Translate

Thursday 14 November 2013

Die holtetjies hier binne my . . .

Vanmore kry ek 'n versoek om iemand na 'n begrafnis toe te vat en ek begin huil, ja ek piepie deur my ogies, ek wil nie want ek kan nie. Ek is jammer ek het jou nie geken nie. 

Nooit besef my seer le nog so vlak nie. Ek keer nie eens die trane nie, ek huil vir almal wie ek so verlang, almal wie voor my moes gaan, nie omdat hulle beter af is nie, omdat ek die pyn van die skeiding nie mooi kan verwerk nie, ek maak leeg, ek probeer heel word, ek probeer cope. 

En ek besef ek huil nie genoeg nie, so vandag sit ek en ek maak leeg, die pakkie het te swaar geword. En as ek na julle verlang skryf ek vir julle briefies, ek gooi dit later weg want weer lees maak weer die rofies oop. 

Ek skryf vir my oumas en oupas, ek wonder oor die storietjies wat ek so graag nog wou hoor, die vertel wat ek wou vertel het . . .
Ek skryf vir my maatjies wie weg is toe ons nog in die skool was . . . 
Ek skryf vir my ma, ons het nooit daai laaste gesels gehad nie . . . ek ruik haar nogsteeds . . .
Ek skryf vir goeie vriende, veral vir my best buddy . . . ek hoor nog jou 'hello doll' en ek se vir jou, die Leeu kyk mooi na my . . .
Ek skryf vir klein Leandritjie, ouma en mamma huil nog saam oor jou, gister weer, die drome oor jou is so mooi, jy is pragtig meisiekind. Ons mis jou. Niks kan jou plekkie vul nie. Jou holtejie hier binne ons hartjies sal altyd daar wees. 

Nou is my ogies droog, ek voel vreeslik vir ander wie die selle as ek voel maar moenie my rofies kom afskrap nie, ek probeer hulle self gesond maak. 

Leeg van trane gaan ek nou onder die stort staan en die spore afwas. 

Ek gaan blomme koop en dit hier op my tafeltjie neerait en 'n kersie brand vir julle almal. 






Ek soek nie simpatie nie, ek maak leeg, ek word sterker. 

Drukkie van my af vir my maters wie ook maar soms soos ek voel. 

Iretha 

No comments:

Post a Comment