Translate

Thursday 8 August 2013

Nou wil ek gal braak!

Ek verneem van 'n vriendin dat sy en haar man gaan skei, en geskok vra ek nou hoe dan nou, ons het dan nou die dag nog so lekker troue gehou? 

Sy vertel my dat sy hom nou al 2 keer uitgevang het dat hy rondloop, en ek is geskok, wat gaan aan met die mense? 

Nou wil ek net vandag vir daai ouens wie so rondloop en verwag dat mamma maar by die huis moet sit en haar bek hou, se: dis bull shit! As jy dan nou nie meer so lief vir haar is nie, maak 'n skoon breek en dan gaan swaai jy maar daai listige goed van jou rond. Mense het gevoelens, en dan se sy nog sy sal altyd lief bly vir jou. Wens ek kan haar wys dat die son weer sal skyn. Haar dogters het jou pa genoem jou ass. Jy het nie net haar hart gebreek nie maar almal naby haar s'n ook. Nou moet daai dogters die lewe in, met jou as 'n vader figuur in hulle geestesoog. 

Wens dat miljoene rooi miere jou plek wat jou pla sal betrek en jou vingers in doringdraad ontaard! 

Nee kyk ek is nou sommer rooi warm van ergernis. 

Ja elke storie het 2 kante, dis sommer net listigheid en die duiwel het jou lekker in sy greep beet pappie en hy gaat jou lekker gebruik maar as jy tot jou sinne kom is daai harte wat jy so gebreek het verhard en gaan daar nie weer plek vir jou daar wees nie.

En die slegste van als is dat daai vrou en haar dogters nou moet aangaan met hulle lewens met lidtekens van verraad vir die res van hulle lewens. Hoe moet hulle weer vertrou? Dit vat jare om te heel. 

Girls wie met sulke getroude listige mans jol, jy weet wat jy doen! Of vertel hy jou 'n liegstorie wat jy maak om te glo net vir die oomblik? Want die lus loop mos dik. Wie se jy is die enigste een? 

Trou met daai man nadat sy vrou in 'n heks ontaard het om te baklei vir wat hare is, en sussa sit jy maar lekker terug en wag, jou beurt kom, hy gaan dit weer doen! En boeta wie se sy gaan dit nie weer doen nie? 

Nee, oe ehe, aan al daai mense wie in daai versoeking kom en die versoeking kies, dink net vir 5 min voor jy overspel pleeg, wil jy al die bollie he? Of dink jy jy is slim en gaan nie uitgevang word nie? Dink net aan daai ander persoon, as jy nie lief is vir haar of hom nie, breek eers en maak dan soos jy smaak want daai seer kom nou nou terug na jou toe. Maar op daai stadium word daar mos nie veel gedink nie of mag ek maar se met wat daar gedink word? 

Ek praat nie dubbelsinnig nie, as jy mooi lees sal jy sien wat ek bedoel. 

My hart gaan uit vir die wie regtig onskuldig is . . .  been there never got the T-shirt! 

Vir die onskuldiges, jy sal dubbel beloon word, met 'n lewe vol liefde, soms vat dit net tyd soms nie. 

Ek sit weer vandag en praat met die keyboard en skerm, dalk wil julle nie sulke goed lees nie maar dis die werklikheid en dit gebeur, ek het lank lank gelede 'n hele boek oor so 'n oneindige rondomtalie verhaal geskryf, my eie, en toe op 'n goeie more als delete want ek wou. Dit was uit en oor en ek het in 'n nuwe era in beweeg en het dit nie meer nodig gehad nie. Jare se skryf en jare se trane met een knoppie weggevee . . . van daardie dag af het ek nie weer teruggekyk nie, maar stories soos die maak my warm onder die kraag en dan tik ek soos Speedy Conzales sonder om eers te proeflees. 

As daai duiwel oor jou skouer kom loer, druk jou vinger in sy oog! 

Ek se maar net. 

Iretha 


No comments:

Post a Comment