Translate

Tuesday 18 June 2013

Stukkie uit my boek . . .


Ek vat vandag 'n stukkie van die boek en laslappie maar so by want hier is baie steurings in die huis, die werkers ruil gloeilampies en dit vat 6 op 'n slag om dit te doen en loop in en uit en lawaai en ek het stilte nodig om te skryf, dis nie moontlik vandag nie.
 
Die mense van wie ek hier onder praat is nie die 'engeneers' wie gloeilampies omrui nie, lmga.
 
Hier kom en gaan mense in en uit jou lewe uit, die een dan na die ander. Sommige bly langer en jy moet leer om saam met hulle te lewe en te deel. Jy het nie 'n keuse van vriende nie, dis asof die Vadertjie hierdie mense voor jou neersit en sê, dis nou met die wie jy daagliks sal omgaan. Jy sien hulle struggle, hulle blywees en hulle hartseer, jy sien die selle ding in hulle oë wat jy in jou binneste voel en jy erken dit maar te goed. Ons maak ons binneste vol lekker huisvleis en jou anner binneste met nuwe dinge, nuwe lap nuwe grond en dieselle son wat nou dalk op ander plekke winter skyn skyn altyd somer hier.  

Die mense van hier doen en sê dinge anders as wat ons gewoond is. Hulle ry self aan die verkeerde kant van die pad, maar hulle lewe en hulle dink hulle lewe reg, so is daar dan so 'n groot verkil tussen die regte kant en die verkeerde kant? Soms sien ek die aarde skree! Waar is die vars water heen? Hoekom kan ons nie net die kraan oopdraai en vars water drink nie? Hoekom is die boorgat se water nie drinkbaar nie? Wat gaan aan onder die grond? Hulle leef so na aan die aarde en tog is als besoedel. Is dit plastiek en brandstof se skuld? Of is dit net die Afrika manier?  
 
Ek stuur eendag vir my suster (ek moet verlang want ek praat baie van haar) 'n foto van die 'hoofstraat' en sê ons is oppad na 'n braai toe, sy antwoord terug - 'lyk of julle in die lokasie ry!' Dis ons dorp en ek wil dit nie eintlik sê nie maar dis maar hoe dit lyk. So as jy nou in 'n normale plek kom (normaal is vir my soos in SA) dan lyk dit hemels.

Social Media het deel geword van ons daaglikse bestaan, dis vir die in kontak bly ding, maar het dit iets anders by die wie naby mekaar bly vernietig. Wat het geword van die tyd? Onthou toe ons tyd gehad het om sommer vannaand oor te kom vir 'n koppie koffie en saam sit en kuier? Nou moet ons afsprake maak want almal is so besig in die gejaag van die lewe. Hier het ons weer geleer van oorloop en kuier, maar dis met net 'n paar siele wat mens dit kan doen, want ons is net 'n paar mense hier.
 
Kom jy by die huis (SA) wil almal jou sien maar daar is nooit tyd vir als nie, nie eens tyd om te gaan staan en 'n lekker maaltyd voor te berei nie, take away is dan so maklik. Nou wens ek nog soms ons kan take away. Dis daai bose ding van fast food wat mens glo dood maak maar dis dan so lekker. Nou dat die fast food soos iets uit 'n sprokie en wensdenkery klink, maak ons maar lekker kos met die tyd wat ons het, daar is so baie van dit. Dis die seën waarvoor ek eendag so met die stuurwiel in my hanne gevra het.
 
Dis dae soos vandag dat mens wonder wat voorlê, sal ons weer aanpas as ons terrug gaan? Hoe lank voor ons ook weer dink als in SA is sat? Hoe lank voor ons weer dink die potholes is vreeslik? (Dit is nie, as jy eers aan die kant van die ewenaar gewoon het weet jy SA se paaie is in uitmuntende toestand in vergelyking met die res van Afrika. Hoe lank voor ons die eer om uit die kraan te kan drink miskyk? Die lekker malls as vanselfsprekend aanvaar? Karooskaap nie meer lekker genoeg is nie? Mag ek vir altyd hierdie dinge waardeer.
 
Maar ek moet ook 'n ander dingetjie met julle deel. . . sekerlik gaan julle my nou nie glo nie!
 
Hier aan die kant waar ons bly is ons nie bang nie, ons slaap soos babas, staan nie in die nag op vir 'n geluid buite nie, eintlik word ons nie eens wakker daarvan (as daar is) nie. Ons voel veilig. By die huis maak ek 3 keer seker die deure is gesluit, die hekke is toe en die alarm is aan. Alarms bestaan nie hier nie. Ja, ons het wagte buite, maar die vrees bestaan nie. Om hier allen te slaap en om in SA alleen te slaap is 2 wêrelde verwyder van mekaar! Ek mis nie eens my .38 hier nie.
 
unjinx, unjinx, unjinx
 
Tot volgende keer
 
Iretha
 
 
 
 

4 comments:

  1. Weer 'n baie lekker lees stukkie! Ek is bly dit gaan so goed daar. Mens kan tannie se verlange aanvoel, maar ek kan ook hoor tannie is gelukkig! Julle moet maar Namibia toe kom as die tyd aanbreek. Hier slaap ons ook darem nog met albei oe toe! xXx

    ReplyDelete
  2. Dankie Stoney, dis die uiteinde van ons planne maar die Groter Hand sal bepaal!

    Dit doen my hart goed om al die terugvoering te kry, dis maar 'n oorlewings meganisme die, en julle wie elke dag lees dra my deur die drif!

    Ken ek jou Stoney?

    ReplyDelete
  3. Best Seller in the making Buutvrou, ek is so trots op jou hoor jy!xxx

    ReplyDelete
  4. Dankie buurvrou, as dit nou BBM was het ek jou 'n drukkie gestuur!

    ReplyDelete