelukkig is - mag dit jou beskore bly.

So sit ek en dink, elkeen op sy eie miesie in sy eie omstandighede, en ek voel so bevoorreg, ek sien die groter prentjie, die omwenteling, ek sien die antwoorde, maar als gaan in 'n kringloop van gebeure, gevoelens en omstandighede, elke besluit elke daad veroorsaak 'n rippel effek in die heelal. 

Een ou se dood is 'n ander se brood het hulle altyd gese, dis so waar. 

Dink net byvoorbeeld hoe lyk dit partykeer aan die einde van die maand as een ou besluit om te trek, bakkies en waentjies in die strate, iemand verhuis, en dan sien jy nog een en nog een en dit lyk of als aant skuif is. En aan die einde van die dag is almal weer gesettle maar in nuwe plekkies. Soms voel ek als werk so, die hele heelal. Dinge kom en gaan in mens se lewe en maak plek vir nuwes, die oues vergete. 

So voor ons doen of praat, dalk moet ons net eers oordink, dink aan die gevolg van jou oorhaastige vingers op die keyboard of jou woorde in 'n ander se gesig. Gevoelens, onbeheersd, maak 'n rippeltjie en daai rippeltjie trek reg oor die heelal . . . en as hy weer by jou uitkom is die sirkel voltooi en die jammer is gewoonlik nie so kragtig soos die aanvanklike daad nie. Jammer se rippeltjie raak meestal verlore voor die sirkel voltooi is . . . 

Almal het gevoelens, van die mense naaste aan jou tot die ou wie agterop die vullis trok ry . . . 

As almal gevoelens spaar, is ons heelal dalk 'n gelukkige sagmoedige plek. 

Volgende keer, voor jy op jou weghol trokkie klim en jou tong gries op die brieke gooi, mik vir die muur en ry jouself te pletter, voor jy oor jou medemens stoomroller . . . 

Ek dink maar net . . . se maar net . . . 









Wednesday 16 October 2013

Gemengde emosies

Dit is nou Eid al-Adha (the feast of sacrifice) reg oor die wêreld en die eerste keer dat ek daarmee kennis maak.

Ek kon aanvanklik nie die vreeslike geblêr van die bokke hier buite ons Village verstaan nie, toe hoor ons van mense wie in en uit reis, tussen hier en Lagos, van die duisende ramme langs die pad en dat hulle geslag gaan word. Ek weet van die 2 vakansie dae, maar gister toe ek by Shiela kom blêr haar TV baie hard. sy sê ek moet dit asb verdra want sy kan nie meer die geblêr van die bokke verdra nie, want hulle word geslag. Toe gaan doen ek bietjie navorsing en dis wat ek gekry het. Julle kan dit ook gaan Google.

Dis Eid al-Adha. Dis Muslem/Islamic vakansie dae wat deur alle groepe hier in Nigeria gevier word. Ek lees dat meeste mense tuis bly vir vrees van geweld maar ook duisende wie deelneem aan die verrigtinge. Daar is ook sprake van Boko Haram aanvalle en hulle het 'n 'stash' in Kano gevind waar daar bomme in rugsakke vervaardig was vir aanvalle. Daar word ook in 'n koerant berig gesê dat Nigeria se veiligheids magte hierdie jaar al meer sterftes veroorsaak het as Boko Haram. Maar om by die storie uit te kom het ek so bietjie agtergrond gegee van wat ek ervaar en gelees het.

Jong seuns was blykbaar die ramme in die see, en ook waar daar nie see is nie en dan word hulle geslag. Die vleis word in 3 dele gedeel, 1 deel vir die famielie, 1 deel gaan aan 'relatives' en 1 deel gaan aan die armes.



Toe wonder ek nou hoekom dan, en ek lees dat dit is gebaseer op die verhaal van Abraham wie sy seun moes gaan offer het. Die storie soos ons hom ken, is ook in die Islamic 'Bybel' geskryf, bietjie anders maar kom op dieselfde neer. So om 'n baie lang storie kort te maak, dis nou waar die slagting van die diere vandaan kom. Vandag voel dit vreeslik wreed vir my, maar as jy na die geskiedenis kyk, en verstaan dat hulle vandag nog die offering van 'n dier in plaas van die seun herdenk, die pa se gehoorsaamheid aan God, deur diere te offer, is dit seker nie so 'far fetched' nie. Of is dit?

Daar word beweer dat slegs in India 100 000 diere geslag word. Diereregte aktiviste is ontsteld omdat die diere sonder verdowing gemoor word. Hulle word gesus deur dat die diere by slagpale geslag word op die menslike manier, maar hulle is ver ver agter, wat van die res van die wereld? Ek weet hoe dit hier gedoen word en hier is geen beheer oor die diere se regte nie. (Maar wie is ek, wie elke dag vleis eet, om te praat?)
 


So terwyl dit nou vandag so stil buite is, sit ek hier en voel tog jammer vir die diere, maar ek haal ook my hoed af vir Araham wie die gehoorsaamheid en vertroue in sy God gehad het om sy geliefde seun die berg op te neem en te gaan offer soos daar van hom gevra is. Toe God sien hy gaan dit doen het hy hom gestop en daar was 'n ram in die bos wie hy toe in plaas van sy seun geoffer het . . .

Ek gun elke religion sy plekkie.

Ek kan nie uitgaan en die ramme red nie.

Ek kan niemand se mind change nie.

Ek skyn net my eie klein liggie op my eie manier.

Ewenaar groete.





Monday 14 October 2013

Satangsvrou, die wiel draai . . .

Ek skryf hierdie vandag vir 'n vrou wie my kind se lewe bitterlik baie swaarder maak.

My kind is al 29, sy is pragtig maar dra swaar aan haar seer, nou moet hierdie Jesebel, nog haar lewe daagliks swaarder maak.

Wie met 'n menslike hart, trap op 'n vrou wie haar kind aan die dood moes afstaan? Satangskind?

Wie is jy om haar te veroordeel omdat haar kind binne in haar dood is en sy 'n leweloose liggampie moes sien nadat hulle haar uit haar uit gehaal het? Hoe moes sy weet haar kind is dood? Dink jy sy sou niks daaraan gedoen het as sy geweet het nie? Dink jy dis lekker? Of verlekker jy jou in my kind se swaarkry en hartseer? Gaan sit en dink bietjie, ou bitterbek met jou flymskerp tong, hoe gaan hierdie lekker steke van jou terugkom en omdraai in jou lewe? Sien jy jouself as volmaak en gepanser teen hartseer? Wat as dit jy was? Het jy nie geleer toe jy self amper dood was en nog 'n kans gegun was nie? Slaap jy lekker in die nagte? Of is jy 'n superwese wie teer op ander se hartseer en dink dit gaan jou verbygaan? Het jy al 'n kind begrawe? Wie is jy om al hierdie goed te se en te dink jy gaan ongeskonde daarvan afkom?

My mens, ek het nuus vir jou, my kind se oopgekrapte rou sere, mag dalk net ook jou pyn word!

Ja jy daarin kan slaag om haar weg te dryf van daai bose negatiewe plek waar julle werk, weg van jou af, heilig is daai dag. En hy kom gou. Maar eendag gaan jy dalk hier lees as jou hart ook gebreek is en jy dink hy gaan nooit heel word nie, en iemand gaan dalk elke dag daai rowe afkrap met 'n tong so skerp soos joune, en dan hoef ek nie met jou te praat nie, jy sal self weet.

Ek braak nie graag gal nie, maar as ek nou aan jou kant van die ewenaar was het hierdie naels van my geen kans gehad om teruggetrek nie, ek sou jou tromp op loop en dalk tot jou level gedaal het, en jou 'n snot klap gegee het.

Nou vra ek, wanneer moet 'n ma nie inmeng nie?

Ja, my kind, jou man is reg, laat hom toe om hierdie keer vir jou op te staan, gaan maak haar bewus van wat sy doen, dalk is sy so dom dat sy nie eens weet wat sy met haar skerp vuur tong doen nie. Maar ek is verseker sy weet presies wat sy doen. Gee haar haar sin en haal jouself uit daai plek uit, dis nie die plek vir jou om te wees nie.

Hierdie ewenaar ma se gemoed is heel omgekrap vandag. Oor 7 dae klim ek daai vliegmasjien en dan gaan jy nie so dapper wees nie Mev Satangskind.

Ek weet ek klink soos 'n oorbeskermende ma, ek weet ek klink dalk bietjie platvloers, maar krap aan my kind en die ordentlikheid en selfbeheersing vlieg by die venster uit . . .

Ek is maar net 'n ma . . .

Hoe weet ons wat vandag en more gaan bring.

Vanmore staan ons op en die dag begin soos gewoonlik maar daar is ander energie in die lug, ons is byna voltallig hier aan die ander kant van die ewenaar, eerste keer vandat ek hier bly, is amper al die vrouens op die selfde tyd hier. Dis vreemd vir my wie meestal alleen hier is, maar ook lekker. 

Ek gaan groet vir buurvrou, en toe gaan drink ek en 2 ander lekker tee daar op Shiela se stoep. Sy is hartseer vandag want sy verlang na haar kinders saam met wie sy met vakansie was, wonder of dit weer 4 jaar gaan vat voor sy hulle weer sien .  . . Inhaal gesels is nog nie klaar nie ons moet nog baie tee drink daarvoor. 

Ek kom huistoe, maak 'n slaaitjie vir ete en kom neem plaas hier voor die rekenaar om eers gou die nuus hier ook op te vang, en daar sien ek dit, en ek lees sommer so 2 keer om seker te maak ek sien reg . . . 

Ons ou skoolvriend en FB mater, Kobus Rens is vanoggend oorlede na nog 'n operasie op sy heup. Hy het lank gesukkel met die heup operasies en baie pyn verduur en die laaste paar maande maar min van hom gehoor, net so hier en daar 'n update van 'n vriendin gekry. Dis regtig slegte nuus, maar hy is nou heel en sonder enige pyn. 

Dis vir my maklik om te verstaan van die pyn en hartseer waardeur sy mense nou gaan . . . ek dink aan hulle en weet van die skok, leemte en vrae in hulle harte. 

Mens weet nooit wanneer so 'n lieflike bloulug dag in 'n somber hartseer ene gaan ontaard nie, ek gryp weer my lewe en tel my seeninge, ek wonder oor die hoekoms en die waaroms, en ek se vir myself, dis ons pad wat ons stap, almal gaan een of andertyd aan, almal van ons ervaar een of ander tyd hartseer, maar kom ons wees bly vir die lesse in die lewe en die bloulugdae sonder klippe in ons harte, die maklike gelukkige dae maak op vir die seer enes. 

As jou dag leeg en grou en swaar van die knop in jou keel is, wees verseker dis daai dae dat ons groei, nie net die ligte dae nie. 

Ek druk die hartseer mensies hier styf teen my hart vas vandag, en ek dra saam aan julle swaartes. 

Ewenaar groete. 

Friday 11 October 2013

Terroriste

Dis 'n woord wat ek in 1974 geleer het . . . 

Ons het Suidwes toe getrek van die weskus af, Namakwaland. Die eerste keer dat dit vir my 'n werklikheid geword het was toe die Gagiano seun doodgeskiet is en die hele dorp langs die pad kom staan het om die Saatsbegrafnis te aanskou. Mense het gehuil ander net kop geskud. Dit was nie mooi nie. Tsumeb was in rou en angs gedompel. Op die jong ouderdom moes ek leer dat daar niks in die donker is wat my meer kan bang maak nie, die gevaar was erens anders, met gewere en bomme in hulle hande. 

Toe een Vrydag middag sit ons in die klas toe meneer afkondig van die ouma en die twee klein kindertjies wie op die plaas vermoor is, mamma en pappa het die ander twee kinders by die skool kom haal vir die naweek, hulle was in ons skool. 

Toe leer ek die beklemming in my hart ken, die bang, die magteloosheid. Wie gaan dit kan stop?

My eie broer en ooms moes later self army toe gaan, ma het baie gehuil, ek ook. 

Toe jare later gaan dit nog aan maar dit word 'n ding waarmee ons moes saamleef, ek is getroud en het Oshakati toe getrek. Nou in die grensgebied waar die ergste gevegte aangegaan het. Bomme het ontplof en vriende en vriendinne is so dood. Die dorp is aangeval in die nag en ons moes soos rotte skarrel om in bomskuilings te gaan veiligheid soek, nog van ons mense is so dood en beseer. 

My eertydse man is op die kaplyn in 'n lokval gewond maar herstel maar die sielkundige letsels is steeds jare later sigbaar. 

Ons trek toe in 1989 terug SA toe en die terroriste gevoel in die agterkop word ligter, net vir 'n rukkie. 

As jy die nuus kyk is daar elke dag terroriste bedrywighede op. Almal weet, dit hou nie op nie. 

Nou onlangs die Kenya Mall geval, nou sit ek en kyk weer TV en hulle praat van Bokaram en Alkaida, selfs hier in Nigeria, besig. En die ou ou gevoel kom stoot weer hier in my op, wie gaan dit kan stop? 

Hulle voel so min vir 'n medemens se lewe, soos om 'n muskiet met 'n blik doom by te kom! 

Hoe gemaak? Is ek die enigste een wie sien? Hoeveel kan ons preek en probeer positiewe energie uitstraal as jy nie daai mense kan bereik nie? Begin dit nie in die huis nie? Wat gaan aan met die mensdom? 

Ek gaan nie eens die onderwerp van plaasmoorde aanraak nie! 

Wie teel die terroriste? Moeders met watse Vaders? Diere? 

Skiet 'n pragtige dorp plat dat daar net bouvalle en gate oorbly! Wie gaan opbou as al die onskuldiges doodgemaak word? 

Gaan dit ooit ooit weer regkom? Is dit hoe als gaan eindig? 

Wat is so moeilik om ander te respekteer? Lewens te respekteer? Kan geweld jou jou sin gee? Gaan jy wie afbreek weer opbou ook? Gaan dit so lank al aan dat daai terroris niks voel as hy 'n kleine kind dood of skend nie? 

Hoekom die sagte spots target? Omdat jy 'n lafaard is!? As jy nie met een ou saamstem nie, is jy te geelgat om daai een spesefieke ou te tacle? En dan gaan die wie nie eens bewapen is nie, gebuk onder die geweld, bang, hartseer en ontsettende vrees. En dis nie eens hulle wie moor wie die probleem het nie, dis een aap wie kinders en jongmense opsweep om soos hy te wees, gaan uit en maak seer waar dit sag is, dan sal ons groot manne sit en kyk wie gee eerste in, want hulle is nie bang nie, 'n skare beveilig hulle mos. 

Dit maak my magteloos kwaad! 

Ons bid en bid maar is daai terroriste so vreesloos dat hulle nie eens ons God vrees nie? 

Weet nie waar om te stop nie, want ek kan om en om sit en redineer, heeldag, maar ek dink julle 'catch my drift'. 

Die enigste ding wat ek sien gebeur is; geweld word met geweld gestuit en dit vlam net meer en meer uit soos 'n weghol veldbrand. 

Ek sien weer vrede in Suidwes, maar na hoeveel bloed gevloei het?! 

Dis moontlik. 

Ek probeer positief bly. 

Groete van hier ver ver in Wes Afrika . . . 

Thursday 10 October 2013

Verjaardag ini Hemel . . .

Ma verjaar vandag, die 8 ste Oktober, ma sou vandag 79 gewees het as ma nog by ons was. Ek sien fotos van Tannie Glodina, ma se 2 ling suster op fb en ek kyk en ek kyk en ek verlang na ma. Tannie Glodina lyk nog goed maar ek weet ma kan haar sien. 

Hou julle dagboek van julle aardse verjaardae daar waar ma is? Of herdenk julle die dag wat julle daar aangekom het? Dit maak beter sin vir my. Ma is nou al lank daar . . . 

Ons vergeet nooit van ma nie, ons vertel vir ons kinders van ma en wat ma als vir ons vertel het en geleer het. En as die kleinkinders kan verstaan dan sal hulle dit ook hoor. Ek kook nogsteeds soos ma en as ek my kos proe dan dink ek aan ma. 

Daar by ma is baie mense wie ek so verlang, ouma Blom en Klein Leandri, ons het haar nie geken nie maar is baie lief vir haar, ma en ouma moet asb mooi na haar kyk, en wys vir haar hoe ons haar mis en haar lief het. Ons weet nie wie sy sou wees nie, maar net dat sy so spesiaal was dat sy teruggegaan het na julle toe. Daar is nog baie ander wie ook by julle is, ek hoef nie op te noem nie, hulle weet van ons hartseer. Ek weet ook dat julle nie wil he ons moet hartseer wees nie, maar ons is op die aarde en dis menslik, die verlange en dan die hartseer. Waar ons kan, probeer ons met goeie herinneringe en glimlagte aan julle dink. 

Ek wens nie vir een oomblik my tyd hier korter nie, maar ek weet as die dag aanbreek gaan ons beslis nie trane stort as ons mekaar weer sien nie. 

Ek was baie lank kwaad omdat ma weg is, daar was dan nog so baie om te doen en te se. Ma se agter-agterkleinkinders kan nou net van ons hoor van Ouma Kleintjie, dis dan so onregverdig, maar dan onthou ek, dit was ma se tyd om te gaan. En ek berus. Die spyt oor die verlore tyd sal altyd daar bly. 

Ek het eendag daar onder die wasgoedlyn 'n belofte aan ma gemaak, dat ek mooi na pa sal kyk. Ek is baie ver van hom af, kan nie kyk soos ek moet nie, maar ek probeer my bes. Hy is gelukkig, ek dink. Hy se hy verlang ook nog, al is die tannie daar. Ma het so 'n groot impak op ons lewens gemaak dat dit nooit ooit deur enige iemand anders uitgewis of vervang kan word nie. 

Ek skryf vandag hier vir ma, want ek verlang weer en wil net se, ons vergeet nie, nooit nie. 

Lief vir ma. 

Jou Baba

Eyeballs . . .

Ons was bietjie in Lagos en ek het rondeloop en nodige goedjies aangeskaf en in een van die winkels, ons noem hom sommer klein Goodies, loop ek rustig en bekyk al die vreemde goed op die rakke, meeste Lebanese produkte, en hier storm 'n Nigerian dame op my af, hare lank en fake, lippe rooi, naels geverf en in 'n rooi rokkie, ek skrik eers, bekyk haar asof ek haar moes ken, maar nee, sy trek weg en babbel en stop 'n papier in my hand. As ek 1000 nira spandeer op sap kry ek dit en dat en sy babbel voort, nou baie naby aan my gesig en ek tree terug, what the hell?! En sy kom nog nader, nou so 10 cm van my gesig af, kyk my diep in my oe, terwyl ek my kop skud, nee dankie, en sy se ewe ernstig, OMG you have beautiful eyeballs!

Ek dog die vrou is gerook en tree nog terug, really you have beautiful eyeballs, ek wil lag maar die mens in my ruimte maak my moerig en ek se vir haar, look at my lips not my eyeballs, NO, not interested. Your lips are beautiful too, my donner, gaan sy nie stop nie, take me to your country, promice me you will take me along. Nou is ek warm om die kraag en ek se vir haar, met baie selfbeheersing. I don't want juice, thank you. En sy karring voort. Ek haal toe maar diep asem en se vir haar dankie en sy moet 'n lekker dag he en trek my skouers terug en stoot die waentjie vorentoe, sy wil voor my inspring maar ek gee haar een kyk met die eyeballs en sy blaas die aftog. 

Hoe hou mens jou pose en jou land se naam hoog, ons is almal abasadeurs afterall?! Nou skoon uit my shop lus uit mik ek vir die volgende ry en toe ek om die draai kom spring sy weer voor my in en begin weer met die storie oor die juice, ek rek my oe groot en ek kyk haar vas in die oe, look at these beautiful eyeballs, se ek vir haar, they said NO thank you. Sy maak haar eyeballs sigbaar en tree met 'n sorry uit die pad uit. Maggies amper verloor ek dit. 

Weet winkel eienaars dan nie hoe promosie werkers soms hulle kliente wegjaag nie? Ek is daar uit sonder meeste van die goed op my lysie. 

In die kar beloer ek myself so ewe in die truspieltjie van agter uit die sitplek uit en maak my oe groter om die eyeballs te bekyk en ek bars uit van die lag vir my eie simpelgeit. 

Oi, die lekker van ex-pat wees. 

Groetnis van die anderkant af.

Iretha

Friday 4 October 2013

Self gesprek uit die bos uit . . .

Soms wonder ek maar en dan se ek dit want die wag voor my bek het mos lankal verkas . . . en ek praat maar met myself, nou dat ek self antwoord ook, gaan dit beter. 

As 'n mens deur 'n ouer verstoot of weggegooi is, en hy kry te laat in sy lewe die regte liefde, ondersteuning en leiding, se nou die vormings jare was in 'n omgewing van leuns en knoei en skelm streke en heen en weer geskuif, 'n ma wie hom nie werklik wou he nie, 'n pa wie geveg het vir sy kind maar eers te laat gewen het, watter gedeelte van daai lewe gaan wen en die oorhand kry? 

Veronderstel dis die eerste 10 jaar wat sleg was, verkeerde invloede en voorbeelde, verstoting, en die volgense 10 jaar, liefde, dissipliene, ondersteuning en gesonde omgewing met die regte leiding. 

Watter 10 jaar gaan op die einde wen? 

Ek se julle sommer - die eerste 10 jaar, dis sad maar dis waar! 

Al wat ek wil weet, kan daai eerste 10 jaar gewipe word? Kan daai dinge wat lyk soos gene wat gegom is in daai mense se weedsel, sy dink en sy doen, kan dit verwyder word? Is dit iets soos 'n curse? 

Die ouer wie die laaste 10 jaar so hard probeer het om te aanvaar, dis wie jy is my kind en ek is lief vir jou, hier is opvoeding, hier is liefde hier is my voorbeeld aan jou, die kry swaar die dra die klip ini hard, die ander is maar te goddank bly niks is haar probleem nie. Dis nou jou verantwoordelikheid, dis nou jou probleem, dis mos jou skuld dis mos jy wie hom gevat het en verwoes het! Nadat sy te dankbaar was dis nie meer haar probleem nie! So met 'n skouerskud draai sy weereens haar rug op haar kinders, haar gedeeltelike verantwoordelikheid haar bloed. Hoe de hel slaap jy mens? 

Daar is net een "if" wat in my binneste so swaar aan 'n draadjie hang. Hoekom het ek hulle nie gevat toe hulle nog bitter klein was nie? Hoekom het my wese teen dit geskop? Sou ek vandag met dieselfde vrae gesit het? 

Sou dit 'n nuwe stel probleme op my skouers kom sit het. En ek se vir myself, one way or the other, hierdie swaar ding sou my nie verbygaan nie. Hoe seker is ek? Baie. 

Ten spyte van alles, of ek (ons) nou goed of sleg was, vroeg of laat begin het sou hulle dieselfde uitgedraai het. 

Is dit die opvoeding, die vormings jare, voorbeelde of die blote keuses wat daai kind self vandag maak? 

Is daar nie kinders van slegter agtergronde en omstandighede wie great uitdraai nie? 

Hoekom is dit dat soveel jong mense se, dis my verhaal dis my kruis ek gaan trots gebuk onder daai kak nie? In plaas van, dis my verhaal, dis nie mooi nie, maar ek kan 'n verskil in myself wees. Ek hoef nie soos daai famielie te wees nie, ek wil en ek kan beter. 

Maak nie saak hoeveel jare jy hulle gelei en geleer het nie. Hulle moer terug na die gelieg (om jou botter om die bek te smeer) en in die agtergrond gaan hy voort op die eerste 10 jaar se vorming want dit gee hom 'n kick of iets? 

Hoe kan 'n mens bv 3 kinders he, gelukkige huwelik en als, die een word 'n argitek, die ander 'n prokureur en die ander een 'n boemelaar? 

Wie se skuld is dit? Ouers of self? 

Nou debateer ek myself in 'n mallemeule in! 

En al wat ek wil doen is skree . . . word wakker kind . . . jou lewe is in jou hanne . . . NIKE - JUST DO IT . . . doen dit die eerste keer reg, en as jy nie weet nie vra net.  

Jy is nou groot, jou geleerdheid en toekoms in jou hande, ons kan nie meer jou hand vashou nie, jy is grootmens, ons kan nie meer pa staan vir jou voute nie, jou oppas nie, jy is nou volwasse. 

Ons kan net help, met raad en bystand en gebed, maar wat jy op jou eie aanvang is buite ons beheer. 

Ek het julle altyd gevra, as julle stout was, voor jy die boom met die byl begin kap het, het jy gedink? Het jy geweet dis verkeerd? Het iets binne jou dit vir jou gese? En ek het julle geleer om na daai stemmetjie te luister. Nou gebruik daai ingeboude onderbewussyn of wat ook al asb in als wat jy aanjaag, en as dit nie met jou saamstem nie, moenie dit doen nie. Streke kom altyd uit, veral skelm streke. En dan is jy Jannie Jammergat, dis die mense se skuld, dis die lewe se skuld. NEE dis jou eie toedoen, moet dan nie huil as jy aan die harde kant land nie. 2 de en 3 de en 4 de kanse kom weinig en jy bogger hulle almal op! Tel hierde hoeveelste kans gou op en maak reg, dis niemand anders se skuld nie. 

Ek het eendag met so 'n ma gepraat en sy het gese, haar kinders moet maar self suffer deur hulle voute en leer en self opstaan, en ek het haar veroordeel, vandag dink ek sy was reg. Dalk 'help' ons te maklik op! 

Wonder maar net, maar ek voel beslis beter! 

Daars voggies ini piering, nie so soet nie, maar ek kan drink. 

Groetnis van die ander kant af. 






Thursday 3 October 2013

5 Witkinders en 'n porra

Die porra en die een witkind het vroeg geloop, snacks en drink by ons huis, gisteraand. . . 

Baie komplimente gekry oor my eetgoed wat ek uit byna niks uit moes optower nie, jy kan mos nie gou winkel toe ry vir iets nie so toe maak ek maar garlic pizza brood met rocket een tamatie en borage blomme uit die tuin uit, frikkadelle en falafel en humus en gekookte eiers, salticracks met radyse en kaas en gurkins en weetie wat nog nie. 

Die gaste kom so 6 uur aan en die tafel lyk pragtig, ek moeg en moerig, was nie lus vir die affere nie, maar toe val die wiele van die bus af, Yusaf die drywer het 2 kaste bier gebring, 660ml's en daar was wyn. 

Die manne het gekuier, Wollie was later doenig onder die stoele en wou nie end kry nie, skaamteloos geknor. Die stories het gewissel van bemarking, golf, karre, bikes en later die stouter onderwerpe, my mond het oopgehang, goed wat ek nie hier kan skryf nie, ons het so gelag dat die tyd gevlieg het. Grappies was eers versigtig in engels vertel en toe hoe meer die bier en wyn loop hoe Afrikaanser het hulle geword. 

Die nagwagte en hulle haelgewere het al om ons gesirkel, die mis het opgekom en sulke slierte deur die bome kom trek, ons het met nostalgie toegekyk hoe mooi die plek dan nou vir ons is. 

Vanmore 1 uur, toe gaan klim ek ini bed, Danie het so 2 uur kamer toe gekom. Net na ons die lig afgesit het, wawyd wakker en verby ons moeg en slaaptyd, skiet die wagte toe gou hulle gewere se lope skoon, hier binne giggel ek toe oor die vreemde outjies wie sommer toe hier oorgeslaap het, die ene se eerste besoek aan Nigeria, die moes dink die vyhand is nou op hom, lol! Vir ons is dit normaal. Skrik nie eens meer soos aan die begin nie. 

Nodeloos om te se ek het lank gevat om aan die slaap te raak en het dood eenvoudig, vir die eerste keer van dat ek hier is, geweier om op te staan. Ek kan mos en ek wou. 

Vanmore tel ek die empties, 13 bier bottels en 3 wyn bottels, dink ek het dalk een by myself gehad, weetie, die kop se nie so vanmore nie. 

Dis nou 'n gewone weeksaand, en dit gebeur sporadies hier. Want ons kan.

Voel jammer vir die manne wie moes gaan werk, maar dis seker een van die voordele van ex-pat vrou wees. 

Al wat ek sou wou verander het van die aand sal wees, in plaas van tussen waaiers te sit, sou ek 'n vuurtjie baie geniet het. 

Sterkte aan julle manne by die werk, ek is vars en gaan nou my bad vat. 

Ewenaar groete. 

Wednesday 2 October 2013

Ek noem hulle klingel . . .



Ek het vanmore hierdie vir jou my suster gemaak . . .

Die silver ketting simboliseer ons verhouding, inmekaar geweef, 
Die hakkie die tyd wat ons saam is en nie saam kan wees nie, 
Die los en vas tye . . .
Die I am bautiful, om jou te herinner hoe mooi jy vir my is,
Die rooi klokkie my liefde bir jou, 
Die hartjie se Goodness, dit spreek vanself, 
Jy doen so baie vir my en vir ander,
Die goue klokkie, ons rykdom, om susters te kan wees, 
Peace, vrede vir jou, in jou hart en in jou lewe,
Die silver klokkies die son die maan en die sterre wat ek vir jou gee, 
Die blou klokkie, die see waar ons vandaan kom en die blou lug daarbo, 
Faith vir die geloof wat jy in my het, 
Dankie daarvoor, 
Die pers klokkie om te se, ons deel die selfe hartseer en verliese, 
Die naaldekoker om jou vreiheid te gee om jouself te wees, 
Die handjie se hand made deur my vir jou, 
Die groen klokkie om jou te herinner om jou voete vas op die grond te hou. 
Die geklingel, om jou aan my te herinner met elke beweging wat jy maak.

Lief vir jou. 

Jou suster aan die anderkant van die ewenaar. 

Mwah