Translate

Tuesday 17 December 2013

Sterkte as jy kop of gat hier uit kan maak . . .

Dis weer Kerstyd en die 'groot dae' lê voor die deur, en ek word stil hier in die geharwar van mense wie skarrel om by als uit te kom, ek kan julle nie vertel hoe Lagos lyk nie, julle sal nie verstaan nie, tensy jy self 4 ure in die verkeer gesit het om so 7 km te ry. Maar hier waar ek is, is ek stil en ek dink en ek voel die dankbaarheid in myself ek voel die al om grootheid van ons skepper en ek wonder en ek weet ek moenie wonder nie, want dan loop my kop weer weg, maar tog wonder ek wie sien nog die grootheid en die heerlikheid van ons hoogste maker en versorger raak soos ek? En ek sê dankie.
(My woordeskat laat my in die steek as ek op MY manier wil praat oor die skepping. God is groter as wat my woorde kan sê, die plek (met plek bedoel ek soos in orals, die heelal die als, oral), waar Hy is, is groter as wat die naam wat ons Hom noem kan sê, dan kom die woord divinity op en ek wil nie soos 'n profeet of 'n blommekind klink nie, maar dis dan die Goddelikheid van wie ookal, in watter geloof ook al, als geskep en gemaak en versorg het, dis daai ding, daai liefde en daai wonderlikheid wat ek so voel en probeer in woorde omsit) Werk die woord Spiritualisme vir jou?

Dankie dat U, U seun vir ons gestuur het om ons te leer hoe ons moet leef, liefhê en omgee.

Ek se dankie uit die eenvoud van my menswees, vir die leer en die groei in my siel, in hierdie era van leer en groei in hierdie tydstip van my bestaan.
Ek voel die grootsheid van die skepping hier om en binne my, ek voel my hart klop en hoe ek asem haal, ek is mens. My liggaam wat ek nou het huisves my siel wie ek is. En nou leef dit as een, of dalk 2, hoe dit nou mag wees, hierdie pakket beweeg aan in tyd, en so leer en groei ek en so ervaar ek dinge, en die dinge is moeilik om te deel, want as jy nie soos die mainstream dink en lyk en optree nie dan is verwerping en kritiek mos onvermeidelik. (Darm nog nie kretiek opgetel nie, maar ek het al die delete knoppie paar keer vandag gedruk)
Ek weet nie of ek die guts het om als te publiseer wat ek skryf nie, ek wil my boodskap uitdra maar die kleinigheid van my menswees maak my soms dink ek moet liewer my mond hou. Dan bere ek maar die goedjies iewers sodat julle dit maar eendag as ek nie meer in die lyfie woon nie kan kry en lees en dalk dink julle dan ek was mal/gerook of dalk moerse.
Maar nou, vir hierdie tyd, is dit nie die regte goed om te se as jy nie kan sterk staan teen die kretiek nie.
Ek het nooit ooit kon droom hoeveel van julle my blog lees nie, toe ek onlangs weer in SA was het ek weer verbaas gestaan, dankie vir julle ondersteuning en aanmoediging, ek waardeer dit ongelooflik baie. Julle sal nie verstaan wat dit vir my beteken nie, so om dankie te sê is moeilik want dis soos om voor 'n skare te staan en met elkeen afsonderlik te probeer praat. Ek sê dan maar so op my manier net dankie vir die lees en die aanmoediging, en hierdie dankie is vir jou, ja jy, wie nou hier lees, direk bedoel.

En daar wys ek julle presies wat gebeur as my kop op loop sit. Ek begin by die groot dae en hardloop regdeur my 'spiritualisme' sidestep nie my twyfel nie en land darm weer op met 'n dankie.

Oe ehe

Lekker daggie my mede mensies.

(Ek sien die maan is vol, lmga, en tra la la, daar gaat ek kombuis toe met 'n pak skaapskenkels en 'n vetstertjie onder die arm, yum!)

Iretha


No comments:

Post a Comment