Translate

Thursday 3 October 2013

5 Witkinders en 'n porra

Die porra en die een witkind het vroeg geloop, snacks en drink by ons huis, gisteraand. . . 

Baie komplimente gekry oor my eetgoed wat ek uit byna niks uit moes optower nie, jy kan mos nie gou winkel toe ry vir iets nie so toe maak ek maar garlic pizza brood met rocket een tamatie en borage blomme uit die tuin uit, frikkadelle en falafel en humus en gekookte eiers, salticracks met radyse en kaas en gurkins en weetie wat nog nie. 

Die gaste kom so 6 uur aan en die tafel lyk pragtig, ek moeg en moerig, was nie lus vir die affere nie, maar toe val die wiele van die bus af, Yusaf die drywer het 2 kaste bier gebring, 660ml's en daar was wyn. 

Die manne het gekuier, Wollie was later doenig onder die stoele en wou nie end kry nie, skaamteloos geknor. Die stories het gewissel van bemarking, golf, karre, bikes en later die stouter onderwerpe, my mond het oopgehang, goed wat ek nie hier kan skryf nie, ons het so gelag dat die tyd gevlieg het. Grappies was eers versigtig in engels vertel en toe hoe meer die bier en wyn loop hoe Afrikaanser het hulle geword. 

Die nagwagte en hulle haelgewere het al om ons gesirkel, die mis het opgekom en sulke slierte deur die bome kom trek, ons het met nostalgie toegekyk hoe mooi die plek dan nou vir ons is. 

Vanmore 1 uur, toe gaan klim ek ini bed, Danie het so 2 uur kamer toe gekom. Net na ons die lig afgesit het, wawyd wakker en verby ons moeg en slaaptyd, skiet die wagte toe gou hulle gewere se lope skoon, hier binne giggel ek toe oor die vreemde outjies wie sommer toe hier oorgeslaap het, die ene se eerste besoek aan Nigeria, die moes dink die vyhand is nou op hom, lol! Vir ons is dit normaal. Skrik nie eens meer soos aan die begin nie. 

Nodeloos om te se ek het lank gevat om aan die slaap te raak en het dood eenvoudig, vir die eerste keer van dat ek hier is, geweier om op te staan. Ek kan mos en ek wou. 

Vanmore tel ek die empties, 13 bier bottels en 3 wyn bottels, dink ek het dalk een by myself gehad, weetie, die kop se nie so vanmore nie. 

Dis nou 'n gewone weeksaand, en dit gebeur sporadies hier. Want ons kan.

Voel jammer vir die manne wie moes gaan werk, maar dis seker een van die voordele van ex-pat vrou wees. 

Al wat ek sou wou verander het van die aand sal wees, in plaas van tussen waaiers te sit, sou ek 'n vuurtjie baie geniet het. 

Sterkte aan julle manne by die werk, ek is vars en gaan nou my bad vat. 

Ewenaar groete. 

No comments:

Post a Comment