Translate

Tuesday 11 June 2013

Ek het 'n paar goedjies waarvolgens ek probeer lewe . . .

ek deel dit met julle:

  • As jy gee, gee met 'n oop hand, toehandjie gee is nie gee nie
  • Hou jou besig met lekkerkry goed
  • Maak jouself sigbaar en omring jouself met positiewe mense en dinge
  • As jy lief is vir iemand, sê dit en wys dit
  • Moenie so maklik tou opgooi nie
  • Bid gereeld
  • Moenie windgat wees nie
  • Luister na ander, veral jou kinders en man
  • As ander jou irreteer, moenie terug asshole wees nie (ek sukkel soms met die ene)
  • Wees seriously nice met die wie jou nie like nie (jy gaan hulle regtig irriteer ;-))
  • Moenie klippe gooi as jy in 'n argument is nie, stel jou saak maar moenie seermaak nie
  • Vergeet en vergewe (ja ek weet)
  • Wees die donker se oorhand, laat jou liggie skyn
  • Onthou die blymaak goedjies gaan herinneringe word, so maak jou kinders en annerhelfte bly, bak maar daai mooi koekies en verras hulle. Eendag gaan jou kinders vir hulle kinders sê, ouma het dit altyd vir ons so lekker gemaak.
  • Deel jou weet met jou kinders, vandag wens ek ek het meer by my ma en oumas geleer
  • Goedheid is aansteeklik soos 'n gaap of 'n glimlag
  • Glimlag vir vreemdelinge, dis ook aansteeklik
  • Betaal jou skuld elke maand af
  • As jy met vakansie gaan neem baie fotos, dis vir daai later se lekker onthou
  • Omring jouself met mooi goed
  • Gebruik daai mooi spesiale skinkbord lappie en smart tee koppies, vandag is spesiaal
  • Glo in jouself
  • Kyk na jou gesondheid terwyl jy nog jonk is
  • Stel die wekker 15 min vroeër vir daai klein bietjie cuddle met jou lief voor jy die dag taccle
  • Dan hou ek van die ene; Soen lank en sag, lag hard en lekker en as jy huil huil hard en laat al die trane uit. Opgehoopte trane maak jou moeg en siek.
En terwyl ek nou hier sit en skryf kry ek 'n BBM van my dogter, Minette, "ek was by ma-hulle se plek, als is nog ok, nou verlang ek eers, onthou die dae toe ek vir Mienke (my kleinkind) by ma gelos het en die lekker bederf"

Sien nou sit ek met trane in my oë en ek verlang ook, ek het altyd vir haar lekker ontbyt met lekker sap uit my gunsteling glase gemaak as sy vir Mienke kom aflaai het, die lekkerkry bederfies wat herinneringe geword het en vandag ons so naby mekaar het dat dit voel of ek daar is.

Een van die dae gaan ek weer na die regte kant van die ewenaar, daar waar my huisie staan, om my 2de kleindogter te gaan welkom heet. Leandri kom vroeg in Augustus aan en ouma gaan na Mienke kyk terwyl mamma vir sussie gaan kry. Dan bly ek sommer 'n lekker laaanngg tyd daar om die lekker van ouma wees in te drink soos 'n baie dros mens, groot kommetjie vol lekkerte, groot slukke, met daai kommetjie in twee hande vasgevat!

En dan weer noord verlang as oupa Danie moet alleen terug kom die kant van die ewenaar toe, maar dis nou hoe dit is as jy so oor een kontinent gestrooi lê!

Ek drink uit die piering want my berker loop oor!

Mag die Hemelse Vader julle ook in oorvloed seën . . .

Tot volgende keer

Iretha

No comments:

Post a Comment