Translate

Tuesday 28 April 2015

Green paint ;-)

28 April 2015

Nog 'n lieflike dag in Afrika, dis stil, al wat ek hoor is die gesuis van die lugversorgers, iewers kraai 'n hoenderhaan, 'n bok blêr in die vêrte. Die windjie waai 'n welkome koel luggie oor my waar ek hier buite sit en skryf. Dis groen, so groen dat as ek dit moet skilder, gaan jy dink ek het net te veel groen verf, dis mooi. 'n Gamba Lizzard kom knik sy koppie vir my, sê hy môre of sê hy skoert van my stoep af? Skoenlappers en voëltjies vladder van een rooi hibuskus blom na die ander. Ek voel die gemis van 'n troeteldier, dit pla al lank maar wat kan ek nou maak, dis nou maar hoe dit is. Die geraas van die stad nog hoorbaar in my ore, karre wat op en af jaag na êrens, elke soveel minute 'n vliegtuig wat oorkom, die telefoon met telebemarkers wie steurend jou dag onderbreek, alarms wat afgaan en die eweige loadshedding wat eintlik soms welkome stilte kom afdwing. Hiernatoe en daarnatoe, doen dit doen dat, dit maak my mal . . . dit sal 'n moerse mindshift kos om weer daaraan gewoond te raak . . . 

Dis nou al byna 4 jaar dat die ons huis is, ons huisie aan die anderkant van die ewenaar. Jy begin wonder hoe lank die eer ons nog geskore gaan wees? Ek wil nie goed realiseer wat nie nodig is nie maar mens wonder maar. 

So het ek ook die ander dag daar in Suid-Afrika gesit en wonder, gewonder oor ons huis aan daaikant en wat die volgende stap gaan wees en ons maak planne en ons sit koppe bymekaar en skielik kom daar 'n gedagte by my op, soos iemand wie wir my sê, moenie laat jou kop weghol met jou nie, die antwoorde sal kom as die tyd reg is. En dis toe die antwoord. As die tyd reg is, dan sal ons weet . . .

Ek wil vandag vir die, vir wie die skoen pas sê, as jou binneste hunker na rus en vrede en die

platteland, die natuur en die Godgegewe plekke wat jou toekom, wees rustig my mens, hy kom, als
kom op sy tyd, antwoorde, verandering, als, ons moet net geduldig wees.

Ek kyk op, ek weet waar ons genade vandaan kom, dis van die Skepper wie ons met soveel liefde gemaak het, als gemaak het, Hy is in beheer. Dan spring die aaklige gedagte van xenophobia en al die kwaad en haat in ons land op in my kop, en ek dink, skoert duiwel, maar ook daar sal 'n uitweg kom, daar moet net, ons moet net positief bly . . . (Makliker gesê as gedaan) 

Groetnis aan almal wie my ongereelde stukkies steeds gertou lees, liefde van huis tot huis.

Iretha


No comments:

Post a Comment