Translate

Wednesday 12 June 2013

Nog bietjie tong ini kies . . .

'n Ou vriendin spoor my toe op op Facebook en ons raak aan die gesels, maar ek moet eers bietjie agtergrond gee.

Jare trug is ek mos ook geskei van 'n man (anderdag se storie) en toe loop hierdie ander man in my lewe in of sal ek sê ek het in sy lewe ingeloop en hy is toe sommer daar en dan smoor verlief op my (hy sê is is nogsteeds, dankie my skat) en ons begin mekaar sien na ek hom so 'n paar keertjies die pad gewys het want ek wou tog nie weer met mans sukkel nie, nou ja hy het gewen . . .

En toe dit by trou kom toe wil ekke nie en dis 'n lang storie maar toe trou ons tog op my oorle ma se aandrang, maar die ding ini drinkwater was dat hy toe net so voor die trouery "ge-retrench" word en ons trou toe in elk geval.

Kyk, ek sal jou sê ons was arm, die bietjie geldjies wat die Polisie my betaal het was eintlik net genoeg om ons armer te maak, maar ons het gestoei en gebid en oppi tanne gebyt en vandag amper 19 jaar later, en 'n paar van daai retrenchments onder die knie, is ons gemaklik, as ek nou na die finansieële kant moet verwys en ek kon 2 jaar terug na 20 jaar en 6 maande se werk bedank en myself hier in Nigeria by hom gemaklik maak.

Nou dis nou waar die storie inkom.

Ek sal nie sê dis jaloesie of afguns nie, maar dis nou waar ek nou is waar menigte mens graag wil wees in hulle lewens. Ek sê ook by dat dit alleenlik deur genade is, ek het niks gedoen om dit te verdien nie. Alleenlik genade. En ek het mos die ander dag vertel dat ek gebid het vir die geleentheid.

Ek is gemaklik met myself, ek het 'n man wie baie baie lief is vir my en ek vir hom, ons het alles wat ons nodig het, ek het nie nodig om te werk nie, my tyd is myne, ek skryf, lees, hekel (want ek is 'n ouma) verf, teken, doen naaldwerk, kook en al die lekker goed net wanneer ek daarna voel. En om die cherrie oppi koek te klap het ek nog 'n Femi wie als agter my aan loop en skoonmaak en als vir sy 'ma' doen as sy so lekker rustig speel.

Nou toe sê die ou vriendin wie regtig elke dag moet werk, en seker ook maar na bietjie rus en vrede smag vir my, sy moet ook 'n ryk man soek en trou sodat sy ook kan rustig raak . . .

My antwoord was : Nee, trou 'n arm man en raak saam met hom ryk!

Haat antwoord was : tried that . . .  did not work!

Dis my boodskap vandag; mense alles val nie uit die lug uit nie, ons almal stap 'n pad, saam of alleen, as jy nie in mekaar glo nie, en mekaar nie vertrou nie, en nie deur dik en dun saamstaan nie, gaan jy nie daarby uitkom nie. As jy nie bereid is om die geleenthede wat die lewe jou gee te gryp en te gebruik nie gaan jy in daai selle ou rat bly vassit. EN dan belangrikste van alles, sit jou lewe in die Hande van die Here, hy sal jou nie op plekke vat en dinge op jou pad sit as hy weet jy kan nie 'n sukses daarvan maak nie. En as hy daai struikelblokke gooi, is dit soos 'n hindernis baan, boot camp, jy word sterk daardeur.

Ek hoop ek het iets gesê wat insink . . .

En ek drink uit die piering . . . my Vadretjie ini Hemel dra my!

Iretha

1 comment:

  1. Buurvrou jy is reg alles wat ons het is net genade! Maar ek glo natuurlik:"Wat jy saai sal jy maai!" En hierdie is jou tyd om te maai, dit wat jy jou lewe deur in ander se lewe gesaai het!So......as mense jou geluk nie vir jou gun nie....is dit hulle problem!!!! Ek is uit my hart uit bly vir jou!

    ReplyDelete