Translate

Wednesday 12 June 2013

Dankbaarheid


Vandag wil ek die Here dank . . .

Dankie dat U lief is vir my, dankie vir al die mildelike seëninge. 'n Jaar gelede het U ons 'n baie spesiale geskenk gegee, Mienke!

Die Here het hierdie kindjie gebruik om ons weet terug te bring na Hom toe, ons weer die krag van gebed te leer . . .

Mienke is gebore met Congenital Hyper Insulism, dit beteken haar bloedsuiker was baie laag en sy was onmiddelik in NICU geplaas. Na baie toetse is sy gediagnoseer en het die behandeling begin.

Toe sy 7 dae oud was het dokters 85% van haar pankreas verwyder en die toestand het nie verbeter nie, ons was nou permanent op ons knië, Minette is ontslaan en moes huistoe sonder haar baba, my kind was so sterk!

Toe sy 4 weke oud was het hulle haar weer teater toe gevat om die res van die pankreas te verwyder. Die keer was ek plat met brongitus en kon nie saam met hulle by die hospitaal waak nie, nodeloos om te sê, ek het gebid, die hele tyd. Die Here het my daardie dag gesê - Geloof soveel soos 'n mosterdsaadjie is al wat jy nodig het en ek en ons almal het geglo . . .

Sy was die jongste kind ooit wie so aggresief behandel is en Hy het ons gebede verhoor en 'n week later is sy ontslaan. Sy is nou 'n volle diabeet en met behandeling en inspuitingkies elke dag is sy hierdie pargtige gesonde baie intelligente baba dogtertjie.

So daarom my dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie geskenk aan ons. Soveel vreugde is gebore in ons harte, gevul met eweige dankbaarheid.

Dankie ook aan die honderde mense wie saam met ons gebid het, want Hy sê ook, as meer as 2 mense saam bid sal ons gebede verhoor word, dit was soos 'n koor wat ons gebid het, dag en nag, dankie aan julle almal, dis te veel om op te noem, ek is te bang om iemand uit te laat.

Vandag vra ek weer:

"Here hou hierdie dogtertjie in die holte van u hande, net U ken die liefde wat ons vir haar het.
Spaar my sodat ek nog baie jare my kleinkind kan sien presteer en grootword. En maak dat sy weet hoe lief haar ouma vir haar is.
U is 'n genadige God.

Amen"

My beker loop nogsteeds oor, al kan ek nie vandag daar wees nie is ek sterk oppad huistoe, want ons volgende seëningkie word een van die dae gebore!! Jayyyy!!

Hier aan die anderkant van die ewenaar kry ons 3 "R&R's" en een vakansie vlug en ouma moet haar vlugte bere om daar te wees as sussie kom en dan gaan ek laaaaannnkkk kuier!

So my maters, as ek julle vandag verveel het met my 'tribute' vir my kleinkind, vergewe my maar my hart kan vandag aan niks anders dink nie ;-)

 




My mooie meisiekinders!

Groetnis

Iretha

2 comments:

  1. Buurvrou, ek verstaan jou dankbaarheid, het saam jou gebid en glo! En vandag is Mienke die oulikste ou dingetjie ooit! En ek is soooooooo excited saam jou oor baba Lulu!!!! Lief jou baie!!! Kan nie wag om jou blog elke dag te lees nie!

    ReplyDelete
  2. Dankie Buurvrou, dis soos jy daar sê!

    Dankie vir die saamstaan die kant van die ewenaar ;-)

    Mwah

    ReplyDelete