Translate

Friday 20 December 2013

'Pop-ups' maak my dag

Vanmore staan ek weer met die ding op van, writers block, soos hulle dit noem en ek is sommer omgekrap. Nadat Danie weg is werk toe krap ek rond op my Ipad en hier kom een van daai irreterende pop-ups op en ek lees toe die ding, en dit se toe die volgende:

"You feel torn between presenting your ideas to others and withdrawing to keep your point of view to yourself. Your creative juices are flowing, but you're not sure if it's appropriate to express your crazy ideas. Fortunately, your imagination won't steer you wrong today, so trust your instincts no matter what. Taking a chance by putting yourself out there for everyone to see isn't as risky as you think."

Nou as dit nou nie 'n teken is nie, dan weet ek nie so mooi nie . . .

Dis nou vir die van julle wie glo aan tekens . . . soos ek glo aan die soort van ding.

Die block is nogal gereeld met my, ek is alleen deur die dag met 'n steward en TV en my wonderlike tegnologiese gevorderde geskenk van my man af, what a blessing, my Ipad. Iewers moet my inspirasie vandaan kom. Ek lees baie, Paulo Coelho se boeke, onder andere, ek love hulle almal. Nou net klaargemaak met Eleven Minutes, hiehiehie, stoute boek maar daar was nogal baie waarhede in. Gaan lees hom gerus.

Vandag wil ek klem lê op daai 'tekens'. Ek is mos maar bietjie skugter om my sienswyses en 'crazy ideas' met almal te deel maar my 'sign' hier bo sê dan vir my ek kan maar mal gaan. As ek dalk een of twee keer te ver van die sypaadjie af trap en julle dink die bus gaan my tref, sê maar so, ek luister graag.

Hoeveel keer kry jy 'n gedagte oor iets en soos in 45 sekondes later is daai gedagte skoon weg en jy sê vir jouself, dit was nou 'n briljante ding maar nou het jy vergeet wat dit was? Of word wakker in die oggend en net so voor dit lig word het jy hierdie slim plan, en dan dux jy weer so bietjie en woeps weg is dit. Jy word wakker met daai lekkerte van die blink plan wat nou nou net hier in jou kop was en toe verdwyn hy weer so met die eerste strale van dagbreek. Dis blykbaar normaal, en die antwoord is daai stukkie papier en die potlood voor die bed, waarsku tog jou maat dat as jy so in die donkerte sit en skribbel moet hulle nie pla nie, dis amper heilige oomblikke daai, daai vaspen van gedagtes of drome. Gebruik hulle in jou werk en in jou daaglikse bestaan, ek droom mos so graag so antwoorde op kopkrap dinge.

Dan kry jy daai stemmetjie wie met jou praat hier in jou binneste, dis jou tjom daai, moenie hom ignoreer nie. Die slim mense noem dit jou 6de sintuig of jou beskerm engel of jou siel of jou onderbewussyn. maak nie saak wat ek en jy hom noem nie, luister maar. As daai outjie vir my sê moenie, dan sal ek darm wille draaie gooi om 'n ding nie te doen nie. Hy is net soms stadig om my tong te keer ;-)

Tekens kom in enige vorm, uniek vir jou sodat jy dit kan raaksien as jy moet, soms as 'n waarskuwing, soms as 'n aanmoediging, jy sal verstaan as jy oop is vir die dinge.

Maak maar weer daai potlood skerp en sit hom daar op die boekie neer.

Dis wonderlik hoe ons onderbewussein werk, dis soos 'n meganisme wat ons lei, ons beskerm en ons oplossings gee, ons laat groei in ons werk en lewens. Dis my stemmetjie daai, ons is groot vriende. Myne is nogal kreatief as hy die geleentheid kry, soms baie ondeund ook . . .

Dis vakansie tyd vir meeste mense. Gebruik die lekker tyd om op te let vir daai 'pop-up' in jou lewe.

Ewenaar groete.

Iretha

No comments:

Post a Comment