Translate

Friday 8 November 2013

Kan ek maar daai klip gooi?

Deesdae skryf ek min want ek is in bitchmode en wil nie bitch nie, ek hou nie daarvan nie, maar dis menslik en vandag moet dit uit! 

Ek bitch oor onbedagsame mense, ek bitch oor bitchiness wat elke dag hier deur my kant getooide vensters trek, reg in my siel en beendere in daar waar ek nog 5 uur in die oggend le en slaap het. 

Dis my voorreg om te slaap tot 7 uur, as ek wil kan ek. Nou hoekom moet jou tone krul van lekker omdat die bottergat, soos hulle my beskuldig, dis nou omdat ek nie hoef te gaan werk nie, kan le en slaap en hulle moet gaan werk. Ek het ook gewerk, vir baie jare, gun my nou maar die potjie botter waarin ek met my gat sit asb. 

Ek weet vrouens kan bitch, maar van voor sonsopkoms tot daai agterdeur toe gedonner word en dit ry tyd is? En dan van daai voordeur oopgaan in die middag tot jy die ligte afsit vannaand?! Ek hoor elke woord. Elke snedige opmerking elke gil op die honde elke vuurtong klap in jou man en kinders se rigting! Soms voel ek jammer vir jou, jy het seker jou redes, maar hel, kan dit so aangaan? As ek jou mense was het ek in 'n kroeg gaan sit tot jy uitgepass het in die aande. Maar nee hulle ondersteun jou, staan by jou, hoekom weet ek nie. Ek vlug uit my eie plekkie om dit vry te spring. 

Die heks in my klim uit, ek kry 'n grin op my gesig, dalk moet ek begin lawaai maak? Dalk die wekker stel en klippe op die dak gooi? So 2 uur in die oggend? Maar Karma staan haar kop en skud, nee, jy is beter, dit gaan terugkom na jou toe. Nou probeer ek maar Mind Body en Soul bymekaar hou, dis moeilik ek se julle dis dem moeilik. 

Ek sit hier en ek is moeg, ek lees tot laat saans, kry nie baie slaap in met die gesweet in die nag nie en dan nog dit ook. Julle jaag my na my anderkantste huis toe! Daar waar rus en vrede heers maar verlange die oorhand kry. 

Vandag is Vrydag, more oggend gaan dit darm stil wees tot so 6 uur, sondag dalk 7 uur as ek gelukkig is. Ek beplan my naweek weg van die huis af sover ek kan. Dis mos nie reg nie? 

Nou vra ek raad by my lesers, praat en maak hulle meer bevoeterd of bly ek stil en kners op my tande tot dit weer vlieg tyd is? Of doen ek die oog vir 'n oog ding? Wat sou julle doen? 

Vrydag more, moeg, groetnis. 


No comments:

Post a Comment