Translate

Tuesday 25 February 2014

Man maak 'n plan . . .

Met tye wanneer ons deur die dorp ry, hier deur die anderkantste huisie se dorp, dan bekyk ek mos nou maar die opset so deur die kar se toe venster, die bokkies die kinders die mense die huise en hoe hulle leef en woon, en dan is daar altyd die paar huise in 'n straat waar die helfte van die voorstoep opgebou is en met wit teëls uitgelê is. Sommige lyk soos 'n vlak bad, ander is opgebou soms tot so heup hoogte.

Die klein dwerg bokkies wat hulle as troeteldiere aanhou lê gewoonlik dan op die koel wit teëls maar nooit sien jy mense daar sit of staan nie.

Toe kry die nuuskierigheid die oorhand en ek vra die drywer wat dan nou die doel van die geteëlde gedeeltes is.

Hy kom toe met die verduideliking voorendag;

Ouers bou huise vir hulle kinders en nageslagte, daar woon almal dan saam en die ouers laat dan die huis in hulle boedels na aan hulle families. Gewoonlik mos nou 'n pa of oupa of wat ook al. Maar die kinders en vrouens wie agterbly nadat die eienaar van die huis sterf, soek gewoonlik net geld, en dan verkoop hulle die huise en stry oor die geld en spat uitmekaar om nooit weer bymekaar uit te kom nie.
Nou, daai ding op die stoep, is die huiseienaar se graf . . . dis al vir jare lank die gewoonte. Almal behalwe die eienaar van die familie huis word in die begrafplaas begrawe, maar die eienaar word daar op die voorstoep ingespit en mooi netjies ingemessel en geteël.
Wie sal nou 'n huis koop met 'n graf op die voorstoep reg by die voordeur? So op die manier verseker hulle dat die huis in die familie bly en dat almal 'n 'huis' het waar heen hulle kan gaan.

Nou as dit nou nie baie slim is nie weet ek nie so mooi nie. Briljant.

Ewenaar groete,

Iretha

No comments:

Post a Comment