Translate

Wednesday, 10 September 2014

Na 20 jaar

Gister was ons 20 ste jaar van getroud wees.

Op daai Vrydag 20 jaar gelede het ek jou 2 maal getrou, eenkeer ini hof en een keer ini kerk voor God. Daar het ek met gesmeerde makeup ja gesê, (weer trou was nie op my agenda nie, nie na wat ek deur was nie, ek wou myself en my kind beskerm teen nog seer en teleurstelling, maar jy het aangehou en aangehou tot ek ingegee het) en toe sê ek 2 keer ja op een dag. Ja vir jou, ja vir botter en vir wors. 

Wors het gekom en botter het weer beter kom maak en so met botter en wors is ons nou al 20 jaar saam. En ek dink dis die dat ons nie verwagtinge vir die huwelik stel nie dat ons so ver gekom het. Ons verwag nie dat dinge moet wees nie, dit is net, ons verwag nie veel van mekaar nie, net liefde en vertroue. Ons stel nie vereistes nie, ons is net. Want ons is mos net ons, ons is mos net gelukkig, ons is mos net vir mekaar. Ons trek in dieselle rigting, sonder om te veel te dink. Ons vul mekaar aan en gee raad oor en weer sonder om af te breek, ons bou mekaar ons hande altyd inmekeer. 

Dis maklik saam met jou, al was die wors tye behoorlike wors tye. Die botter tye dan maar altyd weer beter en beter. 

Daar is seker 'n resep vir gelukkig wees maar as ek nou moet gaan sit en dink wat dit is gaan dit nou skoor soek wees, so tussen my en my annerhelfte doen ons maar net die ding. Maar ek moet vandag vir hom sê, as dit nie vir sy toewyding en liefde vir my was nie sou dit nie kon wees nie en anders om. 

Ek wil dankie sê, dankie vir my kans vir geluk en dankie vir jou. My hart is vol. Ek is gelukkig want ek wil wees, die reuk van die 20 rooi rose in die vaas in my neusgate! Jy is die beste. Jy is my beste mater my vertroueling. Jy hou nie boek van die kwaad nie en jy is liewer vir my floors as vir my goed. Ek is lief vir jou met nukke en al, sonder dit sou jy mos nie jy gewees het nie. 

Ek is trots op jou, jy maak my lewe vol.

Ek het vir jou daai kombi bus gekoop as simbool van ons travels saam, ons lewe saam, 'n regte hippie kombi bus, om jou aan my free spirit te herinner en te sê, ek loop saam met jou, ek rys saam met jou ek leef saam met jou, my hart klop vir jou. Want ek wil en ek sal.

Ek klink nog 'n glasie borrels op ons, in die lewe en in die wat nog kom.

Love you lotz my lief.

Ek


Monday, 25 August 2014

Die view hier van my klip af . . .

Ek sit nou al 'n hele ruk op my klip en observe.

Ek kyk die mense wie verbygaan en die wie so om my klip sirkel en ek kyk en ek neemwaar en ek dink, ek lees en ek leer.

Toe kom ek tot 'n slotsom.

Elke een van die asempies is deur die Skepper geskape, volgens sy beeld en sy hand. Dit maak ons almal perfek, dan nie. Nou wat maak ons anders? Ons gees maak ons anders, ons omstandighede maak ons anders en ons denke maak ons anders as die ander. 

Die skapie lewe maak ander anders as ander, soos as jy nie die wêreld volg nie maar deur jou gees gely word is jy heel anders, die andersheid maak jou dan soms uitgeworpe voel. Of sommer die hele tyd. Wat as jou anders wees die regte manier is van anders wees? 

Hoe sal jy weet?

Ek weet hoe ek weet.

As jy gelukkig en happy voel in jou unieke anders wees, dan is jy reg. As jy lief het en geliefd is in jou andersheid is jy reg. 

Dis nie verkeerd om daar op die klip te sit en bietjie kop skoon te maak nie, maar as jy daar afklim, trek weer die vuurhoutjie en steek die ou kersie op en maak lig. Moenie die lig in ander se oë skyn en hulle laat wegskram van jou lig af nie. Skyn dit so dat hulle comfort vind in die kring wat jou lig om jou maak en jou sien as voorbeeld en jou wil na maak en ook 'n vuurhoutjie skraap om ander mense te wys hoe heerlik dit is om in jou eie lig te loop en die ander andersters outjies nader te trek of sommer sy aan sy te loop en so nog 'n groter ligkring te maak. Laat die lig jou sigbaar maak en besef dat in daardie lig almal perfekte gebalanseerde anderster is. En omdat die lig jou so sigbaar maak, loop mooi, wees mooi en sien mooi. Mooi goed word goed waarvoor jy lief word, en as jy liefde het is daar nie meer donkerte buite jou ligkring nie. 

Dis so lekker om in hierdie raaisels te skryf, maar vir my maak dit soveel sin. 

Ek voel gelukkig, lig en vol warmte, ek is lief vir julle, en ek het vuurhoutjies as joune natgereën het in trane of smart of bitterte. As daai kritiseerende wesens jou vuurhoutjie doodblaas voor jy hom by die pit kon kry, draai jou rug bietjie steek hom stilletjies aan, moet niemand wys nie, en bly doodstil, loop met jou liggie en gou sal ander agterkom daar is iets anders aan jou en hulle sal nie die liggie kan uitblaas nie, hulle sal in hulle stilligheid ook onwetend 'n kersie vat en saam begin stap, en met 'n skelm smile kan ons dan die ligkring nog groter maak. 

In ons ligkring is daar strelende hitte, liefde en respek vir andersheid, uniekheid en happieness. 

As jy vol geluk en liefde en vreugde is kan die aanslae maar kom, soos in die lewe is daar sommige omstandighede wat ons nie kan vermy nie, maar ons sal nie vrees nie, ons sal daardeur kom, kersie ini hand. Ons sal leer om die vrees daarvoor te laat gaan en te weet daar is 'n Groter hand wat ons daardeur sal dra. Ons moet leer deur sulke omstandighede, hoe gaan ons anders groei? Hoe gaan ons anders wees sonder om anders te wees? 

Anders is goed, maak jou tong vol met goedheid en smoor die kretiek en afbrekende woede woorde en spot dood in die donkerte van jou skaduwee. Ek noem dit my stilte. Ja ek dink ook baie aan bitchy things to say, maar ek probeer hard om my eie voorbeeld te volg. Ander se anders wees is nie noodwendig nodig om gekritiseer te word nie. Wys net jou lig en steek maar die kwaad in jou yin yang bietjie weg in die wit van jou lig. 

Mooiloop lesers.

Liefde

Iretha 

Monday, 23 June 2014

Huisplante . . .

Dis nou 'n geruime tyd dat ek niks hier geskryf het nie, elke keer as ek kom sit om te skryf dan stop my vingers op die key board. Nie omdat ek niks het om te sê nie maar omdat ek nie dit wat im my kop is wou neerpen nie.

Sien ek is op hierdie misie waar ek net positief en energiek probeer wees en dan kry ek hierdie oomblikke van - "WTF...... kan almal nie ophou en julle oë oopmaak nie?!" kan almal nie net ophou "K" en kerm nie? Klim van julle asses af en "be the difference you want"!!

Aaaag ek is mos maar siek en kan nie dit of dat doen nie! Jy sal siek wees solank as jy wil my tannie! Solank jy so dink en so voel, change your mind en lig daai boude!
Jy weet ons kry mos maar swaar, en kan nie A of B nie . . . jou kop sê vir jou om jouself te bejammer en dan sal dit so wees! Change your mind en lig jou boude!
Die lewe is so onregverdig . . . hy sal so bly as jy dit so geniet in jou smart my vriend!
 . . . . . en so kan ek heeldag sit en snert uitdink wat ek die laaste ruk gehoor het, ek wil skree -

Be the change, doen iets, en as jy te lui is, sit op jou gat en dink jouself weer positief! Jy lyk soos 'n verlepte huisplant wie nie die reëntjies en dou buite kan vang nie en die sonlig ontneem word en die wind nie die stof van jou blare af kan waai nie . . . en jou enigste genade is as die huisvrou jou bietjie lawe met water en jou afstof . . . of sy besluit jy is nie meer mooi genoeg nie, en jou in die asblik chuck!

Raai wat, jy is nie 'n huisplant nie, jy hang nie af van ander se genade nie, sit daar op jou boude en verbeel jou jy voel die lekker sonlig op jou gesig, die windjie in jou hare, die reëndruppeltjies op jou gesig . . . voel jou hartklop, jy lewe nou, vandag, hier.

Hou op om die lewe, en die mense, en die misdaad en wie ook al, te blameer vir jou situasie, jy is die meester van jou heil.

Vir my maats wie verstaan wat ek sê, deel dit met ander sodat ons meer huisplante buite in die natuur geplant kan kry ;-)

Sorry vir die raas maar nou is die ook uit my sisteem uit.

Ewenaar groete.

Saturday, 24 May 2014

The artistic me ;-)

These days I am kind of exploding with ideas and if not writing this is what I do . . . 



Nou nie perfek nie maar ek geniet dit, seer vingers en all.

Ewenaar groete.

Wednesday, 14 May 2014

Meditation, water, writing and me . . .


There is the early morning writing that just let the words flow like 'magic' and then there are my bath tub . . .  

 
Your organised environment, the peace of all is done, the day is mine in front of my laptop . . .

 
Again : Meditation, water, writing and me . . .

 
What do these things have in common?

 
This is one of my writing secrets, when I reach that point of block, I take a nice bath, smelly things added.

 
This, in the beginning was never deliberately planned, it just happened. Drifting off, letting go of the sore muscles and the mind, I found myself planning. Anything, cleaning house, gardening, work, shopping, holidays etc. 

 
Then I discover that meditating near or in water is the best way for me.

 
Water is able to put me in some kind of trance. I can spend hours at end in the bathtub, and this here is a childhood habit of mine. Only freaking years later the acknowledgement came like a light switch flipped on!! 

 
I am meditating without noticing it! My breathing slow down, my heart rate drops, my whole mind, body and soul goes into a state of relaxation and meditation.

 
Then after about 20 minutes (or longer) of meditation the brilliant ideas and self inspiration make me jump up out of the water to go grab a pen and paper!

 
Needless to say, nowadays my note pad and pencil goes to bath with me ;-)

 
Then I thought, let me check this out and the first that appears on the search screen is: 

 
"Meditation and water are wedded forever" ~ Mobi Dick

 
(Uhmmmmm then my bathtub is just cool!)

 
Use this tool, it opened up endless opportunities for me . . .

 
PS

 
There are so many beautiful places, ponds, rivers, lakes, beaches, springs, pools . . . just picture them in your mind.

And then if you know the old plane me . . . it will be easy to understand . . . I use the bathtub!

This is me, and I am merely just sharing my 'tool' with friends like me.

                                                                                                                       

Iretha

Saturday, 10 May 2014

Moedersdag

More is weer moedersdag

Moedersdag is vir my soos om aan die anderkant te bly - verdeeld . . .

Dis 'n eer om 'n ma te kan wees, dis nog beter om 'n ouma te wees . . .

Die asem-wegslaan oomblikke wat jy jou kleinkinders sien, daai mooi fototjie ontvang, en nou praat ek van die lekker tye. Daai teen die bors vasdruk en die liefde jou sommer so warm maak. Die voel van daai velletjie teen jou lippe en daai spoegbekkie soen . . . die mammie ouma, dis priceless. 

Daar is die liefde vir die enetjie wie nie by ons is nie maar saam met die ander oumas en mamma aan die anderkant van hierdie lewe vir ons wag . . . 

Dan op daai dag soos more, is daar die gemis van jou eie ma en oumas wie nie meer hier is nie en nou aan die ander, anderkat is. Jy sit stil, onthou, ruik hulle weer, kyk fototjies, al so verdof deur die jare dat jy jou oe op skrefies moet trek, en die kop maar die ander onthou moet invul. Ek weet hulle is soooo gelukkig waar hulle is, ek voel die vrede en vertroosting van hulle energie in my hart . . . en ek weet hulle verstaan ook hoe ons arme drommels hier op aarde voel en wil he ons moet weet van die heerlikheid aan die anderkant. 

En omdat ek aan die bokant van die ewenaar woon is ek gewoonlik nie moedersdag naby my mense nie maar hulle koester maar hier onder in my hart se punt rond. 

Oor die algemeen hou ek nie van die dag nie.

Dis die ou boodskappies wat dit spesiaal maak maar my ook elke soveel minute herinner aan my verdeeltheid.

Daar is net daai 15 tot 20 minute geselsie met my skoonma wie so dierbaar is en my lief is soos haar eie kind. Ma is daar om 'n ma vir my te wees. Dankie ma. (As ek nou verder skryf tel my ipad waterskade op).

Hierdie skoonma is seker die beste ene EVER! Ma luister en oordeel nie, Ma aanvaar my met floors and all. Dis onvoorwaardelike liefde en ek wens my kinders, skoon kinders, stiefkinders en kleinkinders kan eendag so oor my voel as ek die 80's slaan! Minette se eendag vir my, 'Ma weet, Ouma Soetie is amper vir my soos 'n vriendin!' Dis regtig waar ons almal gaan recharge. 

Dankie vir die Ma wat ek kan he. 

Nou op hierdie gemengde gevoelens noot, wil ek graag vir al my mamma en ouma lesers se, Gelukkige Moedersag maters. Ons het goed gedoen met ons kinders. Wat is groter om die DNA te sien wat oorgedra is, en nou is daar weer 'n smile op my gesig, dis uitsonderlik om te hoor, ma ons is dieselfde! Ma verstaan altyd (soms probeer ek hard maar slaag gewoonlik) 

Bravo aan al die mammas. 

En vir die van die vroutjies wie nog nie die eer van moederskap gesmaak het nie en vir wie moedersdag 'n swaar klip ini binneste is omdat daardie bondeltjie net nie wil kom nie, se ek : 
Byt vas, bid en glo. Wees rustig, daai pienkvoet sal kom as die tyd reg is. Onthou ons kan vra maar sal kry as dit tyd is. Ek dink aan julle ook vandag. 

En om te kan se: Gelukkige Moedersdag my kind, is 'n eer! 

Ewenaar groete.


                                     *******************************************************


Ek moes net hierdie prentjie vir julle bysit - laat my so dink aan daai goue oomblikke van saamspeel, kruiwa stoot, sand put speel en hande vier voet op die gras staan, klei speel en saam dans (en dan word ouma nog afgeneem vir die later lag!) Die klein handjie in myne wat se kom kyk en daar gaan jy maar saam want oumas doen dit mos maar. Die sticker op my foon vir die onthou en die nuwe blink ogies wat kyk maar nog nie kan praat of saamspeel nie. 



Thursday, 8 May 2014

Speel saam . . .

Speel saam . . .

Sit down and close your eyes (dis nou as jy met toe oe kan lees), breathe deeply, feel yourself relaxing, breathe in breathe out . . .
Imagine a cool breeze blowing over your face . . .
Feel the comforting warm rays of the son on your body . . .
Look (oe toe) at the perfectly smooth white beach in front of you, see the calm blue water (nie soos by die weskus nie, soos by die eilande op die prentjies in boeke) 
Hear the slight sloesh sound of the waves . . .
Listen to the exotic bird's song . . . the breeze  . . . 
Inhale bright, fresh air, and when you exhale, imagine you are filling a biiiiig ball with dark, cloudy air, this is all your worries, concerns and negative energy being breathed out . . . 
Think of these things and as you breathe them out, let go of it, all into the big ball.
Continue until the ball is filled with dark cloudy air and your body completely filled with bright and fresh air, feel the energy, feel the weightlessness . . . 
Now let the ball go, let it go up in the air, far far away, until it disappear and you can no longer see it, . . . gone forever . . .
Now sit back and reach for your drink, a refreshing fruity cocktail of your taste . . .
Take a large sip, feel the refreshing cool liquid sliding down . . .
Now open your eyes  . . . 

Ek het probeer, hoop jy voel sommer stukke beter!

Mwah