Translate

Wednesday 13 May 2015

Die invloed van media op jou dag . . .

Ek lees vanmore 2 goed raak, die eerste is 'n epos oor 'n Switzerse rubriek skrywer, en dit gaan oor Afrika en veral Suid-Afrika, feite, maar omdat ek dit gelees het voel ek redelik swartgallig, dit gaan oor die mense in beheer van die land en ek hoef nie veel meer te sê nie, julle weet mos wat aangaan, en ek onthou hy het gesê dis 'n "slow heating pot" en daai wroeging kom steek hier in my binneste vas.  Hy vergelyk Suid-Afrika met ander Afrika lande en sonder om veel te weet kan jy die prentjie sien. En so scroll ek toe maar deur FB om die nuutste stukkies uit my online vriende se bestaan te aanskou en hier sien ek die volgende: 

Nou ja, wat meer kan ek sê? 

As die loadshedding en die koerant berigte teen die pale en die nuus jou vanmôre laat voel soos ek 10 min gelede gevoel het, lees weer hier bo.

Lekker dag vir almal.

Iretha