Translate

Monday 23 December 2013

Geskenkie uit die hart uit

Dis Kersfees tyd, dis bymekaarkom tyd, dis liefde tyd en dis verlang tyd . . .

Dis die einde van 'n jaar wat vol gepak was met blymoedigheid maar ook met hartseer en seerkry,
ons wens mekaar 'n Gesëende Kersfees en 'n Voorspoedige nuwejaar toe, soms net woorde wat uitkom, maar kom ons bedoel dit hierdie jaar. As jy vir iemand sê, Voorspoedige Nuwejaar, bedoel dit, spreek 'n sëen oor daardie persoon uit deur daardie woorde te uiter.

My wense vir julle almal, vir die nuwe jaar, is soos 'n pakkie, toegedraai in liefde en met sëeninge vasgebind.

Binne in:

My wense dat jou nuwe jaar vol leef sal wees, sodat as jy eendag oud is jy sal kan sê, ek het geleef!
Vol van daai lekker doen dinge, lekker voel dinge, en as daar 'n paar groei dinge in jou rigting kom, dat jy die krag en die wysheid sal hê om dit in 'n ondervinding sal verander en nie as 'n meulsteen sal dra nie. Maak daai 365 dae elke dag 'n lewe dag, al doen jy net een lekker dingetjie, maak herineringe.
Onder in die pakkie sit ek vir jou gesondheid, vrede, dankbaarheid en baie liefde.

In jou gedagtes, maak hierdie pakkie klein genoeg om in jou sak te pas maar groot genoeg om als te dra wat binne is, sit hom in jou sak en dra hom die hele jaar saam, hierdie is my gelukbringer vir jou.

Gesëende Kersfees en 'n Voorspoedige nuwe jaar, 2014 gaan 'n gatskop jaar wees!

So van die anderkant af, met liefde.

Iretha

No comments:

Post a Comment