Translate

Sunday 11 August 2013

Briefie

My briefie aan jou vandag . . .

In 'n geseelde koevert sit ek vir jou
'n Stukkie van my hart 
Woorde van liefde
Verlange en drukkies
'n Sweempie van my parfuum
en woorde van deel

Ek skryf jou naam op
en waar jy bly
jou adres is my hart
my hart is by jou
my huis is waar jy is

Ek soen die seel op
ek vryf die brief oor my wang
en stuur hom vir jou
daar waar my hart is
daar waar my huis is
daar na waar jy is . . .

Maak hom versigtig oop
druk hom teen jou vas
daar waar my kop wil rus
op jou bors met jou 
in my neus
jou manwees
in my menswees . . .

Lees van my liefde vir jou
van my verlange na jou
van my hunker na saamwees
met jou manwees en menswees . . . 

Sit hom in jou bosak
Ek is naby jou hart
knus teen die plek waar 
ek kan self wees
vry wees
lief wees
mens wees . . .

Dra hom daar
tot ons weer bymekaar kan wees
ons saamwees
ons een wees
ons een mens kan wees . . . 

Tot ons harte weer saam klop
een ritme 
een liefde
ons liefde van klop klop
op die ritme van ons vreugde . . .



Woord vir woord uit my hart uit geskryf, net vir jou! 

Iretha



No comments:

Post a Comment