Ek staan inni more op en ek voel soooo in 'n groef of iets,
ek doen die gewone dinge, trek my pers rokkie aan, sluip kombuis toe, ketel,
koppies, ontbyt v Danie . . . als elke dag dieselfde, bad, post op my blog, bla
bla bla, toe besluit ek, more gaan als verander, en ek sien uit daarna.
Wakker word is wakker word, daai verander mens nie, maar ek
verander die alarm se ringtone, hey lalala sing Bok.
Ek cuddle eers so 'n bietjie agter manlief se blad en staan
op, pp moet mens maar op dieselle manier doen, ek los die pers rok en trek 'n
rooie aan. (Laat ek net gou die pers rok verduidelik. Ek het op die mark hier
so 'n lelike pers rokkie van sagte lap gekoop en die hang in die badkamer aan
'n spyker en dis my "pajamas/kamerjas in een. Ek trek hom elke dag aan as
ek opstaan want ek slaap in my natuurlike pajamas)
Ek maak my hare hoog op my kop vas, jip, lyk sommer langer
en jonger, en ek dink dit werk . . . ek voel klaar meer energiek as gewoonlik!
Ek kry so 'n ligtheid in my stappie en ek maak sommer die koffie
ook vandag in die masjien, dis lekker. Ek maak die gordyntjies wyd oop en skuif
die venster oop, steek my seus uit en asem lekker diep in . . . eeewww . . .
warm lug! Maar dis ok ek bly mos hier waar daar nie winter is nie, nooit nie,
ek haal die pan uit ek klits 'n lekker omelet met kaas op, maak vir my ook een,
gewoonlik eet ek nie so vroeg nie, dis kwart oor 7.
Na die nuus en manlief uit is sit ek lekker Afrikaanse
musiek aan en ek begin blog!
Mensig vandag skryf ek skoon vinniger.
Dit werk!
Probeer bietjie die dag sommer van vroeg af verander en net
klein bietjie anders en julle sal ervaar wat ek vandag gedoen het.
Ek sit krullers in my hare en poeier my neus vandag want dis
lekker om mens te wees!
Met hare wat wip wip soos ek loop maak ek 'n draai ini tuin.
Boontjies en tamaties groei al te mooi. Ek pluk 'n boontjie en eet hom sommer
so van die rank af! Kraak vars.
Ek maak tee ini ketel en vat van die mooi koppies en
pierings, die smaak lekkerder as altyd.
Gryp die dag outjies maak hom joune. Bou daai shield teen
die gewone tannekners en sing ini verkeer (ek kan dit nie vandag doen nie want
ek het nêrens om heen te gaan nie.
Fredi Nest sing - Het
jy 'n besem en 'n hoed en 'n kat gekry . . . jy het my getoor . . . jy het my
getoor . . .
Gaan gym bietjie en dryf op die swembad soos 'n kurkprop,
die warm son op my gesig met die koel water om my lyf. Ek sê dankie so dryf
dryf. Krulle is nou mike tango maar dis ok, ek krul hulle weer.
Die dag loop mooi, ek organise my hobbie kamer en als lyk so
mooi en lekker, ek sal julle nog vertel van my hobbies. Kook kos en wag vir my
man met 'n koppie koffie by die deur . . .
Lekker nuwe more vir julle!
Iretha
No comments:
Post a Comment