Translate

Thursday 8 August 2013

Ek moenie oordeel nie . . .

Vanmore was ek nie veel lus vir rondloop nie maar besluit toe maar om 'n draai te ry want Rosie was die vloere al om my en ek voel bietjie ini pad toe gaan koop ek maar goedjies om ietsie mooi te maak want as my hande besig is is ek mos ek.

Ek staan toe nog so in die scrap booking winkel ( ek moet julle net by se, dis een van die oulikste plekkies waar ek in 'n lang tyd was, netjies, skoon en die verskeidenheid is amazing) en gesels met die dame daar en ek vertel haar van my blog, ek mag myself mos adverteer, toe daar 'n vrou by die veiligheids hek kom staan en vra vir sterk gom. 

Sy het 'n stuk valcro in haar hand en se sy wil haar kar se 'glove box' toeplak met die valcro, eerste fronsie kom sit tussen my oe, toe vertel sy hoe sy haar 'pay' in die kar gaan toesluit het en dit toe gesteel is en nou is die kompartement heel stukkend en hang oop en 'n nuwe ene kos R6000.00. 

Shame man, dink ek, maar sy gaan aan asof die deur nou oop is en die binneste moet leeg, sy vertel, nogsteeds buite die veiligheidshek, dat sy haar man in sy m..r in gestuur het want die beskuldig haar dat sy die medies gebruik het vir haar ma hulle en nou kan hy nie sy oe toets nie maar hy het in 2010 sy brille stukkend geval toe hy weer gesuip was en nou is dit haar skuld dat hy nie kan oe toets nie, en sy het 2 weke gelede 'n histerktomie gehad en nou is hulle medies uitgeput en 'n ruk voor dit moes hulle haar maagklep vervang en sy moes weer van voor af leer eet en nou na die histerktomie moet sy weer leer loop en sy het nou net van die mall af geloop (10km of so dink ek by myself) maar sy beduie haar kar staan daar anderkant, en ek wonder of sy nou gaan vra vir geld, maar sy doen nie, en ons kry nie veel gese nie, my kop hol rond, wat op aarde? 

En so praat sy voort en ek en die vrou agter die toonbank kyk mekaar, toe sy ewe om verskoning vra dat sy ons verveel het met haar lewe en toe verdwyn sy weer. Ek vra vir die vrou, ken jy haar, die se nee. Net so uit die veld geslaan soos ek. 

Is daar nou 'n rede hoekom sulke mense net so voor ons inval en als uit basuin of is daar nie, my enigste opmerking was . . . ek kan net vir sulke mense bid. Wat het geword van self respek? Ek sou nooit oorvertel van my gesuipte man nie ek sou my dood skaam, waar het dinge so verkeerd gegaan dat sy alle selfrespek verloor het? Dis weird en ek wonder nogsteeds daaroor . . . 

Ek ry toe na die volgende plek toe om kraletjies te koop en ek dink aan die voorval, ek is skoon deurmekaar van verwarring. En daar voor die winkel sentrum sien ek nog so iemand wie ek lank gelede geken het en ek parkeer en ek bly sit. En ek dink, ek kan nie nog binne 10 min so 'n voorval hanteer nie en ek sluit die bakkie aan en ek ry huistoe. Sonder kraletjies. 

Nou voel ek meer deurmekaar, ek weet dinge gebeur soms met 'n rede, mense word op jou pad geplaas met 'n rede en die enigste rede kan wees dat ek moet weet ten spyte van ons hartseer en verliese is daar mense met ander probleme, dalk erger as ons eie. 

Ek sit en kyk vir my bekertjie en pieringkie, die ou kersie se vlammetjie wapper heen en weer in die winter wind van die binneste en ek weet, ten spyte van verliese en verlange is daar liefde in my lewe. 

Dankie vir die liefde in my bekertjie . . . 

Iretha 

No comments:

Post a Comment