Translate

Monday 14 October 2013

Satangsvrou, die wiel draai . . .

Ek skryf hierdie vandag vir 'n vrou wie my kind se lewe bitterlik baie swaarder maak.

My kind is al 29, sy is pragtig maar dra swaar aan haar seer, nou moet hierdie Jesebel, nog haar lewe daagliks swaarder maak.

Wie met 'n menslike hart, trap op 'n vrou wie haar kind aan die dood moes afstaan? Satangskind?

Wie is jy om haar te veroordeel omdat haar kind binne in haar dood is en sy 'n leweloose liggampie moes sien nadat hulle haar uit haar uit gehaal het? Hoe moes sy weet haar kind is dood? Dink jy sy sou niks daaraan gedoen het as sy geweet het nie? Dink jy dis lekker? Of verlekker jy jou in my kind se swaarkry en hartseer? Gaan sit en dink bietjie, ou bitterbek met jou flymskerp tong, hoe gaan hierdie lekker steke van jou terugkom en omdraai in jou lewe? Sien jy jouself as volmaak en gepanser teen hartseer? Wat as dit jy was? Het jy nie geleer toe jy self amper dood was en nog 'n kans gegun was nie? Slaap jy lekker in die nagte? Of is jy 'n superwese wie teer op ander se hartseer en dink dit gaan jou verbygaan? Het jy al 'n kind begrawe? Wie is jy om al hierdie goed te se en te dink jy gaan ongeskonde daarvan afkom?

My mens, ek het nuus vir jou, my kind se oopgekrapte rou sere, mag dalk net ook jou pyn word!

Ja jy daarin kan slaag om haar weg te dryf van daai bose negatiewe plek waar julle werk, weg van jou af, heilig is daai dag. En hy kom gou. Maar eendag gaan jy dalk hier lees as jou hart ook gebreek is en jy dink hy gaan nooit heel word nie, en iemand gaan dalk elke dag daai rowe afkrap met 'n tong so skerp soos joune, en dan hoef ek nie met jou te praat nie, jy sal self weet.

Ek braak nie graag gal nie, maar as ek nou aan jou kant van die ewenaar was het hierdie naels van my geen kans gehad om teruggetrek nie, ek sou jou tromp op loop en dalk tot jou level gedaal het, en jou 'n snot klap gegee het.

Nou vra ek, wanneer moet 'n ma nie inmeng nie?

Ja, my kind, jou man is reg, laat hom toe om hierdie keer vir jou op te staan, gaan maak haar bewus van wat sy doen, dalk is sy so dom dat sy nie eens weet wat sy met haar skerp vuur tong doen nie. Maar ek is verseker sy weet presies wat sy doen. Gee haar haar sin en haal jouself uit daai plek uit, dis nie die plek vir jou om te wees nie.

Hierdie ewenaar ma se gemoed is heel omgekrap vandag. Oor 7 dae klim ek daai vliegmasjien en dan gaan jy nie so dapper wees nie Mev Satangskind.

Ek weet ek klink soos 'n oorbeskermende ma, ek weet ek klink dalk bietjie platvloers, maar krap aan my kind en die ordentlikheid en selfbeheersing vlieg by die venster uit . . .

Ek is maar net 'n ma . . .

No comments:

Post a Comment