Translate

Friday 11 October 2013

Terroriste

Dis 'n woord wat ek in 1974 geleer het . . . 

Ons het Suidwes toe getrek van die weskus af, Namakwaland. Die eerste keer dat dit vir my 'n werklikheid geword het was toe die Gagiano seun doodgeskiet is en die hele dorp langs die pad kom staan het om die Saatsbegrafnis te aanskou. Mense het gehuil ander net kop geskud. Dit was nie mooi nie. Tsumeb was in rou en angs gedompel. Op die jong ouderdom moes ek leer dat daar niks in die donker is wat my meer kan bang maak nie, die gevaar was erens anders, met gewere en bomme in hulle hande. 

Toe een Vrydag middag sit ons in die klas toe meneer afkondig van die ouma en die twee klein kindertjies wie op die plaas vermoor is, mamma en pappa het die ander twee kinders by die skool kom haal vir die naweek, hulle was in ons skool. 

Toe leer ek die beklemming in my hart ken, die bang, die magteloosheid. Wie gaan dit kan stop?

My eie broer en ooms moes later self army toe gaan, ma het baie gehuil, ek ook. 

Toe jare later gaan dit nog aan maar dit word 'n ding waarmee ons moes saamleef, ek is getroud en het Oshakati toe getrek. Nou in die grensgebied waar die ergste gevegte aangegaan het. Bomme het ontplof en vriende en vriendinne is so dood. Die dorp is aangeval in die nag en ons moes soos rotte skarrel om in bomskuilings te gaan veiligheid soek, nog van ons mense is so dood en beseer. 

My eertydse man is op die kaplyn in 'n lokval gewond maar herstel maar die sielkundige letsels is steeds jare later sigbaar. 

Ons trek toe in 1989 terug SA toe en die terroriste gevoel in die agterkop word ligter, net vir 'n rukkie. 

As jy die nuus kyk is daar elke dag terroriste bedrywighede op. Almal weet, dit hou nie op nie. 

Nou onlangs die Kenya Mall geval, nou sit ek en kyk weer TV en hulle praat van Bokaram en Alkaida, selfs hier in Nigeria, besig. En die ou ou gevoel kom stoot weer hier in my op, wie gaan dit kan stop? 

Hulle voel so min vir 'n medemens se lewe, soos om 'n muskiet met 'n blik doom by te kom! 

Hoe gemaak? Is ek die enigste een wie sien? Hoeveel kan ons preek en probeer positiewe energie uitstraal as jy nie daai mense kan bereik nie? Begin dit nie in die huis nie? Wat gaan aan met die mensdom? 

Ek gaan nie eens die onderwerp van plaasmoorde aanraak nie! 

Wie teel die terroriste? Moeders met watse Vaders? Diere? 

Skiet 'n pragtige dorp plat dat daar net bouvalle en gate oorbly! Wie gaan opbou as al die onskuldiges doodgemaak word? 

Gaan dit ooit ooit weer regkom? Is dit hoe als gaan eindig? 

Wat is so moeilik om ander te respekteer? Lewens te respekteer? Kan geweld jou jou sin gee? Gaan jy wie afbreek weer opbou ook? Gaan dit so lank al aan dat daai terroris niks voel as hy 'n kleine kind dood of skend nie? 

Hoekom die sagte spots target? Omdat jy 'n lafaard is!? As jy nie met een ou saamstem nie, is jy te geelgat om daai een spesefieke ou te tacle? En dan gaan die wie nie eens bewapen is nie, gebuk onder die geweld, bang, hartseer en ontsettende vrees. En dis nie eens hulle wie moor wie die probleem het nie, dis een aap wie kinders en jongmense opsweep om soos hy te wees, gaan uit en maak seer waar dit sag is, dan sal ons groot manne sit en kyk wie gee eerste in, want hulle is nie bang nie, 'n skare beveilig hulle mos. 

Dit maak my magteloos kwaad! 

Ons bid en bid maar is daai terroriste so vreesloos dat hulle nie eens ons God vrees nie? 

Weet nie waar om te stop nie, want ek kan om en om sit en redineer, heeldag, maar ek dink julle 'catch my drift'. 

Die enigste ding wat ek sien gebeur is; geweld word met geweld gestuit en dit vlam net meer en meer uit soos 'n weghol veldbrand. 

Ek sien weer vrede in Suidwes, maar na hoeveel bloed gevloei het?! 

Dis moontlik. 

Ek probeer positief bly. 

Groete van hier ver ver in Wes Afrika . . . 

No comments:

Post a Comment