Translate

Friday 18 October 2013

Ek se maar net . . .

Vandag dink ek weer te veel . . .

Ek dink aan al die mense wie werk en stres ervaar - ek wens julle vrede ini werkplek toe
Ek dink aan die mense wie tussen werke en veranderinge is - mag als reg uitwerk
Ek dink aan die wie moet verhuis na onbekende plekke - mag jou oppak mooi deure oopmaak
Ek dink aan die ou mense en wie hulle eie probleempies het - mag julle vrede he
Ek dink aan die gesonde mense wie nie die dankbaarheid betoon nie - mag jy gesond bly
Ek dink aan die siekes wie net wil gesond wees - ek wens jou genesing toe
Ek dink aan die armes wie net genoeg wil he - 'n dak oor jou kop en geldjie ini sak en kossies ini kas
Ek dink aan die mense wie hulle doel soek - vind, jou antwoord is naby jou
Ek dink aan die mense op hulle knie - jy sal kry wat jy nodig het
Ek dink aan die wie gefrustreed voel - antwoorde en lig en geduld vir jou
Ek dink aan die wie hartseer is - vertroosting vir julle
Ek dink aan die wie verneder voel - jy is meer werd as wat jy dink
Ek dink aan die wie genoeg het maar steeds soek - insig op jou soektog
Ek dink aan die wie bang is - beskerming vir julle
En ek dink ook aan die wie gelukkig is - mag dit jou beskore bly.

So sit ek en dink, elkeen op sy eie miesie in sy eie omstandighede, en ek voel so bevoorreg, ek sien die groter prentjie, die omwenteling, ek sien die antwoorde, maar als gaan in 'n kringloop van gebeure, gevoelens en omstandighede, elke besluit elke daad veroorsaak 'n rippel effek in die heelal. 

Een ou se dood is 'n ander se brood het hulle altyd gese, dis so waar. 

Dink net byvoorbeeld hoe lyk dit partykeer aan die einde van die maand as een ou besluit om te trek, bakkies en waentjies in die strate, iemand verhuis, en dan sien jy nog een en nog een en dit lyk of als aant skuif is. En aan die einde van die dag is almal weer gesettle maar in nuwe plekkies. Soms voel ek als werk so, die hele heelal. Dinge kom en gaan in mens se lewe en maak plek vir nuwes, die oues vergete. 

So voor ons doen of praat, dalk moet ons net eers oordink, dink aan die gevolg van jou oorhaastige vingers op die keyboard of jou woorde in 'n ander se gesig. Gevoelens, onbeheersd, maak 'n rippeltjie en daai rippeltjie trek reg oor die heelal . . . en as hy weer by jou uitkom is die sirkel voltooi en die jammer is gewoonlik nie so kragtig soos die aanvanklike daad nie. Jammer se rippeltjie raak meestal verlore voor die sirkel voltooi is . . . 

Almal het gevoelens, van die mense naaste aan jou tot die ou wie agterop die vullis trok ry . . . 

As almal gevoelens spaar, is ons heelal dalk 'n gelukkige sagmoedige plek. 

Volgende keer, voor jy op jou weghol trokkie klim en jou tong gries op die brieke gooi, mik vir die muur en ry jouself te pletter, voor jy oor jou medemens stoomroller . . . 

Ek dink maar net . . . se maar net . . . 









No comments:

Post a Comment