Translate

Saturday 10 May 2014

Moedersdag

More is weer moedersdag

Moedersdag is vir my soos om aan die anderkant te bly - verdeeld . . .

Dis 'n eer om 'n ma te kan wees, dis nog beter om 'n ouma te wees . . .

Die asem-wegslaan oomblikke wat jy jou kleinkinders sien, daai mooi fototjie ontvang, en nou praat ek van die lekker tye. Daai teen die bors vasdruk en die liefde jou sommer so warm maak. Die voel van daai velletjie teen jou lippe en daai spoegbekkie soen . . . die mammie ouma, dis priceless. 

Daar is die liefde vir die enetjie wie nie by ons is nie maar saam met die ander oumas en mamma aan die anderkant van hierdie lewe vir ons wag . . . 

Dan op daai dag soos more, is daar die gemis van jou eie ma en oumas wie nie meer hier is nie en nou aan die ander, anderkat is. Jy sit stil, onthou, ruik hulle weer, kyk fototjies, al so verdof deur die jare dat jy jou oe op skrefies moet trek, en die kop maar die ander onthou moet invul. Ek weet hulle is soooo gelukkig waar hulle is, ek voel die vrede en vertroosting van hulle energie in my hart . . . en ek weet hulle verstaan ook hoe ons arme drommels hier op aarde voel en wil he ons moet weet van die heerlikheid aan die anderkant. 

En omdat ek aan die bokant van die ewenaar woon is ek gewoonlik nie moedersdag naby my mense nie maar hulle koester maar hier onder in my hart se punt rond. 

Oor die algemeen hou ek nie van die dag nie.

Dis die ou boodskappies wat dit spesiaal maak maar my ook elke soveel minute herinner aan my verdeeltheid.

Daar is net daai 15 tot 20 minute geselsie met my skoonma wie so dierbaar is en my lief is soos haar eie kind. Ma is daar om 'n ma vir my te wees. Dankie ma. (As ek nou verder skryf tel my ipad waterskade op).

Hierdie skoonma is seker die beste ene EVER! Ma luister en oordeel nie, Ma aanvaar my met floors and all. Dis onvoorwaardelike liefde en ek wens my kinders, skoon kinders, stiefkinders en kleinkinders kan eendag so oor my voel as ek die 80's slaan! Minette se eendag vir my, 'Ma weet, Ouma Soetie is amper vir my soos 'n vriendin!' Dis regtig waar ons almal gaan recharge. 

Dankie vir die Ma wat ek kan he. 

Nou op hierdie gemengde gevoelens noot, wil ek graag vir al my mamma en ouma lesers se, Gelukkige Moedersag maters. Ons het goed gedoen met ons kinders. Wat is groter om die DNA te sien wat oorgedra is, en nou is daar weer 'n smile op my gesig, dis uitsonderlik om te hoor, ma ons is dieselfde! Ma verstaan altyd (soms probeer ek hard maar slaag gewoonlik) 

Bravo aan al die mammas. 

En vir die van die vroutjies wie nog nie die eer van moederskap gesmaak het nie en vir wie moedersdag 'n swaar klip ini binneste is omdat daardie bondeltjie net nie wil kom nie, se ek : 
Byt vas, bid en glo. Wees rustig, daai pienkvoet sal kom as die tyd reg is. Onthou ons kan vra maar sal kry as dit tyd is. Ek dink aan julle ook vandag. 

En om te kan se: Gelukkige Moedersdag my kind, is 'n eer! 

Ewenaar groete.


                                     *******************************************************


Ek moes net hierdie prentjie vir julle bysit - laat my so dink aan daai goue oomblikke van saamspeel, kruiwa stoot, sand put speel en hande vier voet op die gras staan, klei speel en saam dans (en dan word ouma nog afgeneem vir die later lag!) Die klein handjie in myne wat se kom kyk en daar gaan jy maar saam want oumas doen dit mos maar. Die sticker op my foon vir die onthou en die nuwe blink ogies wat kyk maar nog nie kan praat of saamspeel nie. 



No comments:

Post a Comment