Translate

Wednesday 10 September 2014

Na 20 jaar

Gister was ons 20 ste jaar van getroud wees.

Op daai Vrydag 20 jaar gelede het ek jou 2 maal getrou, eenkeer ini hof en een keer ini kerk voor God. Daar het ek met gesmeerde makeup ja gesê, (weer trou was nie op my agenda nie, nie na wat ek deur was nie, ek wou myself en my kind beskerm teen nog seer en teleurstelling, maar jy het aangehou en aangehou tot ek ingegee het) en toe sê ek 2 keer ja op een dag. Ja vir jou, ja vir botter en vir wors. 

Wors het gekom en botter het weer beter kom maak en so met botter en wors is ons nou al 20 jaar saam. En ek dink dis die dat ons nie verwagtinge vir die huwelik stel nie dat ons so ver gekom het. Ons verwag nie dat dinge moet wees nie, dit is net, ons verwag nie veel van mekaar nie, net liefde en vertroue. Ons stel nie vereistes nie, ons is net. Want ons is mos net ons, ons is mos net gelukkig, ons is mos net vir mekaar. Ons trek in dieselle rigting, sonder om te veel te dink. Ons vul mekaar aan en gee raad oor en weer sonder om af te breek, ons bou mekaar ons hande altyd inmekeer. 

Dis maklik saam met jou, al was die wors tye behoorlike wors tye. Die botter tye dan maar altyd weer beter en beter. 

Daar is seker 'n resep vir gelukkig wees maar as ek nou moet gaan sit en dink wat dit is gaan dit nou skoor soek wees, so tussen my en my annerhelfte doen ons maar net die ding. Maar ek moet vandag vir hom sê, as dit nie vir sy toewyding en liefde vir my was nie sou dit nie kon wees nie en anders om. 

Ek wil dankie sê, dankie vir my kans vir geluk en dankie vir jou. My hart is vol. Ek is gelukkig want ek wil wees, die reuk van die 20 rooi rose in die vaas in my neusgate! Jy is die beste. Jy is my beste mater my vertroueling. Jy hou nie boek van die kwaad nie en jy is liewer vir my floors as vir my goed. Ek is lief vir jou met nukke en al, sonder dit sou jy mos nie jy gewees het nie. 

Ek is trots op jou, jy maak my lewe vol.

Ek het vir jou daai kombi bus gekoop as simbool van ons travels saam, ons lewe saam, 'n regte hippie kombi bus, om jou aan my free spirit te herinner en te sê, ek loop saam met jou, ek rys saam met jou ek leef saam met jou, my hart klop vir jou. Want ek wil en ek sal.

Ek klink nog 'n glasie borrels op ons, in die lewe en in die wat nog kom.

Love you lotz my lief.

Ek


No comments:

Post a Comment