Translate

Thursday 10 October 2013

Eyeballs . . .

Ons was bietjie in Lagos en ek het rondeloop en nodige goedjies aangeskaf en in een van die winkels, ons noem hom sommer klein Goodies, loop ek rustig en bekyk al die vreemde goed op die rakke, meeste Lebanese produkte, en hier storm 'n Nigerian dame op my af, hare lank en fake, lippe rooi, naels geverf en in 'n rooi rokkie, ek skrik eers, bekyk haar asof ek haar moes ken, maar nee, sy trek weg en babbel en stop 'n papier in my hand. As ek 1000 nira spandeer op sap kry ek dit en dat en sy babbel voort, nou baie naby aan my gesig en ek tree terug, what the hell?! En sy kom nog nader, nou so 10 cm van my gesig af, kyk my diep in my oe, terwyl ek my kop skud, nee dankie, en sy se ewe ernstig, OMG you have beautiful eyeballs!

Ek dog die vrou is gerook en tree nog terug, really you have beautiful eyeballs, ek wil lag maar die mens in my ruimte maak my moerig en ek se vir haar, look at my lips not my eyeballs, NO, not interested. Your lips are beautiful too, my donner, gaan sy nie stop nie, take me to your country, promice me you will take me along. Nou is ek warm om die kraag en ek se vir haar, met baie selfbeheersing. I don't want juice, thank you. En sy karring voort. Ek haal toe maar diep asem en se vir haar dankie en sy moet 'n lekker dag he en trek my skouers terug en stoot die waentjie vorentoe, sy wil voor my inspring maar ek gee haar een kyk met die eyeballs en sy blaas die aftog. 

Hoe hou mens jou pose en jou land se naam hoog, ons is almal abasadeurs afterall?! Nou skoon uit my shop lus uit mik ek vir die volgende ry en toe ek om die draai kom spring sy weer voor my in en begin weer met die storie oor die juice, ek rek my oe groot en ek kyk haar vas in die oe, look at these beautiful eyeballs, se ek vir haar, they said NO thank you. Sy maak haar eyeballs sigbaar en tree met 'n sorry uit die pad uit. Maggies amper verloor ek dit. 

Weet winkel eienaars dan nie hoe promosie werkers soms hulle kliente wegjaag nie? Ek is daar uit sonder meeste van die goed op my lysie. 

In die kar beloer ek myself so ewe in die truspieltjie van agter uit die sitplek uit en maak my oe groter om die eyeballs te bekyk en ek bars uit van die lag vir my eie simpelgeit. 

Oi, die lekker van ex-pat wees. 

Groetnis van die anderkant af.

Iretha

No comments:

Post a Comment