Translate

Tuesday 10 December 2013

Ek gaan begin deur te se, ek is nie baie vol bollie nie maar . . . 

Gister is ons oppad Port Harcourt toe, ons vlieg van Lagos af en land, als goed en wel. Aankomste saal is 'n tent, dis ok, daar is lugversorging, oppad in 'n local taxi, baie skoon, kry Danie die hotel bespreking en hy bel iemand en gaan te kere oor dit nie die regte hotel is nie en ek verstaan nie, hy is mos nou ook nie baie vol stront nie. Hy skel so, ek dog die man het iets ingekry.

By die hotel aangekom, verstaan ek toe. Ek hou mos hoeka nie van die plek nie en moes saamkom want hy wil my nie alleen by die huis gelos het nie. Maar dit het niks met die hotel te make nie. Dis toe nie baie vars nie. 

Ek giggel met so 'n gril in my, wonder hoe die res lyk. Die ontvangs is so eg nigerian met plastiek oorgetrekte banke en vuil mure. Ek dog toe, solank die kamers net skoon is is ek ok.

Ons boek in, kry welkom drankies met gebruikte cousters bo-op die glase vir die vliegies wat kan inval. Ek drink dit maar want Danie doen. Ons word na ons kamer geneem, die lift is te klein vir ons, dis nou die portier wie na uie ruik, die 2 tasse, ek en Danie. Hy se hy dog daar is nog plek toe moes hy sy boude intrek sodat die deur kan toe maak. Maar ons is in en toe ons by die kamer kom toe begin ek skelmpies kiekies vat. Dis klein, beknop en nie baie vars nie. 

Die portier besluit toe dis te klein vir 2 mense en kry vir ons 'n ander kamer. Weer lift toe en die keer vat Danie die trappe. 

Daar hang so 'n klankie in die gange en dis bedompig. Die rooi strokie matte is vuil en die mure is vol bruin kolle, ek is stil met groot ogies. Weetie wat om te se nie. Wil nie iets se nie, bang my man kry 'n oorval.

Nuwe kamer is effe groter. Ek neem nog fotos. Die mat by die bed se voete end maak my besluit ek loop nie kaalvoet in die plek nie. Nogsteeds weet ek nie wat om te se nie en hou maar my bek. Ek vat stilletjies die wipes uit my handsak en vee als in die badkamer af. Gemoedsrus is 'n snaakse ding. 













Ons pak nie die tasse uit nie.

Later gaan ons af eetsaal toe vir aand ete. Als lyk maar bietjie af. Die tafeldoeke is vuil en ons loop en soek 'n skooner tafel. Ons bestel grilled chicken en chips. Die buffet is local kos en ons sien nie kans nie. Die kos kom toe na so 2 bacardi en cokes. Die innerlike soek nou versterkings. Stukkie honder was naastenby so groot soos my selfoon maar darm smaaklik. Chips was 'n berg. Met 'n piering vol tamatiesous aan die kant het ek redelik lekker geeet. 

Ek het die vorige aand my nek verle en drink 2 pille en genadiglik raak ek aan die slaap.

Vanoggend se ontbyt het vir sy eie pret gesorg. Ek gaan sit by dieselfde tafel as gisteraand en sien hulle het die tafeldoek omgedraai, die skurwe kos kolle is nou onder en maak net olie kolle aan die bokant. Ek bestel 'n ham kaas en tamatie omelet.


Dis wat ek gekry het, na 'n uur se wag. 


Ek eet toe maar want weet nie hoe lank ek gaan wag as ek dit terug stuur nie, kyk die happe in die bord, dit was nie ek wie so honger was nie ;-) 

Danie het nou net laat weet ons trek vannaand na 'n ander hotel toe. 

Ek wil myself nie beter af maak nie maar dis net dat ek nie lekker gemaklik hier voel nie. Ook nie baie veilig nie, ek het die deur gesluit en die 'do not disturb' bordjie buite gehang. Ek het self bed opgemaak en als weer met my paar 'disinfected wipes' bygekom. Ek weet ek is in die dieper donkerder gedeelte van Afrika, ek weet ons betaal nie self vir die verblyf hier nie, ek hou nie van kak en kerm nie, maar die is darm bietjie minder as waaraan ons gewoond is. Ek sit nog 'n foto op van die beskrywing van die hotel. 


So nou hoef ek seker nie veel meer te se nie . . .

Die het my woorde gesteel . . .

Ewenaar groete.

Iretha



No comments:

Post a Comment