Translate

Saturday 16 November 2013

Die 'change of gears' in die kop ;-)

My tydjie hier aan die duskant word korter, ek begin goedjies koop wat ek wil saam vat na die anderkant toe en dis al amper 'n tas vol! 
Dan is daar die mental goedjies wat ek begin inpak, gedagtetjies, drukkies en sopnat soentjies van my kleinkind, die reuke, die ou stemmetjie, eers noem sy my mammie, toe word ek miemie en nou is dit oooumaaaa! 
Die kykies in die sak as ouma bederf het, die skelm smiletjies en die skoene waarwoor sy so lief is. Ouma kan mos nie lekkertjies en koekies koop nie, want sy kan dit nie eet nie, nou is dit maar skoene en speelgoedjies en klere, sy love nuwe klere en skoene, julle verstaan dit nie, nie ek of haar mamma is skoene mal nie maar daai poppie op 17 maande is klaar 'n skoen mal meisietjie. Kort kort gaan haal sy 'n nuwe paar wat ons moet aanterk en dan daai stappie met die skoentjies, klik klik op die plank vloer, dis adorable. 
Dan is daar die onthou van die kuiertjies saam met my vriende, lekker geselsies en kuiertjies, dankie dat julle nogsteeds als so met my deel. 
My ou hondjies wie elke keer hier agter bly, hulle lief my sonder om baie te vra, die honde kinders gaan ek net so mis.
Ons huisie hierdiekant is nie veel nie, maar dis ons s'n.
Dan die ergste, my kind se gesig as ek praat van teruggaan, ons spandeer soveel tyd as moontlik saam, ek leer haar ditjies en datjies oor naaldwerk doen en ons gesels diep dinge, ons stort soms 'n traan saam en ons deel stories, die stories is nie onthou goed, die saam wees en die lekker lag. Ek gee raad waar ek kan en deel raad uit. Als word so met oorgawe ontvang. Sy verstaan haar ma se plek is daar by haar oom Danie, vir wie sy so onvoorwaardelik lief is. ( ek ook ) 
Dis lekker om hier te wees maar ek verlang darm maar vreeslik na my ander helfte en my huisie daar anderkant. (Nie die hitte nie dis warm genoeg hier) 
Net 'n maand, dan gaan ons met vakansie, Namibia toe, dan kan ek weer tyd saam met my Pa en my broer hulle gaan spandeer. Dis 'n ander verlange daai. 
So vir nou maak ek al my saamdra goedjies se sakke lekker vol vir die indrink wanneer ek nie hier is nie. Neem fotos sover ek gaan. 
Die kop moet in 'n ander rat in gaan en ek dink wat ek daar anderkant in die ver huis nodig het om lekker huis huis te speel en ons ruimte huis te maak. 

Ek hoor daar is 'n sielkundige in die Kaap om Expats by te staan met hulle aanpassings, ai mense, as jy nie kan cope nie, los maar die ondervinding, ek wens ek kan daai sielkundige ontmoet ( die skryf glo 'n boek ) sal haar graag wil vertel dat dit nie 'n bad ding is nie, dis so lekker as jy weet hoe. Hoekom gaan jy weg van jou goed en plek as dit vir jou 'n kruis is wat jy dra? Jy vat maar jou kop en jy sort hom uit en jy spring in en wees 'n gelukkige ambasadeur. Dis tog die beeld wat ons moet uitdra. Niemand dwing jou om daar te wees nie. Niemand daar verlang nie huistoe nie, dis normaal. Maar jy verlang sonder om dit 'n straf te maak. Soms is 'n bietjie distansie net wat jy nodig het. 

Mense vra my weer nou die ander dag, hoe doen julle dit, hulle se hulle sal dit nooit doen nie, dis nou so in Afrika in bly nie. En ek se, as jy bang is vir die onbekende en as jy bang is vir die verandering is dit nie vir jou nie. Dis 'n mind set, verandering is lekker, nuwe plekke sien is 'n lewens ondervinding, al wat ek kan se is, expats in 'n spesie op hulle eie. Net so jammer dis so dem duur vir ons eie mense om te kom kuier. Ek sal wat wil gee om hulle te wys wat ons beleef, hoe ons leef en hoekom ons so gelukkig is. Fotos en videos werk nie, jy kan net nie die ervaring oordra nie. Ons skel soms, ons lag baie en ons skud soms net kop in ongeloof. Dis anders dis vreemd dis vreemd lekker. Ons is 'n span daar anderkant, ons staan saam ons deel en ons ondersteun mekaar. Dis 'n kameraadskap. 

Dan groet ek vir nou . . .

Van die duskant af.

Iretha


No comments:

Post a Comment