Translate

Sunday 18 August 2013

Maak 'n verskil . . .

As ons eendag nie meer op die aarde leef nie en ons sien mekaar weer, wil ek weer die besluit maak om aan jou sy te wees, ek wil weer deel wees van my vriende se lewens en ek wil weer ma wees v my kind. 

Ek wil weer doen wat ek bedoel is om te doen, ek wil mense se lewens verryk, ek wil vreugde en liefde uitdra en ek wil dalk leer om ander gesond te maak, geestelik en fisies. 

As ek weer aarde toe kom wil ek 'n groter ligkring uitstraal, ek wil verandering bring, vrede uitstraal, vrede op aarde, vrede in lewens bring. 

Maar omdat ek nog hier is gaan ek nie wag vir daai dag nie, ek wil dit mos nou al vir lank al doen, ek weet nie of ek al aan daai kreteria voldoen nie want ek is te veel vasgevang in my eie knope in die lewe. Dis moeilik om te skyn as daar nog 'n donkerte oor ons hang, 'n kombers van rou. Ons gaan almal dood en dis moeilik vir ons aardse wesens om dit te verwerk, veral as die vrae in die hart hang oor wat die rede kan wees vir 'n kind om dood te gaan nog voor sy gebore is. Die vrae oor hoe om die seer uit my kinders se harte uit te verlig. Die vrae oor hoe om dit te verwerk. Maar as ek een ding weet dan is dit dit: Ons sal weer eendag in vrede en liefde en sonder vrae in die hiernamaals die grootheid kan geniet en ons sal mekaar omhels en saam wees sonder seer en sonder vrae want dan sal ons die antwoorde ken.

Die Skepper van ons en van als, en as ek se als bedoel ek als veel groter en verder as wat ons koppe kan dink. Daar sal ons aankom en ons sal soveel grooter en sterker wees as nou, ons groei in hierdie lewe, ons groei deur swaarkry en ons groei deur te struggle. Als in hierdie lewe is gerig op siele groei. Niemand sal ons verkwalik as ons bietjie struggle nie, ons is mense op aarde. Ons moet gefokus wees op daai groei, ek weet nie die hoekoms en die waaroms nie. Weet net van eendag, en daai eendag is vir my die antwoord, ek wil nie te veel tob nie ek wil nie teruggehou word deur hierdie dinge nie, ek wil aangaan met my doel in hierdie lewe sodat ek dit kan doen met oorgawe en sukses. Ek kan mos met 'n klip in my bors smile, ek kan mos nogsteeds se, ek glo daar is goed in als, ek kan mos se ek is hier om te bemoedig en om my liggie oor jou voete te laat skyn. Al is dit nie so helder nie maar hy is daar. 

En al is daar vir ons geen grooter tragedie nie, sit ek soms en luister na ander en ek besef daar is mense met grooter swaarkry en ek wil vir die in so 'n donker put se, kyk op, al is die put hoe diep, kyk, daar bo sal die son 'n kolletjie maak, en dis waar heen ons kyk en beweeg, na die lig toe, die son kom elke dag op en dis 'n teken vir my, die skepping en ons gaan aan, ons haal asem ons het nog goed om voor dankbaar te wees. Daar is vreugde so onder ons neuse, daar is seeninge reg voor ons, ons moet net kyk en raaksien. 

Nou as daar iewers aan die anderkant van die ewenaar 'n ou blinde tate kan staan en van sonop tot son onder op sy 2 voete almal seen wie verby gaan, hy kan net hoor, hy kan nie sien vir wie hy bid nie, dan kan ons 'n les by hom leer. Ons gooi altyd 'n geldjie by die venster uit as ons daar verby gaan, 'n klonkie tel dit op en gee dit vir hom, oyinbo se hy dan, wit mens. En die tate gaan net aan, handjie ini lug. Sy blindheid stop hom nie om vir sy medemens die seen te vra nie, hy is nie verbitterd nie want dan sou hy nie daar gestaan het nie. Tate ek se vir jou, as ek net helfte van jou dankbaarheid gehad het ek klaar gewen. Ons ken nie jou verhaal nie, ons betuig net bietjie dank deur 'n paar note by die venster uit te gooi, die maak jou en jou mense se magies hopenlik vol sodat jy weer more oggend jou pos kan volstaan. 

Steek 'n hand uit, maak iemand se dag, ek se nie gee geld nie, ek se net 'n gebaar sal klaar die ding doen, nie om jouself te laat goed voel nie, om dit instinktief uit die diepte van jou hart te doen, net 'n gebaar, 'n glimlag of 'n drukkie of 'n hand op die skouer. Kweek die gewoonte aan, omgee kos niks nie. 

Ook vir ons natuur, buk af, tel daai lee koeldrankblik op, gaan gooi hom ini drom, bring jou kant en maak 'n verskil. 

Groete van duskant die ewenaar af. 

Iretha 

No comments:

Post a Comment