Translate

Monday 17 June 2013

Eenvoudige dinge

 
St Paul het gesê;
 
 
'God hid the most important things from the wise because they cannot understand what is simple'
 
My lewe bestaan uit eenvoudige goedjies, seker die dat ek so lekker kan gorrel,
 
Liefde en vreugde, die ou klein dingetjies wat mens gelukkig maak, so geluk is een van hulle.
 
Ek wil by sê, UNJINX!!
 
Gister was een van daai simpel dood een voudige lekker dae, ons het Ibadan toe gery, lekker shopping gedoen en toe 10 ander Suidafrikaners daar ontmoet vir 'n lekker ete by 'n Lebanese restaurant.
Viva Panchovino's!!
 
Die lag en lawaai en oor en weer 'ge-cheers' het my gemotiveer vir vandag se blog.
 
Hoeveel keer in 'n mens se lewe kan jy net terug sit en die lawwegheid van ander mense op slurp om weer die ou bekertjie vol te maak?
 
Ek moet by sê dat as jy daar instap wil jy weer uitstap, dis 'n eenvoudige glad nie moderne plek nie, nie van die skoonstes nie en as jy wil hande was nadat jy die badkamer gebruik het staan daar 'n emmer met water en 'n kommetjie vir die skep en was slag, maar dis so lekker daar dat ons almal sommer gou als misgekyk het en ontspan het en lekker gekuier het.
 
Die bring my toe terug na die keer toe ek en my suster 'n spa dag gehad het wat sy online ontdek
het . . .
 
Sal maar liewer nie die naam noem nie maar ek en my suster het dit die vlooitjie spa genoem.
 
Ons het daar aangekom en so met die stop slag kyk ons mekaar en seg nie 'n woord nie maar ons weet sommer, hier kom 'n ding.
 
Ingestap, nou kyk dis 'n ou plek, die matte se goiing kom al deur, die kosyne is bietjie verby verweer, maar die mense probeer baie onsuksesvol om die oud en nie nie so oud bymekaar te kry.
 
Ons het by die ontbyt tafel gaan sit en so fluister fluister besluit ons gaan eet en dan hol, want hier gaan dit nie vir ons werk nie. MAAR niemand sou ons glo nie, toe gaan haal ek maar die kamera in die kar, want die ding moet darm of film vasgelê word. So met lag ini maag vat ons ewe fancy kiekies van mekaar maar baie versigtig beplan met die gedane ou plek so agter ons sodat ons al die snaaks kan vang.
 
Na ontbyt kry ons toe nie kans om weg te glip nie want die oom met die boepie en een knoop missing kom staan die deur vol met 'n ry 'terapeute' agter hom en noem ons so op die name en wys ons wie ons gaan 'treat' vir die dag. Uitkom was min. Ons byt toe maar vas en kry sulke harde vergeelde kamerjassies en genadiglik nuwe slippers om aan te trek en word voorgestel aan die lokaal waar ons ons hande en voete 'getreat' gaan word. Die kamera is byderhand en ons neem fotos! Die stoele is toegegooi met komberse wie se randte laaannnkkal nie meer een in die geheue is nie maar ons sit maar. Daar le so 'n stuk of 3 honde rond en die roer nie een nie. Kyk, en die 'terapeute' kom in met enamel skottels en handdoeke en skrop en smeer goed en hulle sit rolletjies handoeke onder ons nekke en gooi nog sulke kombersies van toentertyd oor ons, want dit was winter. En hulle begin ons hande en arms skrop, ssssss ek deur my tanne want kyk hulle skrop om die wit af te skrop, en toe raak dit lekker, ek loer so na my suster en ek sien die se oë is bot toe, smaak my sy slaap, en ek maak maar myne ook toe, die geur van die skrop en nie olies maak my toe ook sommer gou lomerig en die kamera is vergete. (Daar was darm strelende spa musiek op die gatergrond) So skuif ons toe lui lui oor na die sagte stoele vir die voete se beurt. Ek weet nou nie wie onthou daai lae sitkamerstelletjies wat in pienk en blou gekom het met die groot rose op nie. Nou wel dit was van daai, maar ook deurgesit en die armleunings was bruin gevat van al die olie hande, maar ons sit maar . . .
 
Die was nou so in 'n kring gerangskik met 'n rooi mat in die middel, die het ook al beter dae geken, en die 'terapeute' bring nog skottels met water en klippe in (nie die mooi gladde klippe wat mens in spa's sien nie, die soort waarmee jy bou), 'terapeute' neem plaas op kontinentale kussings voor ons en die sssssss kom weer deur die tanne maar nie vir lank nie want toe raak dit weer lekker. En ek los die spiere en amper of dalk het daar 'n oe of 'n aa ook uitgekom. So deur die lekker loer ek so na die ander mense, ons was so 8 in die kring, en ek sien nee maar hulle geniet dit ook. So uit die hoek van my oog sien ek die 'terapeut' vat na iets op die handdoek oor my bene en dan vryf sy dit so op die mat, en ek sien van die ander doen dit ook so nou en dan en o my aarde, van onder die stoel steek die snoetjie van 'n muis uit, en ek hou my asem op, nie oor ek bang is vir muise nie maar oor ek bang is die ander dames sien hom en versteur die rustigheid. Nou is my oe vasgenael op die muisie. Die kom ewe gedwee en sit op die suikerskrop se pot se rand en met een gebreklike voetjie in die lug vreet hy te lekker aan die suiker, die 'terapeut' sjoe hom so met die een hand en dan kom hy maar weer terug. Ek dog so by myself, my suster, die moet jy sien! Ek stamp so aan haar met die elimboog maar sy roer nie, nog 'n stamp en sy loer my so onderlangs, ek beduie met die kop en oë na die muis, sy proes en giggel so in een en nou kyk ons muis. Die 'terapeut' sien ons kyk en staan op en verjaag die arme ding.
So na die voete sessie, en kyk ek moet sê, dit was die beste ooit! vra ek haar wat het hulle so kort kort op die handoeke gevang en op die mat gevryf? Ons het dit toe gemeen dat dit vlooie van die honde af moes wees.
Maar nou raak dit lekker en ons sien nie meer kans vir wegloop nie, vlooie muise of te nie.
 
Kop en skouer massage was onder die grasdakkie, soos die langs die pad in Namibia, so 'n ronne enetjie waarvan die grassies al deur die wind verniel is, by die groen dammetjie met eendjies op, nog 'n beste!
 
Full body was in die ou skuur of iets, daar het so 'n ou gordyn uit die dak aan pype gehang, die se doel was om die vier beddens in 2 kamers te verdeel. Klippe is warmgemaak met ketel water in blik emmers, maar weereens, dit was hemels.
 
Ons is toe daar weg na 'n virgin drankie, geolie van kop tot tone. Ek moet net ook sê dat later die dag was daar konsternasie toe een van die dames die muisie opgemerk het en op die stoel gespring het en soos 'n wafferse opera sangeres gegil het! Ek moet ook byvoeg, ons was weer daar en dit was weer lekker!
 
Die die model of the story is seker  -  maakie sakie waar jy is of hoe dit lyk nie, as jy in goeie geselskap is en goeie diens kry en die lekkerte kan voel, is enige plek lekker!
 
Groetnis mense,
 
Geoliede bekertjie ini hand want hy loop mos oor!
 
Iretha
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


No comments:

Post a Comment