Translate

Sunday 18 August 2013

Om en om . . .

Sondag more, die wind waai met 'n missie, die son dans deur die vensters en ek kyk die besigheid so en klim sonder seremonie terug in die bed, Ipad oppie skoot. 

Koffie staan stomende op die bedkassie en ek is terug by my lysies. Dis 'n goeie teken.

Piet-my-vrou roep buite en ek skryf voeltjie saad op my een lysie, en vrugte. 

Ek kyk na die almenak en ek sien daars 12 dae oor. Ek tel elke dag, ek weet dis 12 maar ek tel weer. 

Die stadige tyd het eintlik gou verby gegaan, maar daar het so baie gebeur soveel emosies waarmee ons nog deel, en nou begin ek afrond, die om en om ding begin weer. Ek moet dit koop om saam te vat en wou nog dat doen en die sien en nou lyk dit my soos altyd gaan dit nie als gebeur nie. Ek wil huistoe maar ek wil ook hierdie wereld saam met my vat. Nie als nie net die paar ou dingetjies wat saak maak, mense dingetjies. . . 

Moet nou nie deurmekaar raak nie, dis 12 slapies dan kom my man, dan gaan ons bietjie vakansie ini bos hou. Afwen of opwen nes jy wil. Dan moet hy paar noodsaaklike dingetjies doen. Dan gaan ons terug na die anderkant van die streep toe. En dan is dit weer die om en om storie, dan verlang ek weer my mensies hier. Dis die alewige om en om. 

So daars 'n lysie vir saamvat en 'n lysie vir bostoe vat. Die voeltjie saad is vir die bostoe vat. Hulle se uitdruklik moenie die diere voer nie maar voels is mos voels dan nie? (Wens ek kan dit regkry om die kappies en kolletjies op die Ipad te gebruik, sorry) 

Oor 'n paar dae skryf ek vir julle uit die bos uit, onder 'n boom uit met my anderhelfte dig langs my. Dan kan my liggie weer vir ander begin skyn want ek weet as hy by my is sal die ou vlammetjie weer opvlam en volwaardig brand. 

So koffie ini een hand, lysies gesprei om my, groet ek julle vir nou. 

Geseende dag.

Iretha 




No comments:

Post a Comment