Translate

Wednesday 13 November 2013

Amper se ek "share if you agree" . . .

Ouderdom is 'n bitch! 

As jy jonk is dink jy jy weet als en geniet nie jou lyf wat so wonderlik werk nie. 

Dan word jy ouer en die ogies en binnegoed funksioneer nie meer so mooi nie. Ek se nou vir julle jongetjies, en ek is nog nie heeltemal oud nie, wardeer wat jy het. Hou op kritiseer oor die ou mense, jy gaan daar kom en boetie, sussie julle gaan verlang na daai jonger dae. Dae wat make up heeldag gehou het en haartjies vannaand nog soos vanmore lyk.

Ek kyk so na die ding, jou oe word swakker sodat jy nie jou eie plooie kan sien nie, moet tog om vadersnaam nooit een van daai spieltjies koop wat als 10 keer vergroot nie. Moet ook nie met daai bril voor die spieel gaan staan nie. 

Nou as jy 'n vrou is, dan begin die estrogeen opdroog en nog ander goed ook. Dit veroorsaak allerhande dinge. Nou dat jy weet wat jy wil he, wanneer jy dit wil he, en hoe jy dit wil he, en nou dat jy so gevestig en tevrede is, kom maak hotflushes jou daaglikse rustige bestaan dat jy voel om soos 'n tiener te trippel, deure toe te klap en op onskuldige mense te skree. Ek maak ohmmmmm saggies in my kop, ek probeer meditasie en al daai funny goed, land op by die dokter net om te hoor dat, mevrou nou in daai stadium is en dat dit nou maar so is. Jy kan nou allenhande pille begin vat en dan word nie bal in jou hande gesit. Vat die pilletjie vir die en daai maar besluit self want dit kan jou kanker gee. WTF?! 

My lae bloeddruk het blykbaar gestabiliseer agv die verlaging in estrogeen vlakke, ek hoor die nuus dat dit dalk die hoogte in mag skiet, ek se weer WTF?! 

Ek le en kyk vir my eie eierstokke op 'n tv skermpie, en ek se vir hulle hier uit my kop uit, julle klein bliksempies, eers is julle groot en vet en vol knoppe, ek was toe mooi, kind of in shape, nou is julle mooi maer en klein en petite en ek lys soos julle laas gelyk het toe ek na julle moes kyk. Dalk le en dink ek toe die goed omdat ek nie wil dink aan oor hoe dit kom dat ek julle kan sien nie, eewww. 

Nou loop ek stadiger, sit die fan aan en probeer my so rustig moontlik gedra, gaan net waar daar lugversorging is, dit help nie veel nie. Ek soek waterbestande makeup en goeters wat keer dat my hare kroes van die sweet. Ek drink kruie pille wat nou nie meer werk nie, ek het al selfs tee van 'n boom gemaak en gedrink, maar sodra jou lyf agterkom dat iets jou laat beter voel se hy, nope, sweet sal jy sweet! En op hierdie stadium klou jou lyfie aan als wat soos bultjies en rolletjies lyk want hy dink jy gaan in 'n erge tyd van hongersnood in of iets, bou reserwes vir die maer jare. Lyf, los daai vetjies ek sal jou nie starve nie, maar lyf hoor nie, hy klou aan als vas wat oor my lippe gaan. En ek like kuier en onthaal, en my lyf lyk soos my Nigeria koskaste, vol gestop vir ingeval en nie by 'n winkel uitkom nie. Nou moet ek ook se, 'n appel smaak mos nou nie soos 'n Bar One nie, maar ek drink maar magnesium pille, dit keer dat ek lus kry vir tjoklits, chocolade is kos wat fancy mense eet. 

Nou wil ek die ding probeer verstaan, as die ogies se sig verminder om nie die plooie te kan sien nie, moet die gloede mos kilojoules verbrand of 'n rede he. Ek dink so daaraan, as die gloede moes kom toe ek nog tieners in die huis gehad het, het iemand in die tronk gesit. So dalk is dit goed dit kom nou eers maar waar pas ons arme gades in? Ons leer mos iets uit alles. Wat is die les hiervoor? Ek het al hieroor geskryf maar elke keer dink ek bietjie anders. As pappie nog by jou staan, was hy die regte keuse. Arme man, darm kan ons nog lief wees vir hulle al voel ons om klein dingetjies se koppe af te byt en uit te spoeg. 

My raad is, wanneer die urge en die gloed en die sweet kom, loop 'n draai, haal asem, beoefen 'n stokperdjie wat met ys te doen het, lol. 

My hart gaan vandag uit na my gloede genote toe. Ek wens julle 'n koel dag toe. 

Iretha


No comments:

Post a Comment