Translate

Wednesday 19 June 2013

Pitkos vir die blom slag

 
 

Pitkos om te Blom waar jy geplant is:

'Comparison is the death of joy'

Ek lees eendag 'n boek oor mind power en daar leer ek toe dat ons gedagte gang, baie sterker is as wat ons besef.

Ek lees van 'n seuntjie wie siek was aan kanker en wie elke dag voor sy geestesoog 'gesien' het hoe die kemo 'goeie spaceships' is wie die kanker selle, die 'slegte mannetjies' in sy liggaam aanval en oorweldig. Nodeloos om te sê die behandeling het gewerk.

So as ek nou myself 'shield' teen die sad en negatiewe dinge in die lewe met die mooi en lekker dinge dan doen ek nou die volgende so in my kop. Herhaal aan jouself, ek is stunning, ek is mooi, ek is slim, ek kan of wat ever jy wil, na gelang van jou situasie. As jy jouself glo sal jy sien hoe maklik die moelike dinge raak en hoe lig die swaar enes.

Ek dans as dit reën, ek voel die veld (reënwoud hierdie kant) bly word,

Ek sprei my arms oop om die sonskyn na die reën op te drink,

Ek kan 'n boom 'n drukkie gee (as niemand kyk nie),

Ek pars 'n blaar van hierdie jaar, vir volgende jaar se onthou,

Ek pluk 'n blom en steek hom in my hare,

Ek maak ons huisie mooi – met eenvoudige goed, en laat hom sommer self sê, julle is welkom

Ek probeer om myself goed te gedra, sodat my ma trots sou wees op my,

Ek maak vrede voor ek gaan slaap,

Ek probeer eerste sê ek is jammer, as ek moet,

Ek probeer vergewe,

Ek glimlag,

Ek probeer geduldig wees (dis nie maklik in Afrika nie)

Ek laat my verbeelding blom,

Ek dra goedhartigheid soos 'n kroon,

Ek sing hardop (dis nie altyd mooi nie ;-))

maar dit sit 'n huppel in my stap,

Skryf vir iemand 'n briefie

Hierdie briefie is vir julle baie spesiale mense wie my blog so gereeld lees.

Ek het hierdie asemhaling oefening wat ek doen as ek moeg voel:

 

Staan regop, blaas al die lug uit jou longe uit sodat dit jou amper krom trek.

Asem nou stadig deur jou neus in, lank, tot jou longe propvol lug is, terwyl jy inasem, lig jou arms stadig tot bo jou kop, hou nou daai longe vol lug tot dit amper seer maak,

Laat sak jou arms en so met die sak slag, blaas al daai lug vinnig en hard uit.

 

Herhaal dit 3 keer.(Laat weet of dit vir julle ook werk.)

 

Lekker daggie, sing en huppel, dit gaan die ander ou souse so jaloers maak en dalk is hulle more ook so aant huppel (al weet hulle nie hoekom nie, jy sal weet) !!

 

Drink lekker uit julle pierings hoor.

 

Iretha 
 
 
 

1 comment:

  1. Laat jou wens jy kon vir ewig die onskuld van 'n kind behou! Hoe mooi sou die lewe nie wees nie?...Drink uit die piering, eet pap met jou hand, poep kliphard en lag daaroor! :-)

    ReplyDelete