Hoe troos 'n ma oor 6000 km?
Dis 11:50 hier, en my kind sy by die dokter met Mienke,
hulle verhoed sy het 'n hoogs aansteeklike mond en voet virus by die skool
opgetel, die ander dogtertjie daar was die naweek in die hospitaal daarmee en
bo op alles is dit gevaarlik vir my swanger kind! Die kleuterskool is besig om
als te ontsmet soos ek hier skryf.
Ek ek weet daar is net een ding wat ek nou kan doen en dis
bid!
Ek bid:
Ons Hemelse Vader, gee
ons asb daai krag en daai mosterdsaadjie geloof sodat ons in U helende Krag kan
glo.
Gee asb daat Mienke se
uitslag 'n ander rede het, nie gevaarlik of aansteeklik of nadelig vir my kind
nie.
Dankie vir al U genade
en seënige.
Amen
Bid saam met my vandag asseblief. Ek hou julle op hoogte.
Dankie vir julle lees en ondersteuning.
Iretha
No comments:
Post a Comment