Translate

Monday 25 August 2014

Die view hier van my klip af . . .

Ek sit nou al 'n hele ruk op my klip en observe.

Ek kyk die mense wie verbygaan en die wie so om my klip sirkel en ek kyk en ek neemwaar en ek dink, ek lees en ek leer.

Toe kom ek tot 'n slotsom.

Elke een van die asempies is deur die Skepper geskape, volgens sy beeld en sy hand. Dit maak ons almal perfek, dan nie. Nou wat maak ons anders? Ons gees maak ons anders, ons omstandighede maak ons anders en ons denke maak ons anders as die ander. 

Die skapie lewe maak ander anders as ander, soos as jy nie die wêreld volg nie maar deur jou gees gely word is jy heel anders, die andersheid maak jou dan soms uitgeworpe voel. Of sommer die hele tyd. Wat as jou anders wees die regte manier is van anders wees? 

Hoe sal jy weet?

Ek weet hoe ek weet.

As jy gelukkig en happy voel in jou unieke anders wees, dan is jy reg. As jy lief het en geliefd is in jou andersheid is jy reg. 

Dis nie verkeerd om daar op die klip te sit en bietjie kop skoon te maak nie, maar as jy daar afklim, trek weer die vuurhoutjie en steek die ou kersie op en maak lig. Moenie die lig in ander se oë skyn en hulle laat wegskram van jou lig af nie. Skyn dit so dat hulle comfort vind in die kring wat jou lig om jou maak en jou sien as voorbeeld en jou wil na maak en ook 'n vuurhoutjie skraap om ander mense te wys hoe heerlik dit is om in jou eie lig te loop en die ander andersters outjies nader te trek of sommer sy aan sy te loop en so nog 'n groter ligkring te maak. Laat die lig jou sigbaar maak en besef dat in daardie lig almal perfekte gebalanseerde anderster is. En omdat die lig jou so sigbaar maak, loop mooi, wees mooi en sien mooi. Mooi goed word goed waarvoor jy lief word, en as jy liefde het is daar nie meer donkerte buite jou ligkring nie. 

Dis so lekker om in hierdie raaisels te skryf, maar vir my maak dit soveel sin. 

Ek voel gelukkig, lig en vol warmte, ek is lief vir julle, en ek het vuurhoutjies as joune natgereën het in trane of smart of bitterte. As daai kritiseerende wesens jou vuurhoutjie doodblaas voor jy hom by die pit kon kry, draai jou rug bietjie steek hom stilletjies aan, moet niemand wys nie, en bly doodstil, loop met jou liggie en gou sal ander agterkom daar is iets anders aan jou en hulle sal nie die liggie kan uitblaas nie, hulle sal in hulle stilligheid ook onwetend 'n kersie vat en saam begin stap, en met 'n skelm smile kan ons dan die ligkring nog groter maak. 

In ons ligkring is daar strelende hitte, liefde en respek vir andersheid, uniekheid en happieness. 

As jy vol geluk en liefde en vreugde is kan die aanslae maar kom, soos in die lewe is daar sommige omstandighede wat ons nie kan vermy nie, maar ons sal nie vrees nie, ons sal daardeur kom, kersie ini hand. Ons sal leer om die vrees daarvoor te laat gaan en te weet daar is 'n Groter hand wat ons daardeur sal dra. Ons moet leer deur sulke omstandighede, hoe gaan ons anders groei? Hoe gaan ons anders wees sonder om anders te wees? 

Anders is goed, maak jou tong vol met goedheid en smoor die kretiek en afbrekende woede woorde en spot dood in die donkerte van jou skaduwee. Ek noem dit my stilte. Ja ek dink ook baie aan bitchy things to say, maar ek probeer hard om my eie voorbeeld te volg. Ander se anders wees is nie noodwendig nodig om gekritiseer te word nie. Wys net jou lig en steek maar die kwaad in jou yin yang bietjie weg in die wit van jou lig. 

Mooiloop lesers.

Liefde

Iretha