Ek het mos nou al lankal die ding met die ewenaar, is daar
'n naam vir mense soos ek?
Ewenaar moet ek sien, dis nou seker nie 'n streep nie maar
daar moet ek kom. En ons is in Kenya en ons bly in Molo, en ek kyk die kaart en
ek sien, mmmmm hy's net 30km ver en in my kop maak ek planne.
Danie word vreeslik versigtig uitgevra oor die ewenaar en
hoe ver en sulke goed, ek weet mos klaar maar ek laat hom dink hy leer my,
vrouens is mos maar so slim ;-)
En ek wangle hom en hy stem in en reel 'n drywer en ons sit
die Saterdag af of op ewenaar toe.
Maar soos die duiwel dit wil hê breek die kar,
5-km-van-die-dêm-ewenaar af!! En daar sit ons en hulle haal die wiel af en sien
'n bout is missing en hulle bel en ons wag. Ek gaan sit toe maar so op my boude
in die gras lanfs die pad, ook maar bang vir die karre wat ons kan tref en ook
dat die kar van die jack kan af val want ek sit mos nie stil nie.
Ons het 3 ure daar langs die pad gewag! Die kinderjies kom
toe uit die bos uit om die wit vrou te bekyk. Hulle giggel en die dogtertjies
wil aan my hare vat en almal skud my hand. Hulle was later 17 stuks. Die
enetjie sit om en hardloop, 'maaamaaaa' skree hy en kom terug met sy ma en
sussies en 'n donkie, die donkie word tot voor my gebring om ook die wit vrou te
kyk. Ek dog toe dis nou my kans, en ek staan op, loop tot by so 'n oop stukkie
grond en teken hop scotch met 'n stok in die grond en leer hulle hop scotch
speel, die karre stop om te hoor of hulle kan help, onderandere 2 wit Kenyaanse
boere.
Toe steek die weer op en dit begin reën en die donker
bekruip ons. Ek stuur die kinders huistoe en die part arriveer en ons is weer
op die pad! Verkeerde kant toe! Ek mis die ewenaar! Tel 5km van die spot af? Ek
weet nie, maar ons was amper daar!
Die Finansiele Bestuurder nou agter die wiel besluit hy
gaan ons na 'n hotel toe vat vir 'n drankie en 'n toilet break. Jayyyyy!!
Hotel, whaau. Nou is die teleurstelling bietjie ligter. Kan nou doen met
bietjie weelde.
Oe ehe, die hotel was lank lank gelede mooi en spoggerig!
Ons word soos konings verwelkom en in die 'lounge' ingely.
Dis gedaan, als is gedaan! Meubels lyk soos ou staatsdiens stoele en die koffie
tafeltjies is wankelrig. Moes swierig gewees het in die 50-60 jare. Die kaggel
word aangesteek en ons gaan sit voor groot brandende stompe. Op 'n klein
tafeltjie bler 'n piepklein televiesiestelletjie local musiek uit. Die mans
word bedien met bier en ek vra maar vir 'n koeldrankie. Nou drink die mam nie,
ja, ek doen, net nie bier nie. So ek word 'n keuse van verskillende brandy's
geoffer en die een klink toe bekend, en ek kry 'n halfjack Richot Brandy! Ek sê,
nee net een single asb, maar die mam verstaan nie mooi nie, dis hoe dit werk,
wat jy nie klaarmaak nie, you walk with it. So brandewyntjie of 2 later bestel
ons die bekende Molo Lamb vir aandete.
Die waiter kom aan met 'n skotteltjie met so 'n soggy sepie
onder in en 'n beker met water. Ek dog by myself nou wat nou, die word hier
teen my gedruk en ek kyk vir Danie en hy beduie ek moet my hande was. So ek
probeer daai sepie optel maar dis te snotterig en die man gooi water oor my
hande en ek was. Nou sit ek daar met nat hande en soos ek mos my kinder geleer
het jy nie doen nie, vee ek my hande aan my broek af! NEE! Nou is ek blykbaar
verkeerd en moet weer hande was. So gesê so gemaak, en word darm toe met 'n
servet voorsien om my hande af te droog. Nou kom die kos en dis 2 skinkborde op
mekaar omgekeer. Jy mag nie self die kos oopmaak nie word ek vertel en ons wag
maar. Hulle bring 3 borde en ek word gevra of ek 'n mes en vurk wil hê. Ja
asseblief. Die waiter maak die kos oop. O my land. Dis sulke stukkies vleisies en
chips en spinasie. Danie en
David skep vir hulle in en ek maak ook so. Ek is soos gewoonlik hond honger en steek
daai tjoppie vas om hom te sny maar nee, nie die vurk of mes maak 'n duik nie.
Ek kyk die ander en hulle sit ewe lekker en eet met die hande. Dis waaroor die
gewassery gegaan het, ook maar stupid. Ek taccle daai kos met die and en ons
eet al te lekker, enige kos is lekker as jy honger is behalwe in Nigeria.
Nou loop die Ricoh goed en die kos gaan af en dis tyd om te
vertrek. Daai hotel van weleer voel nou al soos huis vir my. In my hand die
orige 'you walk with it'! In die kar sit David die radio aan en ons ry hop hop
koes koes deur die gate en die musiek is lekker local en ek is op 'n roll!
By die plant in Molo wil ek nie huistoe nie, ek is nou lus
vir kuier maar Danie vat my om die lyf en ly my huistoe. Aaaawwww ek wil nog
gekuier het, Kenya is lekker.
Nope, dis nou huistoe en bed toe met my. Ek het daai 2 weke
in Kenya so verknog geraak aan die plek, ek is mos hoeka lief vir Afrika! Maar
ek moet julle vertel, Oos en Wes Afrika verskil soos lig van donker!
Oor die paasnaweek was ons by 'n plekkie met die naam Kembu
Campsite. Daar het ons in 'n 100 jaar oue handgemaakte karavaan gebly, Cobb's
Cabin. Whaau dit was awsome! Ons het die wêreld plat gery en was by die krates
en Lake Nakuru wild reservaat en ek sal weer teruggaan as ek kan.
Ons eie longdrop
Dalk skort daar iets of dalk is my kop net reg aangeskroef
maar ek geniet die dinge van ons eie kontinent moerse! Dalk die uitwerking van
die maan en die ewenaar, lol. Of dalk het ek ernstig 'n breek nodig van Wes
Afrika af, wie sal weet?
Happy Monday.
Iretha
No comments:
Post a Comment