Translate

Tuesday 23 September 2014

Skelm loertjie in my huisie hier in SA

More ewenaar vriende, duskant en anner kant, 

Ek sit 'ge-trap' hier in SA, agv my paspoort aansoek wat om die een of ander rede vreeslik lank vat, en elke dag as ek nou klaar gebel en gestress het daaroor, dan speel ek ini huis, die strate maak my op.

Ek en die elektriese boor en die hammer en skriewe en spykers is nou weer hernude kennisse.

Ek het besluit om ons ou plekkie hier 'n Bohemian look te gee en tot dusver speel ek net met die goedjies wat ek het, het nog minimaal gekoop, en die verf sessie stel ek nog uit . . . Dink dis te permanent om dit te waag voor ek 100% seker is. 

Hier is 'n paar fotos . . . 




'n Serpie en my favourite boeke op 'n hopie op die heater (om hom weg te steek) getooi met my krale en 'n kers . . . dit was die eerste stappie . . . 





Toe maak ek die spierwit oorgetrekte bed bietjie vrolik met nog lappe . . .




Oulike juwele kassie wat op my gespring het by Sotran Meubels . . .

Toe koop ek sommer 2!


Love hulle, want ek het mos baie goetertjies om daarin te pak . . .

Gister, hang ek toe die antieke handdoekrak wat in my pad staan teen die kaal muur langs Johnny, Johnny is die kameelperd wie ons van Okahandja af gevolg het, 1000 km ver het sy kop by die venster uit gesteek en vir baie vermaak gesorg.


Intussen speel ek verder, gaan vandag kleurville serpe soek om aan mekaar te stik vir die nuwe kombuis gordyne, die wat nou daar is is bietjie vaal van die skerp oggend son . . . 



Dis nou nie eintlik kombuis gordyne nie maar doen die ding en skep so 'n ouma gevoel, ek is mos 'n ouma. 

Dalk as ek weer die bevlieging kry sal ek die res met julle deel. 

Dis nou hoe ek ons klein 'granny flat' in ons eie huis se agterplaas toor om karakter in 'n klein plekkie te kry, en raai wat, my man is mal daaroor! 

Julle moet dit ervaar om te kan waardeer, die lekker gevoel het noggie naam nie, ek word soggens wakker en voel of ek deel van 'n uitstalling is, lmga.

Tot volgende keer.


Iretha 

No comments:

Post a Comment