Translate

Tuesday 12 November 2013

Ditto

Kyk ek was nog nooit 'n fan van Karen Zoid nie, maar is nou!

Hulle doen 'n dokumenter oor Emily Hobhouse, en vanmore op die TV se sy wat ek ook altyd se.

Sy se; As 'n mens sy kop gebruik en wil en 'n hart het kan hy/sy 'n verskil maak. Mense wie dit doen soos Emily, kry dalk nooit in hulle lewens 'n dankie vir wat hulle doen nie, word nooit bedank of opgehef nie, hulle doen net, uit hulle harte uit al is hulle siek of seer of arm. Dis nou nie haar presiese woorde nie maar dis waarop dit neerkom. 

Dis mos wat ek amper in elke blog probeer se. Dis wat my doel in hierdie lewe is, ek weet dit al lank maar aan die begin het ek gedink dis 'n kruis wat ek dra. Ek het altyd so maklik gese, al wat ek doen is gee en gee en kry niks daaruit nie en ek het sommer opgehou om so te wees maar my 'reason' kry elke keer die oorhand en as ek myself kry is ek alweer aant skryf of aant doen. 

Nou kyk, ek is nie 'n heldin nie, ek wil net die boodskap laat deurdring, almal moet weet dat, al is jy hoe klein, hoe arm hoe siek, jy kan 'n verskil maak. Jy kan 'n handjie uitsteek. En moenie verwag dat dit gaan terug kom na jou toe nie. Dit moet met die regte attitude gebeur, uit jou binneste uit, sonder om dit te oordink. Steek net handjie uit en help as jy kan, nie met geld nie, met dade. So maak ons hierdie wereld 'n beter plek. Daai persoon aan die ontvang kant kan dalk net dink, ek wil ook so wees, en as net 'n klein persentasie mense pro reageer op jou smile of handjie bysit omdat hulle ook soos jy wil wees dan begin die kringloop stadig maar seker. 

Julle kan maar dink ek is die kluts kwyt, ek gee nie om nie, ek is trots daarop as ek jou maak dink. 

Maar ek sit 'n bal aan die rol, en as dit eendag, dalk 100 jaar van nou af 'n uitwerking het dat dit oorgedra word van generasie tot generasie dan sal dit goed wees. 

Aan die begin, to ek begin blog het, het ek gese ek laat my kersie brand en ek laat die lig versprei. 

Kom vat hande en doen dieselfde. Jy hoef nie soos een of ander godess te probeer wees nie, jy hoef jouself nie te verarm nie. Voed net jou siel met vrede en die gedagte dat jy vandag, al is dit net een ou dingetjie, vir jou medemens gedoen het. Net 'n glimlag, net 'n gebaar, net 'n drukkie maak dalk die wereld se verskil in 'n ander se lewe. 

Vannaand as jy inkruip sal jy voel, sonder om daaroor te dink of om boek te hou, jy gaan lekker voel en jou eie geluk en siels vrede sal vanself respond en ligter voel. 

Hand uitsteek daggie vir almal.

Iretha



No comments:

Post a Comment