Translate

Tuesday 13 August 2013

Die vrou by die busstop

Eendag kom 'n man in die plek waar ons almal gaan na ons gesterf het en toe hy voor die wyses verskyn vra hulle hom uit oor sy lewe op aarde.

Hy vertel vir hulle hy het baie suksesvolle besighede gehad en hy het aan baie mense werk verskaf wie andersins baie swaar sou kry. Hy bieg ook dat hy soms baie ongeduldig en aggrisief voorgekom het. Hy het ook baie goed vir sy gesin gesorg en was 'n baie goeie pa en eggenoot. 

Die wyse man vra hom toe om vir hulle te vertel van die vrou by die busstop. 

Hy kon nie onthou nie, hulle gee hom tyd om te dink en toe hy onthou vertel hy die storie. Dit was van geen belang vir hom nie. Hy was een oggend haastig oppad kantoor toe en langs die pad het 'n vrou gesit en hy kon hoor dat sy saggies huil. Hy het sonder om te dink langs haar gaan sit, sy arm om haar skouers gesit en met haar gesels en haar moed ingepraat. Toe die bus kom het sy hom verseker sy voel beter en sal ok wees. Hy het opgestaan en aangegaan met sy lewe sonder om haar ooit weer te sien of om daaroor te dink of dit te onthou. 

Die man was verbaas dat so 'n gebaar nou juis die een is wie die wyse manne wou hoor en sy lewe aan meet. Hy het haar nie eens geld gegee nie, nie 'n werk geoffer nie en dadelik totaal van haar vergeet. 

Ons moet meer gaan sit en dink oor die waarde van ons lewens op aarde. Soms maar 'n handjie uitsteek, soms net 'n bietjie meegevoel toon. Ons hoef nie daaroor te loop en brag nie. Ons hoef nie ons besittings uit te deel nie, net 'n bietjie tyd, net 'n klein bietjie omgee, dis nie baie gevra nie. 

Doen net soms bietjie goed en beweeg aan. Dis wat ons groot mense maak, dis wat ons goeie mense maak. Dis wat ons laat groei in die geestes oog van ons Hoogste hand. 

Deel maar 'n drukkie, leen maar 'n oor uit. Vandag beteken dit nie veel nie maar eendag sal dit wel saak maak. 

Iretha

No comments:

Post a Comment