Translate

Monday 30 December 2013

Twisted Verhaaltjie

Nie lank gelede nie was Grietatjie nog 'n dogtertjie in hulle dorpie se strate, Grietatjie se mamma en pappa se huisie was aan die beterkant van die spoorlyn. Grietatjie het goed aangetrek en wou altyd so graag deel wees van die gewilde groepie in die dorpie. Maar Grietatjie het so bietjie gesukkel want die enigste groepie waar sy gepas het was die minder gewilde kindertjies, die snobs. Maar die het gedink hulle is in, maar toe nie eintlik nie. Want die kindertjies met die kaalvoetjies was bang vir hulle groepie en het draaie om hulle geloop om die bitsige gespot vry te spring. 

Grietatjie het begin rondkyk en die molletjies het begin stoot, maar sy was so deel van die snob groepie sy het nie meer verstaan wat dit is om opreg en mooi van binne te wees nie. Net die rokkies en skoentjies en haartjies en make up kom vir Grietatjie laat mooi lyk. Grieta se mamma het gewaarsku en gepraat maar Grieta het nie geluister nie. 

Soos dit maar gebeur, het Grieta se eerste kys nie lank geduur nie, want hy het nie van haar snedigheid gehou nie. Die een na die ander het haar gekys en weer gelos. Grieta en haar groep het alles gedoen om gewild te wees. Kort voor lank was hulle maklik en het begin rook en drink en rondslaap. 

Toe op 'n dag is dit einde van haar skoolloopbaan en omdat sy nie baie van skool werk gedink het nie kon Grieta se pa se geldjies haar nie in 'n universiteit in koop nie. Sommige van Grieta se maats het wel goed genoeg gevaar om vrystelling te kry maar Grieta het hulle altyd gespot omdat hulle probeer boekwurms wees. 

Wat Grieta nou te doen staan is om maar 'n man te vang want haar pa het gese dat as sy nie haar kant bring nie gaan hy nie sorg nie. So, geen universiteit nie, geen sakgeld meer nie en Grieta land op agter die poskantoor se toonbank. Grieta was geen vaal poskantoor klerk nie, nee, sy het geweet hoe om na haar uiterlike te kyk. Opgeklitste hare en lae hals rokkies om nie eens van die soom te praat nie en hakkies dunner as wat goed is vir jou gesondheid was haar uniform in die plan om man te vang. Grieta se fokuspunt, rykdom aansien en gewildheid. 

Grieta was suksesvol om die nuwe plaas bestuurder in die omgewing sover te kry om 'n ring te koop. Maar met tyd het hy gesien wat almal alreeds geweet het en die verlowing verbreek en met een van die kaalvoet dogters van die dorp afgehaak. Grieta was boos. Die nuwe posmeester het haar binne 3 maande getrou maar sy ontnugtering was gou, 'n jaar en 'n kleintjie later verdwyn die man in die nag uit die dorp uit en later daag daar 'n prokureur in 'n slap swart kar op met skeibriewe. Grieta kon haar geluk nie glo nie, die jong prokureurtjie ook nie, en net daar en dan teken Grieta die papiere, los vir klein Grietjie by ouma Griet en daar gaat sy koffers en al saam met die slap swart kar en sy handsome prokureur stad toe. 

Die prokureur se ma wil hom onterf en hy los vir Grietatjie op straat. Grieta met genoeg geldjies vir 'n treinkaartjie het nog nie geleer nie en verkas terug na haar home town toe. Die poskantoor wil haar nie weer terug he nie so sy gaan werk toe maar in die Algemene Handelaar op die dorp. Die geldjies is maar skraps en Grieta se mooi goed word ou goed, die onderhoud betaal net vir Grietjie se skooltjie bedags en niks meer nie. Grieta raak desperaat. 

Haar volgende slagoffer kom in die gedaante van 'n rep op die dorp aan, sy ma het altyd gese, die ongeslypte diamante in in die platteland, dis waar hy sy vrou gaan kry, die dat hy die area waarin hy moes gaan werk verwelkom het, hy het vrou gesoek. Jare stap aan en sy erfporsie le en wag vir sy erfgenaam, die famielie plaas. 

Hendrik val vir Grieta en sy rep nie 'n woord van klein Grietjie nie en vertel hom haar ouers is dood en sy het geen kind of kraai nie, so tel Hendrik toe sy diamand op en neem haar plaas toe. Mammas is nie dom nie en Hendrik se mamma sien reg deur hierdie Grietatjie, maar Hendrik verstaan nie en glo vir Grieta toe sy se sy ma is jaloers. Die 2 haak die knoop deur en kort voor lank sit hulle vir ouma in 'n tehuis en Grieta gooi dubbele erfgename vir Hendrik se plaas. Hy hou op met werk en begin boer nou dat ouma uit die weg is. Maar Hendrik se Grieta wil gesien en gehoor word, sy is darm die vooraanstaande jong boer se vrou en met die 2 ling in die stootkarretjie trek sy baie aandag. Hendrik gee nie om dat Grieta mooi aantrek en elke week gaan hare doen op die dorp nie, hy is trots op sy pragtige trofee aan sy sy en sy 2 bulletjies wie nou op die plaas deur die nennie grootgemaak word. Op 'n verjaardag kry Grieta tekenregte op Hendrik se rekenige en loop trek vir haar so 'n afslaandak rooi gevaarte van die vloer af. Die jong mannetjies op die dorp gooi sulke wolwe fluite en die koppe draai en dit oe en aa en arme Hendrik en arme Ta Lien in die tehuis en arme oom Hendrik se bloedsweet se geld wat nou daar loop. Maar Grieta sien dit nie so raak nie, sy voel sy het nou wat sy verdien, aansien, tjekboek en plek in die samelewing. 

Die stories bereik ouma Lien se ore en sy dink so by haarself, al is dit die laaste ding wat sy doen, hierdie vrou moet weg. 

Intussen boer Hendrik en vannaand sit hy saam met sy Grieta aan, die kinders is versorg en sy vrou is gelukkig, so hy is gelukkig. 

Toe op 'n reenirige dag sit Hendrik sy seeninge so en tel daar op die voorstoep toe daar 'n kar stop. Seker iemand wie kom rigting vra dink hy want hy ken nie die motor nie. Daar klim 'n ouerige vrou en man en 'n opgeskote dogter uit en kom stoep se kant toe geloop. Hendrik wink hulle nader, die dogter lyk vaagweg bekend maar hy kan nie mooi uitmaak nie. 

Om die storie bietjie kort te knip, Grieta het 'n vloute geveins en die mense is daar weg met Grietjie en haar tassie langs haar op die onderste trappie van die stoep. Dinge was nooit weer lekker op die plaas nie en Grieta was al hoe meer dorp toe met besigheid. 

Kort voor lank verdwyn Hendrik se kontant in die bank en die jong dokter asook Grietatjie soos mis voor die son uit die dorp uit. Arme Hendrik moes sy ma uit die tehuis loop haal om na die kinders te help kyk en huis te hou. Grietjie het maar aangebly op die plaas en was baie handig met die boetietjies se grootmaak.

Die dokter lees toe die storie in die Huisgenoot en loop weg in die nag, sonder sy ou besittingkies. Hy was die lucky one. 

Grieta het nog 2 kinders by die Dominee gehad wie sy ook so bedrieg het en wie niks vermoedend hierdie arm wees mens in sy hart ingeneem het en pastorie moeder gemaak het. Kyk die rol as pastorie moeder het haar wel geval. Sy was aan stuur van die vroue vereeninging, byeenkomste gereel met bekende kunstenaars en het getof vir die eerste span. Mev Dominee kon nie afsteek nie. Sy moes die voorbeeld stel. Grieta het geblom in haar nuwe hoedaaningheid.  Sy het swierig met Dominee se Merc op en af in die dorp gery en getee en gekoop en aan die armes 'gegee'. 
Die een doop Sondag  erken iemand toe vir Grieta as die vrou wie die boer Hendrik so met die ou kindertjies gelos het en vort is met sy geld. Dit was 'n vreeslike affere ini kerk daai jaar. Dominee was getroud met 'n getroude vrou, die kinders was dan mos in die sonde verwek en buite egtelik en die sinode hou vergaderings en om skande te spaar wurg Grieta geld uit die dominee uit om te stilletjies spoorloos te verdwyn. 

Grietatjie is weer op die pad met 'n sak vol geld, tasse vol mooi en blink goed en glo my maar, met die rooi gevaarte uit Hendrik se tyd. Dae en nagte op die pad besluit Grieta om maar weer te probeer en sy loop staan daar op 'n stuk grondpad met 'n kastige pap wiel wat sy self afgeblaas het en wag vir die volgende ou om in die val te trap. 

Dit gebeur toe so. 

Boer Janneman kom daar verby met sy werksbakkie, maar Grietatjie weet elke boer het 'n blinke in die skuur. Boer Janneman, 'n oujongkerel kan sy geluk nie glo nie, so 'n seksie dingetjie hier neffens sy grondjie en dan is sy nog ryk ook. Hy gaan sy kaarte mooi moet speel . . . 

Grieta dink dis die maklikste vis wat sy nog ooit gevang het, Janneman dink, dis die grootste vis wat hy nog gevang het . . . 

Lank lank daarna vertel die ene Janneman sy buurman van die vrou wie hy so langs die pad opgetel het, jy sien Piet, die ding staan so. Dis die droogte wat 'n man sulke dinge laat doen. Hy vertel haar toe dat hy die hele distrik se paase besit behalwe ene in die middel en as hy die kan koop dan trou hy haar en maak haar die rykste vrou in die provinsie. Sy las hom toe so 'n paar ponde en hy loop betaal die helfte van sy skuld by die koperasie en die anner helfte koop hy 'n ring en die dag toe hy so ewe die ring wou aansit kom die polieste mos daar aan en vat die vrou daar weg. Nou staan die saak so. Hy wat Janneman is se skuld is nou afbetaal die winkel kon die ring terrugvat. Hy was mos nimmers aan 'n vinger gewees nie. Die rooi slap afslaandak kar staan daar voor die opstal geparkeer en ou Jafta was hom elke dag. Die laat die plek darm na iets lyk. Wat van die vrou geword het traak hom nie, dit was mos betaling vir die omruil van die pap wiel . . . 

Die storie, die Grietatjies sien altyd hulle gatte sonder om in die spieel te kyk . . .

Ewenaar groete

Iretha 









No comments:

Post a Comment