Translate

Friday 4 October 2013

Self gesprek uit die bos uit . . .

Soms wonder ek maar en dan se ek dit want die wag voor my bek het mos lankal verkas . . . en ek praat maar met myself, nou dat ek self antwoord ook, gaan dit beter. 

As 'n mens deur 'n ouer verstoot of weggegooi is, en hy kry te laat in sy lewe die regte liefde, ondersteuning en leiding, se nou die vormings jare was in 'n omgewing van leuns en knoei en skelm streke en heen en weer geskuif, 'n ma wie hom nie werklik wou he nie, 'n pa wie geveg het vir sy kind maar eers te laat gewen het, watter gedeelte van daai lewe gaan wen en die oorhand kry? 

Veronderstel dis die eerste 10 jaar wat sleg was, verkeerde invloede en voorbeelde, verstoting, en die volgense 10 jaar, liefde, dissipliene, ondersteuning en gesonde omgewing met die regte leiding. 

Watter 10 jaar gaan op die einde wen? 

Ek se julle sommer - die eerste 10 jaar, dis sad maar dis waar! 

Al wat ek wil weet, kan daai eerste 10 jaar gewipe word? Kan daai dinge wat lyk soos gene wat gegom is in daai mense se weedsel, sy dink en sy doen, kan dit verwyder word? Is dit iets soos 'n curse? 

Die ouer wie die laaste 10 jaar so hard probeer het om te aanvaar, dis wie jy is my kind en ek is lief vir jou, hier is opvoeding, hier is liefde hier is my voorbeeld aan jou, die kry swaar die dra die klip ini hard, die ander is maar te goddank bly niks is haar probleem nie. Dis nou jou verantwoordelikheid, dis nou jou probleem, dis mos jou skuld dis mos jy wie hom gevat het en verwoes het! Nadat sy te dankbaar was dis nie meer haar probleem nie! So met 'n skouerskud draai sy weereens haar rug op haar kinders, haar gedeeltelike verantwoordelikheid haar bloed. Hoe de hel slaap jy mens? 

Daar is net een "if" wat in my binneste so swaar aan 'n draadjie hang. Hoekom het ek hulle nie gevat toe hulle nog bitter klein was nie? Hoekom het my wese teen dit geskop? Sou ek vandag met dieselfde vrae gesit het? 

Sou dit 'n nuwe stel probleme op my skouers kom sit het. En ek se vir myself, one way or the other, hierdie swaar ding sou my nie verbygaan nie. Hoe seker is ek? Baie. 

Ten spyte van alles, of ek (ons) nou goed of sleg was, vroeg of laat begin het sou hulle dieselfde uitgedraai het. 

Is dit die opvoeding, die vormings jare, voorbeelde of die blote keuses wat daai kind self vandag maak? 

Is daar nie kinders van slegter agtergronde en omstandighede wie great uitdraai nie? 

Hoekom is dit dat soveel jong mense se, dis my verhaal dis my kruis ek gaan trots gebuk onder daai kak nie? In plaas van, dis my verhaal, dis nie mooi nie, maar ek kan 'n verskil in myself wees. Ek hoef nie soos daai famielie te wees nie, ek wil en ek kan beter. 

Maak nie saak hoeveel jare jy hulle gelei en geleer het nie. Hulle moer terug na die gelieg (om jou botter om die bek te smeer) en in die agtergrond gaan hy voort op die eerste 10 jaar se vorming want dit gee hom 'n kick of iets? 

Hoe kan 'n mens bv 3 kinders he, gelukkige huwelik en als, die een word 'n argitek, die ander 'n prokureur en die ander een 'n boemelaar? 

Wie se skuld is dit? Ouers of self? 

Nou debateer ek myself in 'n mallemeule in! 

En al wat ek wil doen is skree . . . word wakker kind . . . jou lewe is in jou hanne . . . NIKE - JUST DO IT . . . doen dit die eerste keer reg, en as jy nie weet nie vra net.  

Jy is nou groot, jou geleerdheid en toekoms in jou hande, ons kan nie meer jou hand vashou nie, jy is grootmens, ons kan nie meer pa staan vir jou voute nie, jou oppas nie, jy is nou volwasse. 

Ons kan net help, met raad en bystand en gebed, maar wat jy op jou eie aanvang is buite ons beheer. 

Ek het julle altyd gevra, as julle stout was, voor jy die boom met die byl begin kap het, het jy gedink? Het jy geweet dis verkeerd? Het iets binne jou dit vir jou gese? En ek het julle geleer om na daai stemmetjie te luister. Nou gebruik daai ingeboude onderbewussyn of wat ook al asb in als wat jy aanjaag, en as dit nie met jou saamstem nie, moenie dit doen nie. Streke kom altyd uit, veral skelm streke. En dan is jy Jannie Jammergat, dis die mense se skuld, dis die lewe se skuld. NEE dis jou eie toedoen, moet dan nie huil as jy aan die harde kant land nie. 2 de en 3 de en 4 de kanse kom weinig en jy bogger hulle almal op! Tel hierde hoeveelste kans gou op en maak reg, dis niemand anders se skuld nie. 

Ek het eendag met so 'n ma gepraat en sy het gese, haar kinders moet maar self suffer deur hulle voute en leer en self opstaan, en ek het haar veroordeel, vandag dink ek sy was reg. Dalk 'help' ons te maklik op! 

Wonder maar net, maar ek voel beslis beter! 

Daars voggies ini piering, nie so soet nie, maar ek kan drink. 

Groetnis van die ander kant af. 






No comments:

Post a Comment